NGK Waterkloof

GEMEENTEBRIEF 6 - 12 JUNIE 2026

June 03, 202611 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

GEMEENTEBRIEF 6 -12 JUNIE 2026

INDEKS200gedagte vir die week

Liewe gemeentevriend,

Gedagte vir die Week

Gebed vir Koninkrykstyd

soos kleinmensogies wat uitsien

na die beloftes wat helder toegedraai

onder die boom lê

soos die desperate Jode wat

van onder die hiel van die Romeinse ryk

uitgesien het na ’n messias

koninkrykstyd300

wat sou red

so Here sien ons uit hierdie dowwe wêreld

uit daarna dat u koninkryk al werkliker word

u ryk van liefde en heelheid en vrede

ons bid Here

laat u koninkryk kom

Amen

Neels Jackson

KOMMUNIKASIE NUUSFLITS

Ons is tans besig om ons kommunikasiekanale te verbeter. Hou julle e-pos en

SMS-boodskappe dop vir die nuutste gemeentenuus, aangesien ons

nie gereelde WhatsApp-boodskappe kan uitstuur nie.

Erediens Inligting

erediens inligting

BELANGRIK: Anders as in die almanak aangedui is daar vanaf 7 Junie tot 19 Julie nie meer aanddienste nie a.g.v die wintereksamen en skoolvakansie. Die aanddienste met Tiener- en Verbintenisgroepe hervat weer op Sondag 26 Julie.

SONDAG 7 JUNIE 2026

09:00: Erediens met Nagmaal in die kerkgebou o.l.v. ds. Dewald. Vergeet van vergeet...

Musiek: Betsie Schaap

Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.

18:00: Geen erediens a.g.v. die eksamen.

SONDAG 14 JUNIE 2026

09:00: Erediens in die kerkgebou o.l.v. ds. André van Niekerk. Tydens dié diens word die doop aan Henk en Lilani Potgieter se dogtertjie, Loe bedien. Loe is die trotse Louis en Louise Prinsen se kleindogter.

Musiek: Betsie Schaap

Geen Kinderbediening as gevolg die eksamen ● Kuier en verversings op die stoep.

18:00: Geen erediens a.g.v die eksamen.

GEE OM

Ons stel altyd belang in al ons gemeentevriende se wel en wee. Laat weet asseblief die kerkkantoor of enige van die leraars van gebeure/ervarings/nuus wat julle graag met ons as gemeentevriende sal wil deel, sodat ons kan meeleef – die vreugde en die hartseer kan deel!

GEE OM IMAGE320

Ons Dink Aan

Jan-Henry Bosch wat op Woensdag 3 Junie, deur 'n motor raakgery is. Hy het sy been op twee plekke gebreek. Ons bid hom 'n spoedige herstel toe.

Maria Swartz met die afsterwe van haar man, Nico Swartz op 9 Mei. Sy gedenkdiens het op 15 Mei plaasgevind. Ons hou die familie in ons gebede.

Erna Louw wat uit hoësorg na ’n gewone saal oorgeplaas is. Ons is só dankbaar dat dit beter gaan en dat sy binnekort ontslaan word.

Chris en Angela Büchner en gesin met die afsterwe van hulle familielid, Eugene Christoffe Cousins. Ons dink aan hulle in die moeilike tyd.

Nicola Symington wat Woensdag, 3 Junie ’n skouerprosedure ondergaan het en reeds tuis aansterk.

Stefan en Marietjie Nell wie se een kleindogter, Klara op 7 Junie ‘n groot operasie ondergaan.

BELANGRIK

In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die leraars.

Gemeentevriende verjaar. Geluk!

koek220

Sondag 7 Junie: Enan Burger, Susette Greeff, Nico van Diemen en Nikki van Zijl.

Verjaarsdae res van die week: Saterdag, 6 Junie: Dickie Putter. 8 Junie: Gail Kruger, Stefann Pretorius en Theo van Diemen. 9 Junie: Yvonne Borcherds, Maria Swartz, Lara Taljaard en Pieter van Hoven. 10 Junie: Eilidh Foxcroft. 11 Junie: Willie Botha en Dewald Wessels. 12 Junie: Laetitia Botha, Wihan Botha, Donovan Foxcroft, Christene Jooné en Johan Toerien ( Jr.)

Ek is Nuut

Ek is nuut

Nuwe intrekkers in ons gemeente – julle is so welkom! Dit is vir ons ’n voorreg om julle in ons midde te hê. Een van die leraars of ‘n kerkraadslid sal julle graag direk na die erediens by die Nagmaaltafel ontmoet. Kontak asseblief die kerkkantoor om julle inligting deur te gee.

WELKOM

BELANGRIK: Ons sal dit ook baie waardeer, indien gemeentelede die kantoor sal kontak om inligting aan te pas aan te vul of by te werk. (Landlyn: 012 460 3913 / WhatsApp: 083 442 9557)

Voed Jou Gemoed

Voed jou gEMOED

Bybelstudie: Woensdag,10 Junie om 09:00 kuier ons weer saam met ds. Bernice in die kinderkamer.

Erediens: Dinsdag, 9 Junie om 10:30 by Princess Christian en Woensdag, 10 Junie om 10:30 by Huis Piek.

Sit in Mekaar se Stilte 212: Stem wat deur die Gees gegee word. Dankie, François. (Klik hier)

Weeklikse oordenking: Ek kan vergewe omdat God my vergewe! (10). Dankie, ds. Pieter.(Klik hier)

Huisgeloof: Bewoon, bewerk en bewaar. (Klik hier)

Kinderbediening

Gemeente Geleenthede

gemeentegeleenthede

KWARTAALGESPREK – DONDERDAGAAND 25 JUNIE @ 18:00

Dawie Roodt 420

GEMEENTEKAMP (9-11 OKTOBER)

Gemeentkamp430

Verblyfopsies | Aktiwiteite | Besprekings | Klein Kariba

Gemeente en Gemeenskapsnuus

gemeente en gemeenskap

PIERRE VAN HOVEN SPREI SY VLERKE

Pierre van Hoven het ’n wilde perd opgesaal en besluit om sy Meestersgraad in Nederland te gaan doen! Die organisasie, logistiek en al die reëlings wat getref moes word, klink na ’n absolute nagmerrie!

Ma Mardolene het die ondervinding so beskryf:

Engele oral op ons pad

Laat ek net eers ons storie inlei: Dit is nie hoe ons as familie gewoonlik groot gebeurtenisse aanpak nie, maar dis soos die lewe loop – jy moet vat wat jy kry en glo vir die heel beste!

Só klim ek en Pierre laat in Januarie 2026 op die vliegtuig na Tilburg, Nederland, welwetende dat ons nog nie al sy dokumentasie vir Tilburg Universiteit se aansoek in orde het nie, dat hy ook nog nie verblyf het nie en dat sy kursus eintlik reeds ’n week gelede begin het ...

Daar aangekom, moes ons eers ekstra serpe, baadjies en handskoene koop vir die fris, mistroostige weer. Toe begin die soektog na akkommodasie en mense wat ons kon help. Dít midde-in die groot aanloop tot Tilburg se jaarlikse, uitgebreide Karnaval.

Gelukkig het die een engel na die ander ons gehelp om uiteindelik baie hekkies te oorkom:

Mooie Karena, wat ’n paar reëls “gebuig” het om akkommodasie te bekom; Danielle, die onverskrokke universiteitsekretaresse wat aanhou soek het totdat sy hulp vir ons gekry het; en Annas, die Rastafariese “case worker” wat uiteindelik toegang tot die kursus moontlik gemaak het.

Ons moes selfs vir engel Clara in Stellenbosch vra om te help met die laaste dokumentasie, wat op 13 Februarie om 16:00 in Tilburg aangekom het – ons sperdatum was 14 Februarie. Groot verligting ... en ons het natuurlik elke klein oorwinning met ’n lekker, vet stroopwafel gevier!

Nou is ons net dankbaar dat dit so goed gaan met Pierre in die vreemde. Sy kursus is behoorlik uitdagend en bied blootstelling aan opwindende nuwe geleenthede. Hy het fantastiese professore, goeie vriende en het met groot entoesiasme uitgedraf as slot vir die universiteit se rugbyspan.

Op die koop toe is die lente in die lug, en hy en sy vriende het selfs op die IJsselrivier gaan wakeboard! En ja, hulle het al gebraai – op ’n piepklein roostertjie en met tjoppies van die vriendelike Turkse slagter.

Maarten kon darem al ’n keer of wat gaan inloer. ’n Lekker verrassing was dat Pierre en Maarten op die Nederlandse televisieprogram, West Vandaag, verskyn het met ’n kort insetsel oor hoe ons Moedersdag vier.

Leuk, hoor!😊

Pieree v Hoven1017

BERADING BY HUIS PIEK

Die afgelope jaar het NG Waterkloof die kosbare verbintenis met Huis Piek verder verdiep deur ook gereelde pastorale berading aan inwoners beskikbaar te stel. Hierdie bediening vloei voort uit ons gemeenskap se oortuiging dat niemand alleen met swaar stories, verliese of lewensvrae hoef te worstel nie.

Tans is daar elke week twee uur wat spesifiek vir gespreksafsprake opsy gesit word. Inwoners van Huis Piek word hartlik uitgenooi om self die vrymoedigheid te neem om ’n afspraak te maak indien hulle graag met iemand wil praat. Jy hoef nie “groot probleme” te hê om te kom gesels nie – enige lewensverhaal, vrae of bekommernisse is welkom.

Onderwerpe wat dikwels in hierdie gesprekke ter sprake kom, sluit in:

rou en verlies (bv. die dood van ’n geliefde)

veranderinge in gesondheid of lewensomstandighede

familie- en verhoudingspanning

geloofsvrae en twyfel

gevoelens van eensaamheid, oorweldiging of moedeloosheid.

Kortom: die volle spektrum van “probleemverhale” wat ons almal uit die lewe ken, kan saam ondersoek word – met respek vir elke mens se unieke pad en geloofsreis.

Die gesprekke word tans gefasiliteer deur dr. François Wessels, ’n pastoraal-narratiewe berader en spirituele begeleier wat reeds goed bekend is by die Huis Piek-gemeenskap. Hy werk op ’n rustige, luisterende wyse en help mense om hul eie stories te verwoord, nuwe perspektiewe te ontdek en weer vas te hou aan wat vir hulle betekenisvol en heilig is.

Vir NG Waterkloof het hierdie teenwoordigheid by Huis Piek intussen ’n kosbare deel van ons breër gemeenskapsbetrokkenheid geword. Ons sien dit as ’n voorreg om saam met Huis Piek te bou aan ’n ruimte waar inwoners nie net fisies nie, maar ook emosioneel en geestelik ondersteun.

REGISTRASIE VAN MILITêRE VETERANE

’n Militêre veteraan is enige persoon wat in die weermag diens gedoen het, hetsy as deel van nasionale diensplig, die Staande Mag of in ’n administratiewe hoedanigheid. Klik op die volgende skakel vir meer inligting by die Departement van Militêre Veterane. Skakel

Enige militêre veteraan is geregtig op verskeie voordele waarvan hy of sy moontlik nie bewus is nie, soos pensioenvoordele, gratis mediese dienste, behuisingshulp, begrafnisvoordele, asook advies oor sake- en werksgeleenthede.

Kontakbesonderhede:
A.J. Nel
Sel: 082 439 7618
E-pos:
[email protected]

Voetspore

VOETSPORE

PEAS IN A POD

Skryfgoed..

Dis EKSAMENTYD! In die Peas-huis heers daar ’n onderliggende “opgewondenheid” om hulle nuut verworwe vaardighede in te span! Louise Prinsen het die meisies gedurende die kwartaal goed toegerus met studievaardighede en hulle is tans ywerig aan’t voorberei vir die eksamen. Met hulle nuwe studiemetodes benodig hulle nou meer studie-”gereedskap” soos eksamenblokke ( “exam pads”), kleurpenne, gekleurde merkpenne, potlode ens. Indien jy daarna voel om ’n meisie se studie-“gereedskap” aan te vul, laai dit gerus by die kantoor af. Ons sal sorg dat dit by hulle uitkom, sodat die “nuutgevonde leergierigheid” nie kwyn nie!

Peas skryfgoed 400

Verjaarsdagbederfies vir die meisies ...

Deur die loop van die jaar het ons elke meisie in die PEAS-huis se verjaarsdag spesiaal gemaak en die hartije warm laat klop met ‘n verjaarsdagkoek, asook ‘n bederfie van ‘n aard (lekkernye - koek, kolwyntjies, lekkergoed, ens.) om saam skool toe te stuur.

Hierdie relatief klein gebaar verskaf soveel vreugde. Die oor-tot-oor-glimlag op elke jongmens se gesig, kan geen geld ter wêreld koop nie! Ons is geholpe met verjaarsdae in Junie. Die volgende verjaarsdae in JULIE benodig nog weldoeners. Matila Lethabo verjaar op 5 Julie, Emiliana du Plooy op 7 Julie, Madubo Mahlatsi op 16 Julie en Onela Hlangwane op 28 Julie.

Peas koek en 400

Indien jy graag ’n meisie op haar verjaarsdag met koek en skool-toe-vat-lekkernye, wil bederf, skakel gerus Ds. Bernice, Ds. Dewald of die kantoor.

BRAMLEY KINDERHUIS

Ons is absoluut oorstelp deur die oop hande van ons gemeentevriende. Verlede week kon ons ’n wavrag items aan Bramley oorhandig. ’n Woord van dank is spesifiek aan ons gemeente gerig! ...... en die items stroom steeds in! Baie, baie dankie aan almal wat so ruimhartig by die kerkkantoor kom aflaai! Vir die meeste van ons is ’n buisie tandepasta, ’n bottel sjampoe en ’n koekie seep, ’n item wat ons sonder om twee keer te dink, in ons trollies ingooi! Vir die ontvangers van hierdie items is dit ’n genadegawe!

Toiletries Bramley_800
Die eerste "besending" reeds afgelaai ... die tweede "besending" gereed!

VIR OULAAS - ITEMS STEEDS BENODIG ( Indien iemand nog iets wil kom aflaai!)

(Seuns en meisies)

Bramley toiletries ad 230

Lyfsproei

Lyfwasmiddel

Skeermesse

Stortgel & seep

Tandepaste & tandeborsels

Lyfroom

Sjampoe

PEN

Dit is al amper weer Winter en ons stof reeds die ‘winkeltrollie’ af vir “Winterkossies, warm klere, komberse, ens”, maar voordat ons die trollie voor deur kerkdeur gaan parkeer gee ons die naaldwerkers, breiers en hekelaars ‘n kans om 'n bal of twee vir kleine kinderhandjies aan mekaar te “flans”, indien enige iemand belang sou stel.

pen bal 550

DAYBREAK

Vanaf 29 Mei tot 5 Junie 2026 was dit Nasionale Kinderbeskermingsweek met die tema: “Saam kan ons geweld teen kinders beëindig.”

Kinderbeskermingsweek herinner ons daaraan dat elke kind die reg het op liefde, sorg, beskerming en ’n veilige omgewing waarin hulle kan groei en ontwikkel. Dit is ’n geleentheid om bewusmaking te skep oor die belangrike rol wat ouers, gesinne, skole en gemeenskappe speel om kinders teen mishandeling, verwaarlosing en uitbuiting te beskerm. Deur saam te werk, kan ons help om ’n toekoms te bou waarin elke kind veilig, gewaardeer en gekoester voel.

The Child Behind the Statistic - skakel

Childrensweek350

Sinodenuus

Sinode

NOORDELIKE SINODE KOMMUNIKASIE

Ons deel graag die nuusbrief van die Noordelike Sinode die "Verskil". (Klik hier)

Gemeente Besonderhede

Gemeentebesonderhede

KONTAKBESONDERHEDE

Leraars

Ds. Bernice Serfontein * E-pos: [email protected] / Sel: 083 417 5133

Ds. Dewald Roux * E-pos: [email protected] / Sel: 072 755 7817

Kantoorpersoneel

gedenktuin350

Maryke Meter * E-pos: [email protected]

Hannatjie Venter * E-pos: [email protected]

Jabu Mtau * Koster: 064 700 7004

Kontak Ons

Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557

BELANGRIK

Stoor dié nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang

Landlyn: 012 460 3913

Adres: Deystraat 353, Nieuw Muckleneuk.

(Oorkant Anton van Wouw Laerskool)

Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075

GPS – KOöRDINATE:

Lat. -25º 46 31.95

Decimal: -25.775542211330446

Long. 28º 13 55.45

Decimal: 28.232068419456482

map

Bank
Back to Blog