NGK Waterkloof

GEMEENTEBRIEF 24 - 30 JANUARIE 2026

January 22, 202612 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
bordjies

Gedagte Vir Die Week

1

Liewe gemeente-vriend,

Lig

lig

Eintlik is ons teleurgesteld

ons kyk om ons rond en alles is so gewoon

so vol pyn en magteloosheid

en dan wag ons maar vir die hemel

vir die eendag

want hier is niks aan te make nie

tot die een genade-dag

-vir die wat diep verlang?-

wat die Lig bietjies begin skyn

Gewone dinge begin gloei

bekende gesigte vreugde gee

smake anders proe

en vanuit Lig ons skielik sien

as ons mooi kyk is die eendag reeds hier

vlietend maar wel

want Hy het gekom

en Sy tent onder ons kom opslaan.

  • Lisel H. Joubert. Lisel is ’n Senior Lektor in Sistematiese Teologie en Ekklesiologie aan die Universiteit van Stellenbosch en as leraar gekoppel aan NG gemeente Gansbaai.

Erediens Inligting

2

SONDAG 25 JANUARIE 2026

"GEMEENTE-BRUNCH”

09:00: Erediens in kerkgebou o.l.v. ds. André van Niekerk Tema: "Erns met die doop kweek kwaliteitlewe: die ritme tussen voortdurende afgee en opneem" (Romeine 6).

Tydens die erediens word die doop bedien aan Amina Riëtte, dogtertjie van Mauritz en Maretha Brütten en sussie van Simon en Elijah. Baie geluk!

baba

Musiek: Joyce Villjoen

Kinderbediening skop af tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.

18:00: Erediens in die kerkgebou o.l.v. ds. Bernice. Tiener- en Verbintenisgroepe na afloop van die erediens. Koffie-kuier op die stoep.

GEMEENTE-“BRUNCH” - JY IS UITGENOOI!

brunch

SONDAG 1 FEBRUARIE 2026

09:00: Erediens met Nagmaal in kerkgebou o.l.v. ds. Bernice.

Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.

18:00: Erediens met Nagmaal in die kerkgebou o.l.v. ds. Dewald. Tiener- en Verbintenisgroepe na afloop van die erediens. Koffie-kuier op die stoep.

SONDAG 1 FEBRUARIE 2026 – ROETEMERKER - GR. 1 EN 8

Ons besef dat hierdie eerste paar weke ’n tyd van groot aanpassings vir ons graad 1- en graad 8- lidmate is. Ons as gemeente wil hierdie jong lidmate graag help om, wat vir hulle ’n drumpelervaring is, vorentoe as ’n roetemerker te onthou. Hierdie gebruik herinner ons daaraan dat God se genade vir klein, vir groot en in alle omstandighede is! Daarom nooi ons al ons graad 1 - en graad 8 – lidmate om Sondag, 1 Februarie aan die Nagmaaltafel te kom aansit.

*Graad 1-lidmate tydens die erediens in die oggend, 09:00 en Graad 8-lidmate tydens die aanddiens 18:00.

Ons nooi dié jongmense se ouers om die Nagmaal saam met hulle by te woon. Ons sien uit om saam as gemeente Nagmaal te vier!

Nagmaal

Ons Gee Om

Ons gee om

Ons stel altyd belang in al ons gemeente-vriende se wel en weë. Laat weet asseblief die kerkkantoor of enige van die leraars van gebeure / ervarings / nuus wat julle graag met ons as gemeente-vriende sal wil deel, sodat ons kan meeleef – die vreugde en die hartseer kan deel!

Veels Geluk!

note

Verjaarsdae op Sondag, 25 Januarie: Annik Battheu, Krisjan Kirstein en Pieter Taute.

Verjaarsdae res van die week: Saterdag, 24 Januarie: Nina Grundling en Alice Roberts.

27 Januarie: Schutte Basson, Yolanda Cousins, Sandra Engelbrecht en Celia Lourens.

28 Januarie: Amina Brütten, Lienke van Rooyen en Pierre Wessels. 29 Januarie: Steven Riley, Isabella van der Merwe en Hennie van Niekerk. 30 Januarie: Ilàn du Plessis, Linda du Plessis, Gustav van der Merwe en Yvonne van Zyl.

Ons Dink Aan

  • Danie, Jenny, David, Daniel en Zea de Villiers. Danie ervaar tans groot uitdagings met sy gesondheid en ons hou hulle gesin in ons gebede.

  • Oom Antonie Gildenhuys wat ‘n enkel-operasie ondergaan het en tans by die sorgsentrum in Oostvallei aansterk.

  • Lelani Claasen met die afsterwe van haar susterskind Jared Sadie op 14 Januarie. Die gedenkdiens vind plaas op Vrydag, 23 Januarie in Meyersdal.

  • Constandt Furstenberg wat ‘n prosedure ondergaan het in Kloof Hospitaal en tans tuis aansterk onder Elsa se wakende oog.

  • Vissie van der Walt se familie met haar afsterwe op 14 Januarie. ’n Gedenkdiens vir haar lewe is op Woensdag, 21 Januarie in ons erediensruimte gehou.

  • Dita Nel wat 'n intensiewe kakebeen-operasie ondergaan het en tans steeds in die intensiewe sorgeenheid van Cintocare is. Daar is sprake dat sy moontlik in die nabye toekoms oorgeskuif sal kan word na ’n gewone saal.

  • Almal wat geraak is deur die erge vloede in groot dele van Mpumalanga en Limpopo. Volgens die Kerkbode, 21 Januarie 2026 het meer as 40 gesinne van ’n klein gemeenskap in Limpopo in kerkgeboue skuiling gesoek te midde van die swaar reën en oorstromings. Lees meer oor die omvang van die ramp en hoe jy betrokke kan raak. [Klik hier]

  • Almal wat geraak is deur die brande in die Kaap-gebied. Pierrié Kies, gemeenteleraar van Mosselbaai (Moedergemeente) vertel dat die reaksie vanuit die hele gemeenskap hom verstom het. Gemeentelede van verskeie gemeentes was letterlik oral! Daar is brood gebak vir die brandbestryders, water op bakkies aangery en daar is oraloor saam gebid vir die brande wat woed. Met die brandbestryders wat stelselmatig begin om die oorhand te kry, is die realiteit dat baie mense erge skade beleef het. Dit is moontlik vir almal om hulp te kan verleen, veral in die nadraai van die brande. Die Ring van Mosselbaai het ‘n rampfonds gestig; enige bydraes tot die fonds word verwelkom.

Indien u graag wil bydra, kan die volgende bankbesonderhede gebruik word:

Begunstigde: NGK Brandwacht

Bank: ABSA Mosselbaai

Rekening nommer: Tjekrekening: 207 058 0007

Verwysing: Noodfonds

BELANGRIK: In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die leraars.

Ek is Nuut

Ek is nuut

Nuwe intrekkers in ons gemeente – julle is so welkom! Dit is vir ons ’n voorreg om julle in ons midde te hê. Een van die leraars of ‘n kerkraadslid sal julle graag direk na die erediens by die Nagmaaltafel ontmoet. Kontak asseblief die kerkkantoor om julle inligting deur te gee.

nuut

BELANGRIK: Ons sal dit ook baie waardeer, indien gemeentelede die kantoor sal kontak om inligting aan te pas aan te vul of by te werk. (Landlyn: 012 460 3913 / WhatsApp: 083 442 9557)

Voed Jou Gemoed

Voed jou gEMOED
  • Sit in Mekaar se Stilte 193: ‘Laat U Wil Kom’ as Profetiese Teks. (klik hier) Baie dankie, François!

  • Erediens: Princess Christian op 27 Januarie om 10:30 en Huis Piek op 28 Januarie om 10:30.

  • Bybelstudie: Ons sien uit daarna om vanaf 11 Februarie 2026 weer rondom interessante onderwerpe saam te kuier.

  • Weeklikse oordenking: 'Stories wat heelmaak en stories wat seermaak.’ Dankie, ds. Pieter Oosthuizen. (klik hier)

  • Huisgeloof: Eerstes. (Klik hier)

Kinders, Jeug en Familie

Kinders banier

KINDERBEDIENING

Die Kinderbediening vir 2026 het 18 Januarie op ‘n hoë noot afgeskop. Daar is gesing, ken-mekaar speletjies gespeel en ons het mekaar daaraan herinner dat die Here altyd by ons is. Dit was regtig baie spesiaal om al die kinders weer te kon sien ná die vakansie en om hulle energie en opgewondenheid te beleef. Ons sien met groot verwagting en dankbaarheid uit na alles wat hierdie jaar vir ons Kinderbediening inhou. Baie dankie aan elke fasiliteerder wat vanjaar weer by die kinderbediening betrokke is. Ons verwelkom ook vir tannie Merle Spillman wat vanjaar by ons aangesluit het en ook weekliks vir ons die musiek by die Kinderbediening behartig.

k1

k2

k3

k4

AANDDIENS EN TIENERBEDIENING

Dit was spesiaal om so baie tieners en ouers verlede Sondag by die eerste aanddiens van 2026 te kon verwelkom. Ons het tydens die hierdie erediens vir mekaar gevra: “Wat maak ek hier?” Die erediens is op ‘n interaktiewe wyse aangebied en ons kon sinvol saam gesels oor ons ervaring van die aanddiens.

aand

Een van ons tieners, Clarise van Niekerk (Gr. 10) skryf as volg oor haar ervaring van die aanddiens:

cl

REGISTRASIE VIR KINDER- EN TIENERBEDIENING

OUERS, gebruik gerus die QR- kode of die skakel vir die registrasie. Sodra die QR en skakel oopmaak, kan julle die relevante keuse maak. TIENERS, julle kan julleself sommer registreer. Julle kan ook die relevante skakels hier onder gebruik om direk by die laerskool- of hoërskool registrasieblad uit te kom!

skalek vb

SKAKELS

Na die registrasieblad

Na die laerskool-registrasie

Na die hoërskool-registrasie

QR KODE:

QR

Gemeente Geleenthede

ggl

STUDENTE-ONTBYT – 29 JANUARIE (DATUM-VERANDERING)

ONTBYT

Alle studente van die gemeente word genooi vir die jaarlikse studente-ontbyt saam met Bernice en Dewald by Blue Crane op Donderdag, 29 Januarie om 9:00. Gee die kantoor (012 460 3913) ʼn lui of laat weet per WhatsApp (083 442 9552) of jy sal kan kom saamkuier. Jy is meer as welkom, om sommer ook net op te daag, indien dit jou ontgaan om te laat weet.

Gemeente en Gemeenskapsnuus

Gemeente

ALMANAK-2026

Ons 2026-almanak is beskikbaar! Neem gerus een of twee en ook vir van ons gemeente-vriende wat dalk nie by die kerk kan uitkom nie. Die almanakke sal elke Sondag by die deure beskikbaar wees en julle kan gerus ook ’n kopie of twee by die kerkkantoor kom afhaal.

VAN GOGH

OUERS! DAGBOEK DIE DATUM!

Emma Sadleir, ‘n digitale regskenner met uitgebreide kennis oor gevare van selfone en sosiale media vir kinders en jongmense, gesels op 26 Februarie om 18:00 met alle belangstellendes in Anton van Wouw Laerskool se amfi. Kom woon gerus die insiggewende en uiters belangrike, relevante gesprek by.

Skakel gerus Anton van Wouw Laerskool vir meer inligting. (012 460 3024)

emma

JOYN KOFFIEWINKEL

’n Lekker koffie-kuier is nou sommer báie gerieflik met JOYN reg hier op die kerk se terrein. Of dit nou ná ’n vergadering, voor ’n aktiwiteit, of sommer net vir die lekkerte is — nooi ’n vriend of vriendin (of twee!) en glip om die hoek in Giovanetti Straat vir 'n vinnige lafenis. Kom geniet ’n gesellige koffie van jou keuse (en ’n heerlike eetdingetjie) in die rustigheid van die koeltebome of bestel ’n ‘in-die hardloop-koffie’ tussen afsprake deur. Ons is daagliks oop van 6 vm tot 6 nm. Sondae is die hekkie na die kerk toe oop, sodat jy maklik by die kerk kan uitkom.

j1

j2

j3

EUGENE MARAIS NATUURPARK

Eugene Marais Park

Eugene Marais Natuurpark in Groenkloof, Pretoria, is ‘n rustige, klein natuur-juweeltjie met oorspronklike inheemse plantegroei. Dit skep so ‘n natuurlike ongereptheid wat ‘n verskeidenheid voëls, vlinders, vlermuise en ystervarkies lok. 'n Kort sirkelpaadjie kronkel deur die bosagtige terrein, wat besoekers toelaat om die natuur rustig te verken, die verskeidenheid inheemse bome – Wit stinkhout, Haakdoring, Bergkaree, Wildepeer en nog meer, te bekyk en sommer net te ontsnap van die stadsgewoel – dit is ‘n ideale plek vir refleksie en natuurfotografie.

Die park is die laaste Sondag van elke maand van 08:00 tot 16:00 oop vir besoekers.

Ons Voetspore In Die Gemeenskap

voetspore

VARS NUUS UIT DIE OEKRAìNE

Ons is Stéfan en Hensie van der Merwe en ons bedien reeds van 2003 af in Oekraïne. Ons het drie kinders: Nadia (24), Daniil (21) en Victor (17).

Hensie Marias het groot geword – is gebore, gedoop en aangeneem in Waterkloof gemeente. Na Hensie se wedergeboorte op 17 jaar, het sy vir 4 jaar Sondagskool gegee vir die gr. 7’s en oral hand bygesit tot en met haar huwelik met Stéfanvan der Merwe in Januarie 1997. Na die huwelik is haar lidmaatskap van Waterkloof na Lynnwoodrif NG gemeente geskuif.

Kort nadat Stéfan en Hensie in 1994 ontmoet het, het Stéfan sy sending-roepingsvers met Hensie gedeel. Dit was Jesaja 49:6.

“Hy het gesê: Dit is nie genoeg dat jy my dienaar is om die stamme van Jakob te herstel en om die Israeliete wat gered is, terug te bring nie; Ek maak jou 'n lig vir die nasies sodat die redding wat Ek bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik.”

Hensie se roepingsvers was Genesis 12:1.

“Die Here het vir Abram gesê: “Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys.”

Vir die volgende 10 jaar het die Here ons saam gereed gemaak vir die sendingveld in Oekraïne en in 2003 het ons klein gesinnetjie, ek, Stéfan en ‘n 17 maande-oue Nadia na die hawestad Odesa vertrek.

Lees meer oor die Stéfan, Hensie en hulle ongelooflike werk in die Oekraïne.[Klik hier]

HUIS PIEK BENODIG WOL VIR GROOT ‘GEBREIERY’

Die Pieksters wil graag mussies en truitjies vir Re Gae Kleuterskool brei. Hulle wil graag vroeg begin sodat alles betyds gereed kan wees vir die winter. Indien daar enige bruikbare wol in jou kaste is, waarvan jy graag ontslae sal wil raak, kan jy dit gerus by die kerkkantoor kom aflaai. ’n 'Piekster-hand' sal verseker dat die wol in ’n snoesige wintersmussie of truitjie omskep word.

wol

BRAMLEY KINDERHUIS

Baie dankie vir al die boeke, penne, omslae en skryfbehoeftes wat reeds by die kerkkantoor afgelaai is. Dit word opreg waardeer. Almal is welkom om steeds relevante items te kom aflaai.

BOEKE BRAMLEY

RE GAE KLEUTERSKOOL

Die RE GAE Kleuterskool het hierdie week weer sy deure vir die nuwe skooljaar geopen. Skoolhoof, Thabita Tladi het laat weet dat daar tans ’n groot behoefte aan inkleurboeke en inkleurkryte is. Dié hulpmiddels speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling en leer van die kleuters.

RAE GAE

Indien u graag ’n bydrae wil maak, kan enige van hierdie items by die kerkkantoor afgelaai word. Só kry ons die geleentheid om die kinders en personeel op ’n baie praktiese en betekenisvolle manier te ondersteun.

Skakel gerus die kerkkantoor indien u enige verdere navrae het of meer inligting benodig. Baie dankie vir elkeen se bereidwilligheid om betrokke te wees en ’n verskil te maak in die kinders se lewens.

Groenkloof Nuus

gk

Groenkloof

Sinodenuus

Sinodenuus

NOORDELIKE SINODE KOMMUNIKASIE

Ons deel graag die nuusbrief van die Noordelike Sinode die "Verskil" [hier]

Gemeente Besonderhede

11

KONTAKBESONDERHEDE

Leraars

Ds. Bernice Serfontein * E-pos: bernice.serfontein@gmail.com

Ds. Dewald Roux * E-pos: dewaldroux2@gmail.com / Sel: 072 755 7817

KANTOOR

Kantoorpersoneel

Maryke Meter * E-pos: ngwaterkloof@gmail.com

Hannatjie Venter * E-pos: ngkwater@yebo.co.za

Jabu Mtau * Koster (Skakel kantoornommer)

Kontak Ons

Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557

BELANGRIK: Stoor die nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang

Landlyn: 012 460 3913

Adres: Deystraat 353, Nieu Muckleneuk.

(Oorkant Anton van Wouw Laerskool)

Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075

GPS – KOöRDINATE:

Lat. -25º 46 31.95

Decimal: -25.775542211330446

Long. 28º 13 55.45

Decimal: 28.232068419456482

map

Bank
Back to Blog