Wie is Ons?

 Waterkloofkerk is ‘n geloofsgemeenskap binne die NG Kerkfamilie in die ou Ooste van Pretoria. ‘n Groot gedeelte van Nieuw Muckleneuk, die buurte Waterkloofhoogte en Waterkloofrif is ook binne die gemeente se oorspronklike grense.

Ons is ‘n gemeente waar almal welkom is en plaas ’n hoë premie op die omarming van diversiteit, gesonde menseverhoudinge, persoonlike kontak met lidmate en die sosiale instellings van ons gemeente.

Waterkloofkerk is in hart en siel ‘n gereformeerde gemeente en daarom staan ons geloofsdenke nie ontdekkinge en ontwikkelinge van die Bybelwetenskappe en Natuurwetenskappe teen nie, maar verwelkom dit. God is immers groter as ons huidige verstaanspatrone.

Ons nooi jou uit om deel te word van ons groeiende gemeente en sien uit om jou hier te ontmoet!  (Sien meer hieroor in Ons Kernwaardes)

Ons Kernwaardes

Op grond van die Bybel en die Belydenisskrifte, is die volgende geloofsuitgangspunte en waardes tans vir ons gemeente van groot betekenis en ‘n uitdrukking van ons gemeente-identiteit:

  1. Ons glo God is soos Jesus Christus Hom aan ons bekend gemaak het. Hierdie geloof in God wat vol genade en liefde is, maak ons vry van ‘n wettiese godsdienstigheid en ‘n krampagtige lewensuitkyk. Ons geloof in God vul ons lewe met dankbaarheid en vreugde.

  1. Ons glo dat God deur sy Gees by ons teenwoordig is en gewone mense in sy diens betrek. Hierdie geloof in God se werksaamheid roep ons tot verantwoordelikheid om onsself diensbaar te stel. Dit vra ons beste kwaliteit in musiek, in liturgie, in die tyd wat ons vir geloofsake gee en in ons nadenke oor geloof.

  1. Ons glo dat God mense inspireer om sy getuies te wees. God se algemene genade aan alle mense bring mee dat ons sensitief sal luister na alle menslike uitinge waaronder kunswerke. Die getuienis wat in die Bybel versamel is, bevat vir ons die grondwaarhede oor ‘n lewe voor God en met ons naaste. Daarom respekteer ons die Bybel se historiese aard, die eiesoortige waarheidsbegrip, die verskillende literatuurtipes asook die lewensomkerende appèl wat dit op ons maak.

  1. Ons aanvaar die boodskap van die Bybel. Ons het as mense ‘n bewarende verantwoordelikheid teenoor God se skepping en ons verhoudinge met ander mense is net so belangrik as ons verhouding met God.

  1. Ons erken dat die wetenskap en die geloofsbronne - mits dié bronne volgens eie aard verstaan word - mekaar nie weerspreek nie. Vanuit ons verwondering aan God beoefen ons die roeping om kultuur soos die wetenskap te bou. 

  1. Ons aanvaar dat elke mens uniek is. Daarom skep ons optimaal ruimte dat ‘n verskeidenheid van ouderdomme, persoonlikheidstipes en spiritualiteite in ons geloofsgemeenskap kan tuis kom sonder dat die ander elemente van hierdie Gemeentebelydenis weerspreek word.

  1. Ons erken dat die wetenskap en die geloofsbronne - mits dié bronne volgens eie aard verstaan word - mekaar nie weerspreek nie. Vanuit ons verwondering aan God beoefen ons die roeping om kultuur soos die wetenskap te bou. 

  1. Ons erken dat ons voorregte nie ‘n rede is tot ‘n skuldgevoel of houding van meerwaardigheid nie. In die Gees van Christus se liefde is ons diensbaar om oor gemeentegrense ander te bemagtig en ‘n volhoubare verskil in noodsituasies te maak. Ons ly saam met die wat ly. Ons bly ook ontvanklik vir ander se gawes en bereidwillig om te groei en te ontwikkel.

  1. Ons erken dat ‘n geloofsgemeenskap uit gewone mense bestaan en daarom aan die spanninge van tussenmenslike verhoudinge onderworpe is. Daarom moet hierdie gemeenskap daadwerklik in stand gehou en uitgebou word terwyl ons ook deurentyd sorg dat ons bediening- en bestuurstruktuur duidelik is, dat mag versprei is, besluitneming deursigtig is, gespreksvoering oop bly en konflikterende belange vroegtydig geïdentifiseer en met wysheid bestuur word.

  1. Ons stem saam dat ons roeping ook inhou om te onderskei wat in ons tyd van deurslaggewende belang is. God se gawe van eenheid, geregtigheid en versoening is tegelyk ook die opgawe van God waarvoor ons opofferinge as geloofsgemeenskap in hierdie tyd in ons land moet maak.

Personeel

Leraars

Gemeente organiseerder

Maryke Meter

012 460 3913

Administratiewe Beampte Gemeentekantoor

Linky Klaasen

012 460 3913

Koster

Jabu Mtau

012 460 3913

Orrelis

Betsie Schaap

012 460 3913

Kerkraad voorsitter

Marius van Zyl 

012 460 3913

Jaarlikse Hoogtepunte

Image

1. GEMEENTE “BRUNCH” (Januarie)

Op die tweede Sondag na die staatskole in Januarie begin het, hou ons ‘n groot gemeente Brunch net na die oggenddiens. Kontak die kerkkantoor 012 460 3913

Image

2. BELYDENISAAND (Maart)

Hoewel ‘n dooplidmaat of nuweling belydenis van sy/haar geloof ook op ander tye kan doen, kies die meeste jongmense om dit in Maart te doen.

Image

3. PAASNAWEEK (Maart/April)

Paasnaweek is vir ons die grootste Christelike fees. In die groot lydensweek is daar elke aand ‘n “stil” diens waarin jy Nagmaal kan gaan haal. Op Vrydagoggend om 06:00 plant ons ‘n kruis op Klapperkop en gaan haal dit af op Paassondag. Ons hou ook ‘n nagmaalsdiens by ons kerkgebou op Vrydag en ‘n Paasdiens op Sondag. By die fees drink ons vonkelwyn en eet sjokolade. Kontak die kerkkantoor. (012 460 3913)

Image

4. PINKSTERWEEK (Mei)

Ons hou gewoonlik agv die koue en die beskikbaarheid van sprekers/ kunstenaars ons jaarlikse Pinkster een week voor ander gemeentes. Dié fees oor die werk van God se Heilige Gees vind plaas by Huis Piek (soggens), saans vir kinders (saal) en vir volwassenes en tieners (erediensruimte). Die sprekers/inleiers wissel van jaar tot jaar en ons nooi dikwels vyf verskillende lidmate/leraars vir dié week. Kontak die kerkkantoor

Image

5. KERMIS (Augustus)

Ons kermis is ‘n groot geleentheid vir ons omgewing. Voor die tyd bak en werk ons saam om produkte aan te vul. Jy kan verwag om jouself tydens die kermis vas te loop in goeie wyn, ‘n skaars boek, pannekoek, poeding, heerlike potjiekos en dies meer.

Image

6. LENTEDIENS (September)

Ons hou jaarliks op die Sondag in die kwartaal naaste aan die dag-en-nag ewening (21/22 September) ‘n informele diens in ons gemeentetuin.

Image

7. DANKDIENS (November)

As deel van ons tiende dankbaarheidsoffers hou ons vroeg in November ‘n dankdiens waar ons lofliedere sing vir al die seën van die jaar en ‘n klaaglied voor God lees vir die lyding en misdaad wat ons getref het.

Image

8. KERSSANGDIENS (November)

Op ‘n Sondagaand in November om 18:00 hou ons ons jaarlikse Kerssangdiens. Kontak Betsie Schaap 082 774 9376.

Image

9. KERSLIEDERE BY KERSLIG (November/Desember)

Die tyd en plek sal ter gelegener tyd bekend gemaak word.

Bly so op hoogte van gemeente-aangeleenthede

Gemeentebrief

Lees die mees onlangse uitgawe HIER

Teken in op ons Gemeentebrief

353 Dey St, Nieuw Muckleneuk, Pretoria, 0181, South Africa

Kontak Ons

ngkwateradmin@yebo.co.za

(012) 460-3913

351 Deystraat, Nieuw Muckleneuk