
GEMEENTEBRIEF 7 - 13 FEBRUARIE 2026
GEMEENTEBRIEF 7 - 13 FEBRUARIE 2026
Gedagte Vir Die Week
Liewe gemeentevriend,
Genesis
Daagliks staan ek op die aarde
met sy mak diere en sy plantegroei
en verlustig my in die skoonheid daarvan
maar soms moet ek my kop in die wolke kry
om my geloof te behou in die mens
as bewaarder en nie as plunderaar
van die heerlikheid van die geseënde
Godgegewe verbondenheid aan mekaar
van mens en dier en plant
om weer op die aarde vas te staan.
- Lina Spies, Aarde na Firmament (2022).
Erediens Inligting
SONDAG 8 FEBRUARIE 2026
09:00: Erediens in kerkgebou o.l.v. ds. Dewald. In lieflike plekke... (Psalm 16)
Musiek: Joyce Viljoen
Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.
18:00: Erediens in die kerkgebou o.l.v. ds. Bernice. "Om die mammoet te tem: wat werklik saak maak".
Tiener- en Verbintenisgroepe na afloop van die erediens. Koffie-kuier op die stoep.
SONDAG 15 FEBRUARIE 2026
09:00: Erediens in die kerkgebou o.l.v. ds. Bernice.
Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.
18:00: Erediens in die kerkgebou o.l.v. ds. Dewald. Tiener- en Verbintenisgroepe na afloop van die erediens. Koffie-kuier op die stoep
Ons Gee Om

Ons stel "áltyd" belang in al ons gemeente-vriende se wel en wee. Laat weet asseblief die kerkkantoor of enige van die leraars van gebeure / ervarings / nuus wat julle graag met ons as gemeente-vriende sal wil deel, sodat ons kan meeleef – die vreugde en die hartseer kan deel!
Veels Geluk!
Verjaarsdae op Sondag, 8 Februarie: Marie van Dalsen.
Verjaarsdae 80 en op: Marie Van Dalsen op 8 Februarie en Maartje van Hoven op 9 Februarie.
Verjaarsdae res van die week: Saterdag, 7 Februarie: Joshua Janse van Rensburg.
9 Februarie: Edward Jansen van Rensburg, Maartje van Hoven en Mandie Wagner. 11 Februarie: Danie de Villiers en Annalize Jooné. 12 Februarie: Roelof Botha, Euna Marais en Gita van Schoor. 13 Februarie: Johan de Graaf, Johanni Naudé en Jennifer Raath.
Ons Dink Aan
Yolani Kriek se boetie, Johan Breytenbach, wat in ’n ernstige motorongeluk was. Hy herstel tans in Milpark-hospitaal.
Jabu Mtau ons koster, met die afsterwe van sy oom Piet Zondo, Sondagaand 1 Februarie.
Marlene Slabbert wat al vir 'n geruime tyd gesondheidsuitdagings ervaar.
Danie, Jenny, David, Daniel en Zea de Villiers. Danie ervaar tans groot uitdagings met sy gesondheid en ons hou hulle gesin in ons gebede.
Ons boere wat swaar getref word deur die bek- en-klouseer-epidemie. Talle boere moes al kuddes van kant maak wat nie net boere se voortbestaan bedreig nie, maar ook die landboubedryf en ons ekonomie kniehalter.
BELANGRIK: In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die leraars.
Ek is Nuut

Nuwe intrekkers in ons gemeente – julle is so welkom! Dit is vir ons ’n voorreg om julle in ons midde te hê. Een van die leraars of ‘n kerkraadslid sal julle graag direk na die erediens by die Nagmaaltafel ontmoet. Kontak asseblief die kerkkantoor om julle inligting deur te gee.
BELANGRIK: Ons sal dit ook baie waardeer, indien gemeentelede die kantoor sal kontak om inligting aan te pas aan te vul of by te werk. (Landlyn: 012 460 3913 / WhatsApp: 083 442 9557)
Voed Jou Gemoed

Sit in Mekaar se Stilte 195: Nie "ek praat / God praat" nie, maar stilte (klik hier). Dankie, François!
Erediens: Princess Christian op Dinsdag, 10 Februarie om 10:30 en Huis Piek op Woensdag, 11 Februarie om 10:30.
Bybelstudie: Ds. Bernice sien uit daarna om almal weer op 11 Februarie 2026 terug te verwelkom vir lekker kuier-sessies rondom insigte vanuit die Skrif.
Weeklikse oordenking: 'Stories wat heelmaak en stories wat seermaak (3).’ Dankie, ds. Pieter Oosthuizen. (klik hier)
Kinders, Jeug en Familie

KINDERVEILIGHEID OP DIE TERREIN
Ons nooi alle kinders graag uit om by die kinderbediening in te skakel waar hulle veilig onder toesig is. Indien kinders egter verkies om op die grasperk te speel, vra ons vriendelik dat ’n ouer hulle vergesel, aangesien ons nie toesighouers buite het nie. Dankie dat julle saam met ons help om ’n veilige omgewing vir al ons kinders te skep.
Ons doen ook graag 'n beroep op ouers om hulle kinders daaraan ter herinner dat hulle nooit die kerkterrein alleen moet verlaat tydens of na afloop van eredienste nie.
ROETEMERKER GRAAD 1 EN GRAAD 8
Ons graad 1- en graad 8-lidmate het Sondag saam met ons by die by die Nagmaaltafel aangesit. Dit was vir ons ’n besondere voorreg om op so ‘n wyse hierdie roetemerker saam met julle te vier. Ons bid en vertrou dat die nuwe seisoen vir elkeen van julle ’n tyd van groei, ontdekking en vreugde sal wees.

Ons graad 8-lidmate Sondagaand saam met ons by die Nagmaaltafel.
Gemeente Geleenthede
ASWOENSDAG EREDIENS – 18 FEBRUARIE TE GROENKLOOF OM 18:30
Aswoensdag lei die begin van Lydenstyd in. Op hierdie dag word gelowiges herinner aan hulle broosheid en afhanklikheid van God, dikwels deur die trek van 'n as-kruisie op ons hand of voorkop. Aswoensdag roep gelowiges op tot selfondersoek en ’n hernude toewyding aan God, terwyl dit ook ’n tyd is om stil te word en bewustelik nader aan Christus te leef ter voorbereiding op Paasfees. Hierdie jaar, 18 Februarie om 18:30 vind die Aswoensdag-geleentheid in Groenkloof se erediensruimte plaas.

VROLIKE VRYDAGFEES – 20 FEBRUARIE
Die tyd het aangebreek vir ons eerste Vrolike Vrydagfees. Maak solank ’n knoop in die oor, sodat jy nie dié gesellige gemeentekuier misloop nie. Die tema is klaarblyklik nog ’n “staatsgeheim”, maar soos ons, ons gemeentevriende ken, sal dit verseker ’n bobaas-geleentheid wees. Ons sal nader aan die tyd meer inligting verskaf. So, skud solank die vere reg!

Gemeente en Gemeenskapsnuus
WIT OLIFANT VERKOPING – 28 FEBRUARIE
Wit-Olifant 2026 gaan Wit-Olifant 2025 soos ’n oefenlopie laat lyk – groter, prettiger en om alles te kroon, meer winsgewend! Ons "winkel" het tans ’n paar VAKANTE POSTE beskikbaar. Die persoon/persone moet ’n spanspeler wees, beskik oor die vermoë om “skatte” te kan uitsnuffel, op-te-dollie en orde uit chaos te skep. ’n Vereiste is dat jy jouself gate uit moet geniet! Ons maak staat op dié geesdriftige “werkersgroepie” onder leiding van Brian en Rina Edwards om ons weereens met ’n topgehalte “winkel” te verras. Enige bruikbare, “voorheen-geliefde” en nou “verlate- maar nie verwaarloosde” items (boeke, ameublement, klere, huisware, ens.) sal te koop aangebied word. Soos die Engelse gesegde lui: “One man's trash is another man's treasure"
Indien jy enige “voorheen-geliefde” items het waarvan jy graag wil afstand doen, kom laai dit gerus by die kerkkantoor af. Ons sien uit na besondere items wat die nuwe “eienaar” se oë sal laat blink van vreugde oor die fonds! Indien jy graag deel van die uitgelese werkersgroepie wil wees, skakel gerus die kerkkantoor (012 460 3913) of stuur ’n WhatsApp (083 442 9557)
Laaste aflaai-datum: Vrydag, 20 Februarie!
Ons Voetspore In Die Gemeenskap
VARS NUUS UIT DIE OEKRAìNE
Odessa, Oekraïne en sy inwoners het regtig ons gebede nodig! Hensie van der Merwe het gedurende die week die volgende laat weet:
“Dear prayer partners,
We don’t post everything – there are so much tragedy in Ukraine! But please keep the situation before the Lord.
Last night another attack on Odesa woke us at around 02:00. The blast waves damaged windows in two kindergartens and one school. Praise God, there were no casualties and only two people were injured.
This message was sent out from the department of education: "Dear parents, if a child didn't sleep at night or was scared, didn't rest, is experiencing anxiety or fatigue – leave them at home. Let your care become a small haven of peace for the child."
Please pray for an end to the war. This year winter is truly extreme, which makes it even worse.”
Vir bydraes gebruik die gemeente se bankbesonderhede:
NG Kerk Waterkloof
Absa Brooklyn Mall Takkode: 33-53-45
Lopende rekening 1500 580 077
Merk asseblief u bydrae duidelik: “Oekraïne-fonds”
HUIS PIEK BENODIG WOL VIR GROOT ‘GEBREIERY’
Die Pieksters wil graag mussies en truitjies vir Re Gae Kleuterskool brei. Hulle wil graag vroeg begin sodat alles betyds gereed kan wees vir die winter. Indien daar enige bruikbare wol in jou kaste is, waarvan jy graag ontslae sal wil raak, kan jy dit gerus by die kerkkantoor kom aflaai. ’n 'Piekster-hand' sal verseker dat die wol in ’n snoesige wintersmussie of truitjie omskep word.
GSinodenuus
NOORDELIKE SINODE KOMMUNIKASIE
Ons deel graag die nuusbrief van die Noordelike Sinode die "Verskil" [hier]
Gemeente Besonderhede
KONTAKBESONDERHEDE
Leraars
Ds. Bernice Serfontein * E-pos: bernice.serfontein@gmail.com
Ds. Dewald Roux * E-pos: dewaldroux2@gmail.com / Sel: 072 755 7817
Kantoorpersoneel

Maryke Meter * E-pos: ngwaterkloof@gmail.com
Hannatjie Venter * E-pos: ngkwater@yebo.co.za
Jabu Mtau * Koster (Skakel kantoornommer)
Kontak Ons
Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557
BELANGRIK: Stoor dié nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang
Landlyn: 012 460 3913
Adres: Deystraat 353, Nieuw Muckleneuk.
(Oorkant Anton van Wouw Laerskool)
Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075
GPS – KOöRDINATE:
Lat. -25º 46 31.95
Decimal: -25.775542211330446
Long. 28º 13 55.45
Decimal: 28.232068419456482
