NGK Waterkloof

OekraÏne

April 01, 20265 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
OM130

Stéfan en Hensie van der Merwe bedien reeds van 2003 in Odessa, in Oekraïne. Ons gemeentdersteun die Van der Merwes in hulle bediening.

voetspore

Hierdie uitgawe is 'n oorsig saamgestel uit die gemeentebriewe vir period Augustus 2025 tot Feb 2027. Dit verskaf 'n beeld van ons gemeente se betrokkenheid by OekraÏne oor tyd. Ons betrokkenheid by OekraÏne en die ander instansies is behoefte-gedrewe. Hou ons weeklikse Gemeentebrief dop, om te sien hoe en wanneer jy betrokke kan raak.

So kan jy betrokke raak

GEMEENTEBRIEF 14 - 20 MAART 2026

Stéfan en Hensie van der Merwe bedien reeds van 2003 af in die Oekraïne. Waterkloofgemeente is deur die jare betrokke by die Van der Merwes. Die gemeente maak ‘n maandelikse bydra tot hulle bediening in Odessa, Oekraïne. Ons vra veral vir voorbidding in hierdie onstuimige tyd.

Maak gerus gebruik van die onderstaande bankbesonderhede, indien jy graag ’n bydrae wil maak.

Bankbesonderhede: NG Kerk Waterkloof, ABSA, Rekeningnommer: 1500580077, Verwysing: merk duidelik Oekraïne

'n Brief uit OekraÏne

GEMEENTEBRIEF 28 FEBRUARIE - 6 MAART 2026

Hester von Wielligh het laat weet dat ’n onlangse gedeelte in ons brief oor die Oekraïne haar diep geraak het. Sy deel die volgende met ons:

Missionary Letter From Odessa

The bombs are falling still

They fall they fall they fall

the city shatters crumbles roars

We have been advised:

If a child doesn’t sleep,

if a child cries out in the night,

keep them from school.

Let our arms embrace them

(children, little children)

Oh let us brace ourselves for them

against the swords of glass

flying through the frigid blood-choked air.

Let the little children come.

Let them huddle in our armed peace.

(Lay. Down. Your. Arms.)

We pray our arms around them.

Suffer little children

to come unto our frail kingdom on earth

children, little children

Oh Lord, Your kingdom is theirs

Let us be your arms, oh Lord

©Hester von Wielligh 2026

Maak gebruik van die onderstaande bankbesonderhede, indien jy graag ’n bydrae wil maak.

Bankbesonderhede: NG Kerk Waterkloof, ABSA, Rekeningnommer: 1500580077, Verwysing: merk duidelik Oekraïne

'n Dag in die kantoor in Odessa

GEMEENTEBRIEF 21 - 27 FEBRUARIE 2026

Stéfan en Hensie van der Merwe bedien reeds sedert 2003 in Oekraïne. Waterkloof-gemeente is deur al die jare op welke wyse betrokke by die Van der Merwes se bediening. Hensie het onlangs vir ons 'n video gestuur wat vir ons ’n klein kykie gee in hulle daaglikse lewe en bediening.

Maak gebruik van die onderstaande bankbesonderhede, indien jy graag ’n bydrae wil maak.

Bankbesonderhede: NG Kerk Waterkloof, ABSA, Rekeningnommer: 1500580077, Verwysing: merk duidelik Oekraïne

Gebedsversoek uit OekraÏne

Odessa, Oekraïne en sy inwoners het regtig ons gebede nodig! Hensie van der Merwe het gedurende die week die volgende laat weet:

“Dear prayer partners,

We don’t post everything – there are so much tragedy in Ukraine! But please keep the situation before the Lord.

Last night another attack on Odesa woke us at around 02:00. The blast waves damaged windows in two kindergartens and one school. Praise God, there were no casualties and only two people were injured.

This message was sent out from the department of education: "Dear parents, if a child didn't sleep at night or was scared, didn't rest, is experiencing anxiety or fatigue – leave them at home. Let your care become a small haven of peace for the child."

Please pray for an end to the war. This year winter is truly extreme, which makes it even worse.”

Vir bydraes gebruik die gemeente se bankbesonderhede:

NG Kerk Waterkloof

Absa Brooklyn Mall Takkode: 33-53-45

Lopende rekening 1500 580 077

Merk asseblief u bydrae duidelik: “Oekraïne-fonds”

Dag tot dag lewe, ten spyte van voortdurende aanvallel

Dit is vir ons as Waterkloof gemeente belangrik om op hoogte te bly van waarmee ons sendinggroep in Odessa op ’n daaglikse basis te kampe het. Daarom plaas ons relevante nuus, as en wanneer van toepassing. Stéfan skryf:

“Dear prayer supporters,

This week, Russia unleashed a terrifying barrage on Ukraine: over 1,700 strike drones, more than 1,380 guided aerial bombs (KABs), and 69 missiles of various types. This massive assault, targeting energy infrastructure and civilian areas, comes amid freezing winter conditions and ongoing peace talks.

odessa

We are still without power and many people are also still without water. In last night’s attack (27 January) three people were killed, 27 injured and 3 are still missing - likely stuck under the rubble.. Rescue operations continue. At least three residential buildings were hit and thousands of windows shot out by the shockwaves.”

ys

Dik lê die sneeu!

Stéfan skryf dat hulle familie oor twee weke Rivne toe moet reis om hulle jaarlikse verblyfpermitte te hernu. Die weervoorspelling wys ’n skrikwekkende (minus) -31 grade vir wanneer hulle op 2 Februarie daar aankom. As dit regtig so koud gaan wees, gaan dit seker die koudste wees wat hulle familie nóg daar beleef het!

Betreffende die aanvalle in Odessa, vertel hy, dat ’n woonstelgebou getref is. Genadig is daar niemand in die blok dood nie, maar hy sê dat daar baie skade aan die gebou aangerig is en veral aan baie motors wat langs die gebou gestaan het. Die aanvalle op hulle krag-installasies sit al die inwoners nogal onder druk. Hulle gesin was na die aanval vir meer as 10 ure sonder krag en die dag daarna weer vir ’n paar ure. Dit, te midde van die ysige koue!

Ten slotte bevestig hy dat die bediening, ten spyte van alles, steeds aangaan. Ons dink voortdurend aan hulle en aan die prysenswaardige werk wat hulle daagliks onder uiters moeilike omstandighede passievol verrig.

11

KONTAKBESONDERHEDE

Leraars

Ds. Bernice Serfontein * E-pos: [email protected]

Ds. Dewald Roux * E-pos: [email protected] / Sel: 072 755 7817

Kantoorpersoneel

kantoor

Maryke Meter * E-pos: [email protected]

Hannatjie Venter * E-pos: [email protected]

Jabu Mtau * Koster (Skakel kantoornommer)

Kontak Ons

Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557

BELANGRIK: Stoor dié nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang

Landlyn: 012 460 3913

Adres: Deystraat 353, Nieuw Muckleneuk.

(Oorkant Anton van Wouw Laerskool)

Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075

GPS – KOöRDINATE:

Lat. -25º 46 31.95

Decimal: -25.775542211330446

Long. 28º 13 55.45

Decimal: 28.232068419456482

map

Bank
Back to Blog