
Re Gae
Ons gemeente is reeds vir ’n hele aantal jare betrokke by die Re Gae-kleuterskool in Pretoria-Wes, spesifiek by hulle vroeë-kinderontwikkelingsprogramme. Daar is tans meer as 100 kinders by die kleuterskool ingeskryf, wat groot druk op hulle voedselbegroting plaas.
Ons gemeente is reeds vir ’n hele aantal jare betrokke by die Re Gae-kleuterskool in Pretoria-Wes, spesifiek by hulle vroeë-kinderontwikkelingsprogramme. Daar is tans meer as 100 kinders by die kleuterskool ingeskryf, wat groot druk op hulle voedselbegroting plaas.
Ons gemeente help daarom om Re Gae se koskaste aan te vul. Saam met Thabita Tladi, die skoolhoof, en dieetkundiges probeer ons verseker dat die kinders daagliks voedsame maaltye ontvang. Tans word aanvullende kosvoorrade twee keer per maand by Re Gae afgelewer.
Ons gebruik hierdie geleenthede ook om verhoudinge met die personeel te bou, hulle te bederf en emosioneel te ondersteun.
Hierdie uitgawe is 'n oorsig saamgestel uit die gemeentebriewe vir period Augustus 2025 tot Feb 2027. Dit verskaf 'n beeld van ons gemeente se betrokkenheid by Re Gae oor tyd. Ons betrokkenheid by Re Gae en die ander instansies is behoefte-gedrewe. Hou ons weeklikse Gemeentebrief dop, om te sien hoe en wanneer jy betrokke kan raak.
Gradeplegtigheid!
GEMEENTEBRIEF 21 - 27 MAART 2026
Soos julle almal weet is ons as Waterkloof gemeente al baie jare betrokke by Re Gae kleuterskool in Pretoria-Wes. Deel van ons betrokkenheid is die befondsing vir die opleiding van onderwyseresse. Die gradeplegtigheid het Saterdag, 14 Maart plaasgevind!
Dr. François Wessels (lidmaat) het die afgelope week by die gradeplegtigheidseremonie as motiveringspreker opgetree. Sy boodskap aan die graduandi het beklemtoon hoe belangrik passie, omgee en die skep van ʼn veilige omgewing vir jong kinders is. Passievolle opvoeders, onderwysers en onderwyseresse maak die onmoontlike moontlik- hulle vorm kinders vir ʼn toekoms vol belofte! Almal oud en jonk,opvoeders en ouers sal soveel waarde uit die “praatjie” vind!
Baie geluk aan skoolhoof, Thabita Thladi en onderwyseresse, Jeanette Khosana en Zolile Hazel Msane met die groot prestasie. Ons is trots op julle!
Dr. François Wessels aan die woord:
“Dumelang.Goeie more.
Good morning to the graduates, the trainers, the families, the supporters, and everyone gathered here today.
I would like to begin with a story.
Some years ago, in the Pretoria West area of Malusi, there was a small nursery school called Re Gae. It did not begin as a big school with many classrooms or many resources. It began simply — as a safe place for a few children in the neighbourhood. A place where working parents could leave their children knowing that they would be cared for, protected, and loved. Those first children arrived with their little backpacks, their curious eyes, and their endless questions about the world. The teachers who welcomed them did not have many resources. They did not necessarily have formal training.
BUT they had something incredibly important: They had commitment and they had love.
And they had a deep sense that the children in their care mattered. Over the years something remarkable began to happen. More parents heard about the nursery school. More families trusted them with their children. Slowly the school grew. Today that small nursery school cares for more than 120 children, from the tiny babies of six months old all the way to children preparing for Grade R. Because of the commitment of its headmaster, Thabita Tladi, and the opportunities created by Thusa, the school is now able to teach the Grade R curriculum.

Think about that for a moment! A place that began simply as a safe haven for a few children has become a centre of learning for more than a hundred young lives.
That is what commitment can do. That is what dedication can do AND that is what teachers like you make possible. Klik hier om meer te lees.
Wat behels ons werk hier
GEMEENTEBRIEF 14 - 20 MAART 2026
Waterkloof gemeente het ’n hele aantal jare gelede, danksy Yvonne van Zyl, betrokke geraak by Re Gae kleuterskool in Pretoria-Wes, waar ons bygedra het tot voedsame kos en basiese mediese behoeftes. Ons betrokkenheid strek sedertdien heelwat wyer. ‘n Paar jaar gelede het ons watertenks geïnstalleer.
Verlede jaar kon ons met die hulp van ‘n lidmaat ook hulle stormwater-sisteem behoorlik opknap. Verder help ons ook onder andere, met die befondsing vir die opleiding van onderwyseresse. Na 5 jaar se toewyding en harde werk kry Tabitha Tladi, hoof van die kleuterskool op 14 Maart haar onderwysdiploma. Thusa het hierdie kursus aangebied en so kwalifiseer die skool ook om Graad R-opleiding aan te bied. Ons gemeente besoek twee maal per maand die kleuterskool waartydens ons saam eet, saam besin oor vroeë kinderontwikkeling en saam koppe bymekaarsit oor moeilike uitdagings wat soms die lig sien.Daar word ook gepoog om gereeld kundiges uit verskillende vakgebiede te betrek, veral op die gebied van vroeë kinderontwikkeling.Saam met Tabitha en ander dieetkundiges het ons behoorlike dieetbeplanning gedoen en ons gemeente laai tydens ons maandelikse besoeke ook aanvullende kosvoorrade daar af. Skakel gerus vir ds. Bernice, ds. Dewald of die kantoor, indien jy kundig is op die gebied van vroeë kinderontwikkeling en voel dat jy graag hierby betrokke wil raak.
Tabitua Tladi kry graad
GEMEENTEBRIEF 7 - 13 MAART 2026
Re Gae – Nog ’n Hoogtepunt In Die Verhaal Wat Ons Saam Skryf.
En so kry Re Gae graad!
Na 5 jaar se toewyding en harde werk kry Thabita Tladi, hoof van die Kleuterskool Re Gae op die 14de Maart haar onderwysdiploma. Thusa het hierdie kursus aangebied en so kwalifiseer die skool ook om Graad R-opleiding aan te bied.
Sedert 2020 het die gemeente ’n verbintenis met die Organisasie Sonder Winsbejag, Diakonia. Diakonia is ’n organisasie wat haarself op sosio-ekonomiese ontwikkeling toegelê het.En watter meer doeltreffende manier is daar om by sosio-ekonomiese ontwikkeling met ’n langtermyn-perspektief betrokke te raak, as om by vroeë kinderontwikkeling betrokke te wees.
Algaande het die rolle geskuif en het die gemeente die rol by Diakonia oorgeneem. So het ons die onderwyseropleiding finansieel begin ondersteun (bo en behalwe die voedingondersteuning wat ons verleen).
Daarom is ons so trots op Thabita en haar kollegas wat hierdie pad met passie en dissipline loop om steeds beter instrumente tot die ontwikkeling van hierdie kiner-kleinode te wees.
Le dirile gabotse, lena basadi!
KONTAKBESONDERHEDE
Leraars
Ds. Bernice Serfontein * E-pos: [email protected]
Ds. Dewald Roux * E-pos: [email protected] / Sel: 072 755 7817
Kantoorpersoneel

Maryke Meter * E-pos: [email protected]
Hannatjie Venter * E-pos: [email protected]
Jabu Mtau * Koster (Skakel kantoornommer)
Kontak Ons
Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557
BELANGRIK: Stoor dié nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang
Landlyn: 012 460 3913
Adres: Deystraat 353, Nieuw Muckleneuk.
(Oorkant Anton van Wouw Laerskool)
Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075
GPS – KOöRDINATE:
Lat. -25º 46 31.95
Decimal: -25.775542211330446
Long. 28º 13 55.45
Decimal: 28.232068419456482
