
GEMEENTEBRIEF 31 JULIE - 7 AUGUSTUS 2026
GEMEENTEBRIEF 31 JULIE - 7 AUGUSTUS 2026

Liewe gemeentevriend,
Gedagte vir die Week
Woorde van ons mond

In sy boek The way of the heart: The spirituality of the Desert Fathers and Mothers maak Henri Nouwen ons attent op die oorvloed woorde waarmee ons elke dag te doen kry. Die Woestynvaders het egter stilte as “the safest way to God” beskou. Hoe meer woorde ons onsself mee omring, hoe minder betekenisvol word dit. Ook die Bybel is bewus van die gevare van die tong (Jakobus en Spreuke) en die krag van die regte woorde.
In Psalm 19:15 staan daar: “Laat die woorde van my mond en die bepeinsing van my hart vir U aanvaarbaar weer, Here, my Rots en my Verlosser”
Daar was al baie mense se woorde wat ’n verskil in my lewe gemaak het. Woorde wat ek nog kan onthou en neergeskryf het. Sommige het bevestig en net skielik ander perspektief en vryheid gegee. Daar was egter al woorde wat soveel negatiwiteit en moedeloosheid in my hart gewek het. Daardie woorde verdwyn ook nie. So miskien is die wysheid ten diepste maar net om te dink voordat ons praat.
Lisel H. Joubert. Lisel is ’n Senior Lektor in Sistematiese Teologie en Ekklesiologie aan die Universiteit van Stellenbosch en as leraar gekoppel aan NG gemeente Gansbaai. (Uit: Kleurmeditasies vir Koninkrykstyd.)
KOMMUNIKASIE NUUSFLITS
Ons is tans besig om ons kommunikasiekanale te verbeter. Hou julle e-pos en
SMS-boodskappe dop vir die nuutste gemeentenuus, aangesien ons
nie gereelde WhatsApp-boodskappe kan uitstuur nie.
Erediens Inligting

DS. BERNICE IS MET VERLOF VAN 2 - 17 AUGUSTUS
SONDAG 2 AUGUSTUS
09:00 Erediens in kerkgebou o.l.v. ds. Dewald. Verstaan jy wat Ek vir jou gedoen het? (Johannes 13:1 – 20)
Musiek: Joyce Viljoen
Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep
18:00: Erediens in die kerkgebou o.l.v. ds. Dewald. Nie ‘n gespierde held nie... Tiener- en Jeuggroepe na afloop van die erediens. Koffie-kuier op die stoep.
SONDAG 9 AUGUSTUS
09:00 Erediens met Nagmaal in die kerkgebou o.l.v. Dr Willem Nicol.
Musiek: Betsie Schaap.
GEEN Kinderbediening a.g.v. die langnaweek ● Kuier en verversings op die stoep
GEEN Aanddiens a.g.v. die langnaweek.

Ons stel altyd belang in al ons gemeentevriende se wel en wee. Laat weet asseblief die kerkkantoor of enige van die leraars van gebeure / ervarings / nuus / prestasies wat julle graag met ons as gemeentevriende sal wil deel, sodat ons kan meeleef.
Die vreugde en die hartseer kan deel!

Ons Dink Aan
Alicia Campher wie se moeder, Alida du Toit, vir 'n derde rugfisie in Faerie Glen Hospitaal opgeneem is.
Francina Bird wat ernstig op ’n roltrap beseer is. Sy sterk tans tuis aan.
Willie Oosthuizen wat in Zuid Afrikaanse Hospitaal opgeneem is met ’n rugbesering.
BELANGRIK
In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die leraars.
Gemeentevriende verjaar. Baie geluk!
Verjaarsdae Sondag, 2 Augustus: Jessica Smale en Carina Steenekamp.
Verjaarsdae res van die week: Saterdag 1 Augustus: Pieter du Toit, Kirstie Marx (née Immelman), Marius Jooné, Morné Olivier en Ian Zeeman. 3 Augustus: Petrus Dreyer en André du Plessis. 4 Augustus: Thomas van Tonder. 5 Augustus: Mari Jansen van Rensburg, Rikus Pretorius en Marlene Slabbert. 6 Augustus: DP du Plessis, Mia Maritz, Adriaan Nell en Suzanne Olivier. 7 Augustus: Willie de Jager en Lana van der Vegt.
Ek is Nuut

Nuwe intrekkers in ons gemeente – julle is so welkom! Dit is vir ons ’n voorreg om julle in ons midde te hê. Een van die leraars of ‘n kerkraadslid sal julle graag direk na die erediens by die Nagmaaltafel ontmoet. Kontak asseblief die kerkkantoor om julle inligting deur te gee.

BELANGRIK: Ons sal dit ook baie waardeer, indien gemeentelede die kantoor sal kontak om inligting aan te pas aan te vul of by te werk.
(Landlyn: 012 460 3913 / WhatsApp: 083 442 9557)
Voed Jou Gemoed

Bybelstudie: Woensdag, 5 Augustus om 09:00 saam met ds. Dewald in die kinderkamer.
Erediens: Huis Piek op Woensdag, 5 Augustus om 10:30.
Sitting in Each Other’s Silence 131: The Seam You Cannot See. Klik hier Dankie, François.
Weeklikse oordenking: ’n Lewe wat deur God gevorm word. Klik hier Dankie Pieter.
Huisgeloof: Tekens van Hoop. (Genesis 6:5 tot 7:1-1) Klik hier
Kinderbediening
Gemeente Geleenthede

WYN-EN KUNSAAND TERUGVOER
Vrydagaand, 24 Julie was weer eens ‘n hoogtepunt in ons kuierkalender.
Lidmaat Greta Kok deel die volgende op haar sosiale media:
Saronsberg is die nie-amptelike amptelike wyn van Waterkloofkerk. Nick en Mariëtte van Huyssteen, oud-lidmate en eienaars van Saronsberg hou die verbintenis lewendig. Vrydagaand het hulle die plaas na die stad gebring met die bekendstelling van hulle twee nuwe wyne, Grounded Chenin Blanc en Grounded Shiraz. Angus Taylor het met ons gepraat oor kuns en KI en hierdie wonderlike beeld. Kuns en wyn en lekker mense. Altyd ‘n wenresep.

‘n Spesiale groot dankie aan Wouter en Thea de Vos vir die organisasie en harde werk en ook aan Mandy Dewing van Saronsberg vir die koördinering van al die wyne en ook die proe-geleentheid. Dankie ook aan al die helpers, die sopmakers (julle is sterre!) en almal wat die geleentheid bygewoon het.



DONDERDAG-BURGERS 20 AUGUSTUS
Donderdag 20 Augustus is weer BURGERDAG. Bestel gerus Watertand Waterkloof Hamburgers vir jou familie en / of besigheid. Hierdie bederf sal jou familie en personeel en help om die naweek te haal.

Oplaaityd: Donderdag, 20 Augustus van 09:00 tot 13:00.
WhatsApp jou bestelling teen Dinsdag, 18 Augustus na 083 442 9557.
VROLIKE VRYDAG MET MUSIEK - 21 AUGUSTUS
Ons lekker-kuier musiekaand is om die draai! Ons eie, begaafde ‘in-huis’ musikant, Johan du Preez en oud-koshuis-vrinne (ook bekend as die Klubhuis Band ) het ons al op vorige Vrolike Vrydae vermaak tot laataand toe! 🎉
Hulle oefen reeds hard aan hulle repertoire! Die wat dit al bygewoon het, weet dat ‘n mens dit nie mag en wil misloop nie. Dit is al tradisioneel die voorloper vir ons Gemeentefees / Kermis. So slyp solank julle tande en trek die dansskoene aan vir die geleentheid. Ons sal binnekort meer besonderhede oor die tema e.a. beskikbaar maak!

GEMEENTEFEES / KERMIS - 29 AUGUSTUS
Augstusmaand is BESIG by Waterkloofkerk -dis ‘n baie lekker ‘besig’ vir groot en klein. Ons Gemeentefees is dié funksie van die jaar waarna almal uitsien en met die Vrolike Vrydag-musiekaand wat ons reeds die litte laat losmaak het, is ons reg vir die heerlike saamkuier! Soos altyd by ons funksie MOET daar pannekoek, ‘n volgelaaide DELI, koeke, poedings, ‘n wyntafel, ens. wees. Hierdie jaar daag ons gesoute helpers, jonger groepe, ons nuwe intrekkers, ja sommer almal uit om ‘n handjie te kom bysit en selfs met nuwe idees vorendag te kom, sodat ons van die jaar se fees ‘n reuse sukses kan maak!

Skakel gerus die kerkkantoor (012 460 3913) of WhatsApp (083 442 9557), indien jy wil deelneem of enige voorstelle het. Hoe meer siele, hoe meer vreugde!
GEMEENTEKAMP (9-11 OKTOBER)
Oktober klink die verre toekoms in - dit is nie! As ons ons oë uitvee is dit tyd vir ons lekker wegbreek die bosveld in. So, bespreek maar vroegtydig. Die Bespreking-skakel is duidelik in rooi aan die onderkant van die plakkaat.

Besprekings | Aktiwiteite |Verblyfopsies | Klein Kariba
Voetspore

LESEDIKOOR
Ons het Sondag 26 Julie, die voorreg gehad om tydens die erediens na die Lesedi Laerskoolkoor, onder begeleiding van Betsie Schaap, te luister. Ná afloop van die erediens is die gemeente verder op die gemeentestoep met 'n pragtige konsert bederf. Dit was 'n besonderse oggend wat nog lank onthou sal word.
Ons wens vir Betsie en die koor alle sterkte toe met hul deelname aan die Applous-finaal in Kaapstad hierdie naweek. Ons vertrou dat dit vir hulle 'n wonderlike ervaring sal wees en hou hulle in ons gebede.

PEN - WINTERHOOP
GEE HOOP / GEE WARMTE

Baie dankie aan almal wat die Winterhoop-trollie tot dusver so ruimskoots “gevoer” het. Dit het reeds die nood van vele behoeftiges verlig!
Die koue kloue van die Winter gryp nou met mening vas. Daarom neem ons die vrymoedigheid om die WinterHoop-trollie by die ingang van die kerk “geparkeer” te hou vir ingeval daar nog donasies is.
WinterHoop is ’n gemeenskapsuitreik-inisiatief wat daarop gemik is om kwesbare en hawelose mense gedurende die wintermaande te ondersteun. Deur middel van hierdie veldtog word noodsaaklike winterbenodigdhede soos komberse, slaapsakke, warm klere, kospakkies en higiënepakkies ingesamel en versprei. Daar word ook bewusmaking rondom haweloosheid geskep, en waar moontlik word mense in nood met gespesialiseerde ondersteuningsdienste verbind.
Die inisiatief bring kerke, besighede, skole en gemeenskapslede saam om ’n betekenisvolle verskil te maak in die lewens van mense wat gedurende die koue wintermaande swaarkry.
Indien u graag wil bydra, kan u enige van die genoemde items in die WinterHoop-trollie plaas. Elke kombers, elke kledingstuk en elke kospakkie bring nie net fisiese warmte nie, maar ook hoop en menswaardigheid aan iemand wat dit broodnodig het.
Items benodig. (Klik hier)
Sinodenuus

NOORDELIKE SINODE KOMMUNIKASIE
Ons deel graag die nuusbrief van die Noordelike Sinode die "Verskil".Klik hier
Gemeente Besonderhede

KONTAKBESONDERHEDE
Leraars
Ds. Bernice Serfontein * E-pos: [email protected] / Sel: 083 417 5133
Ds. Dewald Roux * E-pos: [email protected] / Sel: 072 755 7817
Kantoorpersoneel

Maryke Meter * E-pos: [email protected]
Hannatjie Venter * E-pos: [email protected]
Jabu Mtau * Koster: 064 700 7004
Kontak Ons
Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557
BELANGRIK
Stoor dié nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang
Landlyn: 012 460 3913
Adres: Deystraat 353, Nieuw Muckleneuk.
(Oorkant Anton van Wouw Laerskool)
Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075
GPS – KOöRDINATE:
Lat. -25º 46 31.95
Decimal: -25.775542211330446
Long. 28º 13 55.45
Decimal: 28.232068419456482

