ngkwateradmin@yebo.co.za
(012) 460-3913
351 Deystraat, Nieuw Muckleneuk


Ons is ‘n gemeente waar almal welkom is en plaas ’n hoë premie op die omarming van diversiteit, gesonde menseverhoudinge, persoonlike kontak met lidmate en die sosiale instellings van ons gemeente.
By die oggenddiens plaas ons klem op betekenisvolle simboliek, liturgie, musiek, prediking en gasvryheid. Die oggenddiens gemeenskap is warm en verwelkomend. Enige persoon kan hier 'n tuiste vind en ons saam kuier na die diens op die gemeentestoep, is 'n hoogtepunt.
By Waterkloofkerk is dit vir ons belangrik om ruimtes te skep waar families saam oor God kan dink en saam kan aanbid. As dit by die vorming van ons geloof kom, is ons daarvan oortuig dat:
• Jongmense volledig deel van die kerk is, en die ruimtes waar ons aanbid moet dit weerspieël
• Jongmense se geloof word primêr by die huis gevorm en daarom is ouers en voogde ons vennote tydens eredienste
• Oud en jonk kan leer by mekaar oor ’n lewe saam met God
Ons het die volgende ruimtes waarbinne families op Sondae kan kom aanbid:
Kinders (Voorskool tot en met gr 6) neem deel aan die eerste deel van die erediens in die kerk, en beweeg op n punt in die erediens na die saal vir oudersdomsgepaste geloofsvorming.
Aanddiens in die kerkgebou om 18h00 met jeug-en verbintenisgroepe. Die Aanddiens is ‘n informele kontemporêre byeenkoms wat ruimte bied vir alle ouderdomme om God se teenwoordigheid te ervaar en saam te dink en gesels oor die lewe. Daar is geleentheid vir lof en aanbidding, eerlike gesprekke en lekker saamkuier. Dit is ook die ruimte waarbinne ons studente- en hoërskoolgroepe kan bymekaarkom. Verbintenis
Bereik die woorddienste op YouTube soos volg:
Kliek HIER om toegang te kry na die NG Kerk Waterkloof kanaal. U kan selfs die NG Kerk Waterkloof Kanaal op YouTube volg.


Almal word ‘Lentelik’ uitgenooi na ons informele oggend-erediens in ons gemeentetuin. Soos altyd braai ons heerlike worsbroodjies en klink 'n glasie op die Lente en nuwe lewe. Ons word vanjaar bederf met Anton van Wouw se kinder-koor wat ook die oggend vir ons kom sing! Kom deel in die Lentefees en bring net jouself!
