NGK Waterkloof

GEMEENTEBRIEF 30 OKTOBER-6 NOVEMBER 2026

October 30, 2026•14 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

GEMEENTEBRIEF 30 OKTOBER - 6 NOVEMBER 2026

Koper ligte 150

Gedagte Van Die Week

GEDAGTE

Liewe gemeentevriend,

Moenie weens sinisme nié jou kruisies trek nie

Hoe is dit dan nou dat ek my voor die algemene verkiesing volgende Woensdag so sinies verlustig in die verkiesingsbeloftes van die verskillende politieke partye? Met die duidelike indruk: Stem vir die party wat die minste beloof. Só sal jy agterna die minste teleurgesteld wees.

Holtrom en groot kabaal - soos die digter Hein Viljoen verwys na leë blikke en balies wat die grootste geraas maak - is maar ons voorland in 'n verkiesing. Jy moet dit duld met 'n soort selfbeskermende doofheid.

Sulke sinisme is 'n handbreedte weg van lustelose apatie, soos die Italiaanse skrywer Italo Calvino dit aantoon in sy Die onsigbare stede: 'n Stad se inwoners het opgeklim na platforms wat op dun, hoë stelte rus. Daar woon hulle en kyk met vergrootglase en verkykers af na die wêreld soos dit was toe hulle dit liefgehad het. Hulle ondersoek dit sonder ophou, blaartjie vir blaartjie, klippie vir klippie, miertjie vir miertjie... Hulle is verwonderd oor hul eie afwesigheid, maar keer nie terug nie...

Gedagte 350

Dié soort apatie is gevaarlik. Want dit kom neer op onttrekking en selfvertroeteling op eilandjies van geluksaligheid, vergesel van 'n bejammerende nostalgie oor die 'goeie dae' van reg, orde, voorregte en welvaart en 'n soort verlustiging in alles wat skeefloop: "Ons het julle mos gesé!"

Maar ons land is in die moeilikheid. Nuwe idees is nodig wat sal toelaat dat die bont versameling mense wat ons is, werklik demokraties kan saamleef. Om waar te maak wat die Franse skrywer Victor Hugo gesê het: "Daar is een ding sterker as al die leërs van die wêreld - en dit is 'n idee waarvan die tyd gekom het. 'n Algemene verkiesing hou dié moontlikheid in.

Juis nou moet jy jou sinisme opskort en jou stem uitbring, want die stemdaad hét 'n ruimer betekenis as "dit is tog net een stem wat geen verskil gaan maak nie." In die woorde van Winston Churchill: "At the bottom of all the tributes paid to democracy is the little man, walking into the little booth, with a little pencil, making a little cross on a little bit of paper - no amount of rhetoric or voluminous discussion can possibly diminish the overwhelming importance of the point."

Wat sê: In dié oënskynlik geringe daad word alle kiesers gelyk - die welsprekende politikus soos die vernuftige sakeman soos die sorgsame moeder soos die nadenkende intellektueel soos die hardwerkende arbeider soos die dapper konstabel soos die stowwerige skaapwagter soos die eersteling-kieser.

Wat ook al aantoonbaar fout is, wat ook al die bestaande skrikwekkende ongelykhede, is die reg om te stem 'n gelykheid wat aan elke burger van die land intrinsieke waarde en morele tersaaklikheid verleen. En wat jou 'n plekbewussyn gee: Dit is ook my land. Die tyd is (oor)ryp vir 'n ingrypende politieke herskikking.

-Wilhelm Jordaan, 22 Mei, 2024. Netwerk24.

WOENSDAG, 4 NOVEMBER – STEMDAG!

Woensdag, 4 November, is ’n belangrike dag vir elke Suid-Afrikaner – dis STEMDAG!

Jou stem maak saak! Kom ons neem dus verantwoordelikheid en maak seker dat ons ons stemreg gebruik. Indien enige van ons lidmate sukkel om by ’n stemlokaal uit te kom, kontak gerus vir ds. Bernice of ds. Francois. Ons help graag om die nodige reëlings te tref.

STEM 280
Moenie ‘stom staan nie’ – gaan stem!

Erediens Inligting

EREDIENS

SONDAG 1 NOVEMBER

DANKFEES

09:00: Erediens in kerkgebou o.l.v. ds. Dewald. Oorvloedige dankbaarheid.

Musiek: Paul Ferreira.

Kinderbediening tydens die erediens ●Kuier en spesiale Dankfees verversings op die stoep.

GEEN Aanddiens a.g.v. die eksamen.

Ds. Bernice bevestig Saterdag, 31 Oktober ’n huwelik in die Moederkerk in Stellenbosch.

Ds. Dewald is met verlof vanaf Maandag, 5 November tot Vrydag, 9 November.

SPESIALE DANKOFFER-MAANDE

Jakarandas bloei, Pretoria is pers en ons as gemeente kyk met dankbaarheid terug na die jaar wat byna verby is.

jAKARANDABOME350

Klik die skakel vir ons jaarlikse Dankmaandskrywe. (Klik hier)

SONDAG 8 NOVEMBER

09:00: Erediens in kerkgebou o.l.v. ds. Francois Smit.

Musiek: Paul Ferreira.

Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.

GEEN aanddiens a.g.v die eksamen.

Gemeente Geleenthede

Gemeentegeleenthede

HERVORMINGSONDAG EN EENWORDINGSFEES

Die byna dekade lange gesprek oor samewerking en/of eenwording tussen Groenkloof en Waterkloof het op 25 Oktober 2026 formeel gestalte gekry toe Groenkloof gemeente by Waterkloofkerk ingelyf is. Die Waterkloof-Groenkloof-verhaal word só treffend in Groenkloof se afskeidsbundeltjie beskryf: In 1957 het Waterkloof as ’n selfstandige gemeente van Groenkloof afgestig. Byna sewentig jaar later maak die dogter nou plek vir die moeder – en saam gaan hulle hande vat en ’n opwindende, nuwe hoofstuk aanpak!

vir oulaas 500
vir oulaas...

Daarom was 25 Oktober’n besondere geleentheid vir die nuwe Waterkloofkerk; ’n geskiedkundige dag wat opgeteken en vir die nageslag bewaar sal word.

Vanaf 2024 is daar heelwat stappe deurgetrap, voordat ons uiteindelik dié drumpeldag kon bereik. Die laaste, was die stapgeselskap wat vanuit Van Wouwstraat (Groenkloof) deur Waterkloof se kerksraadslede ingewag is. Saam het hulle die tog tot by Deystraat (Waterkloof) aangepak.

ontmoet mekaar 500
Waterkloof loop Groenkloof tegemoet

Dit was omtrent ’n gesig! Die pers jakarandas in volle blom het die straat in ’n besondere mooi agtergrond vir hierdie simboliese stap omskep – hoe gepas om ons nuwe seisoen só in te lei!

deystraat groep450

Ds. Francois Smit het die verloop van die dag só beleef:

Sola Gratia – ’n Nuwe begin vir Waterkloofkerk

Hervormingsondag is vir my altyd een van die hoogtepunte van ons kerklike jaar. Ja, ek weet, daar is natuurlik Advent, Kersfees, Lydenstyd, Paasfees en Pinkster. Maar om een of ander rede voel Hervormingsondag vir my soos een van daardie laaste handvatsels waaraan ’n mens kan vashou voordat die jaar uiteindelik tot ’n einde kom.

Miskien is dit omdat Hervormingsondag my elke jaar weer herinner aan die hart van die evangelie. Ons praat die hele jaar oor Jesus – wie Hy is, waar Hy vandaan kom, wat Hy gedoen het en wat dit alles vir ons beteken. Maar op Hervormingsondag kom dit amper alles bymekaar in twee eenvoudige woorde: Sola Gratia. Genade alleen.

Ons dink natuurlik terug aan Martin Luther en sy 95 stellings wat hy, volgens oorlewering, aan die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker het. Ten diepste gaan dit oor hierdie wonderlike waarheid: God is aan ons kant. Nie omdat ons so goed is nie. Nie omdat ons altyd alles reg doen nie. Maar doodeenvoudig omdat Hy ons genadiglik liefhet, net soos ons is.

Hierdie jaar was Hervormingsondag egter vir my besonder spesiaal. Want hierdie jaar het Groenkloof en Waterkloof uiteindelik een geword! En as ek terugdink aan die lang pad wat ons gestap het om hier uit te kom, wil ek sommer weer uitroep: Sola Gratia! Genade alleen het ons uiteindelik bymekaargebring. Ja, dit was soms ’n moeisame pad. Ja, daar was onsekerheid, vrae en tye waarin ons nie mooi geweet het hoe alles sou uitwerk nie. Maar hier is ons nou. Een gemeente.

Ds. FRANCOIS STEEK KERS AAN450
Ds. Francois steek die 'Eenwordingskers' aan

Oom Antonie 450
Oom Antonie Gildenhuys, steek die Christuskers aan. Hy was in die laat 1950's op die eerste Kerkraad van Waterkloofkerk na die afstiging van Groenkloof.

En hoe besonders was dit nie om juis op hierdie Hervormingsondag saam nagmaal te kon vier nie! Prof. Malan Nel het ons op ’n aangrypende manier herinner dat daar rondom die nagmaalstafel eintlik nie plek vir verdeeldheid is nie. Want aan hierdie tafel is ons almal maar net gebreekte mense – soos druiwe wat gepars word en koringkorrels wat fyngemaal word, om - soos Christus self - een Brood, een Beker, een Liggaam te wees. ’n Liggaam wat gebreek word, nie net vir mekaar nie, maar ook ter wille van die wêreld. Dit is immers waarom ons kerk van Jesus Christus is.

eerste nagmaal as een gemeente 550
Ons eerste Nagmaal saam as die nuwe Waterkloofkerk

Ek het ook Sondag beleef hoe iets besig is om te verander. Ons is nie meer die ou Waterkloof nie. Ons is ook nie meer die ou Groenkloof nie. Iets nuuts is besig om onder ons gebore te word.Ons weet nog nie presies hoe alles gaan lyk nie. Ons het beslis nog nie al die antwoorde nie. Maar ons kyk met verwagting vorentoe, nuuskierig en opgewonde oor wat die Here in en deur Waterkloofkerk in hierdie wêreld gaan doen.

Eenwordingskoek 500
Die 'Eenwordingskoek' word gesny ...

ons vier fees 550
... en so vier ons die geskiedkundige oomblik!

ONS JAARLIKSE WYNVEILING

Ons spoggeleentheid, die jaarlikse wynveiling in samewerking met die Agter-Paarl-gemeente, vind vanjaar op ’n SATERDAGAAND by die Pretoria Buiteklub plaas. Sit solank 28 November ‘OP YS’ en skud die vere reg vir ’n genotvolle aand saam met vriende – heerlike kos, goeie wyn en hope pret!

Wynveiling 400

BESPREEK NOU REEDS JOU PLEK

Die kaartjieprys sluit in:
Verwelkomingsdrankie
Driegangmaaltyd
Tafelwyne & kelnerfooie

SAAM MAAK ONS ’N VERSKIL

Die opbrengs van hierdie jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid word aangewend ter ondersteuning van die bedieninge van die onderskeie gemeentes.

Kinders, Jeug en Familie

Kinders Jeug 800

Die afgelope Sondag, gedurende die Kinderdiens, het al die kindertjies tou gestaan om so hulle merk te maak op dié besondere dag. Hulle het rondgetrippel om die verf aan hulle handjies gerol te kry. Die juffrouens moes behoorlik bontstaan om te help dat die 'kunswerk' nie tydens die drukproses beskadig word nie. Almal was hoogs tevrede met die eindproduk. Dié gaan verseker 'n ereplek in die Kinderkamer kry.

Kinderhandjies
Kinderbediening 'kunswerk'

AANDDIENS-AFSLUITING EN GR. 6 ROETEMERKER

Tydens die aanddiens-afsluiting (Sondag, 25 Oktober) het ons ons Graad 6-lidmate en hulle families by die laaste aanddiens van 2026, verwelkom. Die toekomstige Graad 7-groep het amptelik deel van Waterkloof se Tienerbediening geword. Ons is opgewonde om tydens die aanddienste saam met julle op 'n geloofsreis te wees. Dit was 'n voorreg om hierdie besondere roetemerker saam met julle en julle families te vier! Tydens die erediens het ons na die gemeentestoep beweeg, waar ons op 'n unieke wyse die Nagmaal as 'n ete saam gevier het. Baie dankie aan almal wat vanjaar so getrou die aanddienste bygewoon het.

Graad 6 lidmate 450
Graad 6-lidmate: Noah Hugo, Eduard le Roux, Roland Steenkamp, Saskia Hager en Millie Kriek

Aandnagmaal 400
Nagmaal - saam eet om die tafels

Aandnagmaal 2 500

AandnagmaalCollage1 500

Ons Gee Om

Ons gee om

Ons stel áltyd belang in al ons gemeente-vriende se wel en wee. Laat weet asseblief die kerkkantoor of enige van die leraars van gebeure / ervarings / nuus wat julle graag met ons as gemeente-vriende sal wil deel, sodat ons kan meeleef – die vreugde en die hartseer kan deel!

gee om 500

Ons Dink Aan

Sebastina Redelinghuijs wat 'n rugoperasie ondergaan het en tans tuis aansterk.

Riana Stals wat tans gordelroos onder lede het.

Zahndrie en Vernon Harms wie se seuntjie Michael, prematuur gebore is. Hy moes reeds ’n operasie ondergaan en is steeds in ICU. Ons dink aan julle almal en bid vir klein Michael.

BELANGRIK: In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die leraars.

Gemeentevriende verjaar! Veels Geluk!

VERJAARSDAGKOEK 200

Verjaarsdae op Sondag, 1 November: Jan Greyling (jr.), Ilse Kok, Uldine Marais, Casanra Saayman, Gert Slabbert en Lizette Wessels.

Verjaarsdae vir die res van die week: 2 November: Lelani Claassen, Corné van Eck en Eran Wienand. 3 November: Coen Bekker, Ben-Frederick Burger, Dinah Nel, Ulli Reyneke en Lizanne Roux. 4 November: Aiden de Wet, Johann du Toit en Jacques Kellerman. 6 November: James de Smidt, Sean Warren en Danie Wienand.

Onlangse Huweliksbevestigings – Ons is saam met julle opgewonde!

Reinardt Zitzke & Jané Henning is op 17 Oktober getroud, en Ian Lane & Andenè Horsman het op 24 Oktober eweneens hul lewens aan mekaar verbind.

Zitzkes 350
Reinhardt & Jané Zitzke

Ian en Andene lANE 350
Ian & Andenè Lane

Baie geluk aan albei paartjies! Mag julle die Here se nabyheid elke dag in julle huwelike ervaar en mag Hy julle saam op die pad vorentoe lei. Ons wens julle ’n geseënde huwelikslewe toe, vol liefde, vreugde en mooi herinneringe, terwyl julle hierdie nuwe hoofstuk van julle lewens saam aanpak.

Ek is Nuut

Ek is nuut

Nuwe intrekkers in ons gemeente – julle is so welkom! Dit is vir ons ’n voorreg om julle in ons midde te hê. Een van die leraars of ‘n kerkraadslid sal julle graag direk na die erediens by die Nagmaaltafel ontmoet. Kontak asseblief die kerkkantoor om julle inligting deur te gee.

welkom500

BELANGRIK: Ons sal dit ook baie waardeer, indien gemeentelede die kantoor sal kontak om inligting aan te pas aan te vul of by te werk. (Landlyn: 012 460 3913 / WhatsApp: 083 442 9557)

Voed Jou Gemoed

Voed jou gEMOED

GEEN Bybelstudie a.g.v. Stemdag.

GEEN Erediens by Huis Piek a.g.v. Stemdag.

Sit in Mekaar se Stilte 228 - Die Kuns van Teenwoordig wees 1: Wees Net Hier. Dankie, François. (Klik hier)

Weeklikse oordenking: Hoe aanbid ons in 'n kapel vol doodsbeendere? Dankie, Pieter. (Klik hier)

Huisgeloof: Habakuk 3:17-19 (Klik hier)

Gemeente en Gemeenskapsnuus

GEMEENTE EN GEMEENSKAP

LAERSKOOL ANTON VAN WOUW - KERSSANGDIENS

Laerskool Anton van Wouw se Kerssangdiens beloof om ‘n besondere aand te wees, nie net omdat hulle kore uitsonderlik is nie, maar ook omdat die suiwer, jongmensstemme(tjies) en ‘engelgesiggies’ ‘n mens kan wegvoer na ver plekke!

AVW KERSSANGDIENS 400

Hierdie geleentheid is sommer ook die voorloper

vir ons eie gemeente, WATERKLOOFKERK se

Kerssangdiens op 29 November.

CMA SE JAARLIKSE GALA-EN BEURSKONSERT

Liewe Musiekvriend(e),

Kom vier saam met ons en beleef ’n inspirerende viering van musiek, talent en nuwe geleenthede – en ontdek watter wonderlike verskil ons kan maak deur in die volgende geslag musikante te belê!

cma beurskonsert450

Wanneer: Dinsdagaand, 3 November.

Tyd: 19:00

Waar: Musaion, Universiteit van Pretoria.

Aankoop van kaartjies: webtuiste (capitalmusic.org) OF Klik hier vir besprekings.

Dit sal vir ons 'n voorreg wees om na afloop van die die konsert saam met julle rondom ligte eetgoed en ’n glas wyn (of twee) te kuier. Hoop ons sien julle daar!

Blignault Gouws (Voorsitter: Bestuursraad en jarelange lidmaat in ons gemeente)

ONS ORREL IS TANS SONDER GORREL

Uitgebreide herstelwerk aan die orrel is tans aan die gang. Ongeveer 1038 pype, pypies, houtjies ens. lê in netjiese hopies gepak, sodat dit later stuk-vir-stuk aanmekaar gesit kan word –’n monsteragtige taak – maar wel die moeite werd, sodat ons weer die suiwerste klanke kan aanhoor!

0RRELSTUKKE1450

ORRELLSTUKKE2 450

Orrelstukke3 450

Vir tyd en wyl gaan die erediensruimte gevul word met vars klavierklanke. Dit orrel behoort teen einde November van die 'krukkelys' af te wees.

KERSLIEDERE BY KERSLIG - VAN WOUWSTRAAT, GROENKLOOF

KERSLIEDERE BY KERSLIG 550

UNIVERSITEITSOORD

Inskrywings vir NG Universiteitsoord se Eerstejaarskamp 2027 maak op 1 Oktober oop.

Universiteitsoord deel graag hulle opgewondenheid met gemeentes regoor die land oor die eerstejaarskamp, omdat hulle glo elke eerstejaar wat Pretoria toe kom, hierdie kamp moet ervaar!

Die Eerstejaarskamp is nie net ’n plek waar nuwe vriendskappe gevorm word nie, maar waar jy ook onvergeetlike herinneringe gaan maak en mede-eerstejaars ontmoet wat saam met jou hierdie nuwe hoofstuk van jou lewe gaan aanpak. (Klik hier)

Universiteitsoord 500

Ons Voetspore In Die Gemeenskap

Voetspore

RE GAE KLEUTERSKOOL

Michelle van Biljon, ’n maatskaplike werker, het Saterdag 24 Oktober ’n Trauma-Informed Classroom Training werkswinkel vir die onderwysers van Re Gae op ons terrein aangebied.

RE GAE 600

Michelle skryf:

“As voormalige skoolmaatskaplike werker lê hierdie werk my baie na aan die hart. Ek het eerstehands gesien hoe TRAUMA, kinders se leer beïnvloed, asook hoe onderwysers dikwels sonder voldoende ondersteuning probeer om ’n verskil te maak.

Daarom is dit my passie om opvoeders toe te rus met praktiese en bekostigbare hulpmiddels wat hulle help om emosioneel-veilige klaskamers te skep en uitbranding te voorkom.

Elke onderwyser wat bemagtig word, het die potensiaal om ’n kind se lewe te raak en ten goede te verander. Saam kan ons ruimtes skep waar kinders én opvoeders kan groei, herstel en floreer.”

JAN NIEMANDPARK

'n Bietjie meel, 'n groot verskil

Ons het die geleentheid om vanjaar by NG Kerk Jan Niemandpark se Kersprojek betrokke te raak. Groenkloof-gemeente is al vir baie jare verbind aan Jan Niemandpark en nou het Waterkloofkerk die voorreg om hierdie verhouding te verdiep.

BESTANDDELE 290

Jan Niemandpark gemeente bedien in 'n behoeftige omgewing met ernstige sosiale en maatskaplike uitdagings. Die gemeente bak elke jaar tydens die Jakaranda Kinderhuis se Liggiefees pannekoek om hulle gemeenskap volhoubaar te bly bedien.

Daar is tans 'n groot behoefte aan die volgende bestanddele – meel, olie en suiker. Enige donasies kan gerus by die kerkkantoor afgelaai word of indien jy liewer 'n finansiële bydrae wil maak, kan dit in die kerk se bankrekening inbetaal word. Merk duidelik verwysing: Jan Niemandpark liggiefees. Ons sal seker maak dat die donasies die korrekte bestemming bereik.

Sinodenuus

SINODE

NOORDELIKE SINODE KOMMUNIKASIE

Ons deel graag die nuusbrief van die Noordelike Sinode die Verskil. (Klik hier)

Gemeente Besonderhede

Gemeentebesonderhede

KONTAKBESONDERHEDE

Leraars

Ds. Bernice Serfontein * E-pos: [email protected] / Sel: 083 417 5133

Ds. Francois Smit *E-pos: [email protected] / Sel: 060 991 6946

Ds. Dewald Roux * E-pos: [email protected] / Sel: 072 755 7817

Ds. Harm Kelderman (Tentmaker) *E-pos: [email protected]

Kantoorpersoneel

Maryke Meter * E-pos: [email protected]

Hannatjie Venter * E-pos: [email protected]

Jabu Mtau * Koster- Deystraat. Sel: 064 700 7004

Ds. Harm Kelderman * Koster - Van Wouwstraat.

E-pos: [email protected] / Sel: 084 584 5298

Kontak Ons

Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557

BELANGRIK: Stoor dié nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang.

Landlyn: 012 460 3913

Adres: Deystraat 353, Nieuw Muckleneuk.

(Oorkant Anton van Wouw Laerskool)

Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075

Bankbesonderhede: NG Kerk Waterkloof

ABSA

Rekeningnommer: 1500580077

Verwysing: Voorletter, Van, Geleentheid

GPS – KOöRDINATE:

Breedtegraad (Lat.) -25º 46 31.95

Breedtegraad in desimale formaat: -25.775542211330446

Lengtegraad. 28º 13 55.45

Lengtegraad in desimale formaat: 28.232068419456482

kaart 800

Kerk skets500

Back to Blog