
GEMEENTEBRIEF 30 MEI-5 JUNIE 202
GEMEENTEBRIEF 30 MEI - 5 JUNIE 2026


Liewe gemeentevriend,
Gedagte vir die Week
Pous Leo XIV vra dat die sorg vir mense in die hart van tegnologiese verandering geplaas word.
Die gehalte van ‘n beskawing word nie gemeet aan die mag van hulle middele nie, maar aan die sorg wat hulle kan verskaf, die vermoë om die ander as ’n gesig en nie net as ’n funksie te herken nie “as a face not merely as a function”. Só sê Pous Leo XIV in ’n ensikliek getiteld MAGNIFICA HUMANITAS wat Maandag tydens ’n bekendstellingsgeleentheid wye internasionale media-dekking geniet het.
Die kerkleier het in die wydlopende pouslike sendbrief onder andere die woorde van Romano Guardini (meer as ’n eeu gelede gespreek) aangehaal en geskryf: “Contemporary man has not been trained to use power well.” Die skrywe bied ‘n in diepte-kyk na kunsmatige intelligensie (KI) en die mensdom vanuit ‘n Christelike perspektief.
Oor die aard van kunsmatige intelligensie skryf Pous Leo:
“So-called artificial intelligences do not undergo experiences, do not possess a body, do not feel joy or pain, do not mature through relationships and do not know from within what love, work, friendship or responsibility mean. Nor do they have a moral conscience, since they do not judge good and evil, grasp the ultimate meaning of situations, or bear responsibility for consequences.”

In paragraaf 52 benoem Pous Leo die eksistensiële vorm van menswaardigheid as ’n geskenk van God:
“There is also the more profound and important level of ontological dignity. This is the dignity that belongs to every human being simply by virtue of existing, of having been willed, created and loved by God. No sin, failure, humiliation or exclusion can diminish the profound value of a human life that God has willed and called into being.”
In paragraaf 120 verdedig Pous Leo die “beautifully messy reality of life” teenoor die steriele beloftes van digitale optimalisering.
“Even when limitations are experienced as inner suffering, human wisdom teaches us not to deny or suppress it, but to integrate it. To eliminate suffering entirely would mean, in the end, extinguishing love and desire as well. Those who love and desire cannot avoid passing through trial and suffering; and over the years, we carry within us lessons that leave their mark like scars, the memories of a journey shaped by freedom and failure, dreams and disappointments. It is only thanks to the interplay of these elements that the wonders of the soul occur within us, allowing us to sense the richness of our humanity. To renounce this adventure, both tragic and splendid, in the name of a presumed transcendence of all limits, could mean many things, but it would no longer be human.”
Hy sluit in paragraaf 128 af:
“For an algorithm, an error is a flaw to be corrected; for a person, however, an error can be a catalyst for profound change. A person’s future is not calculable, but depends on one’s freedom — elevated by the inexhaustible grace of God — and on the relationships cultivated.”
In paragraaf 185 kontrasteer Pous Leo die luidrugtige, aggressiewe wedloop om oorheersing met die stille, brose maniere waarop mense werklik sáám vrede bou:
“Moreover, there seems to be no limit to the race — driven by a dehumanizing ambition — to develop evermore powerful technologies or to secure control over them. Yet, despite this downward spiral, we can also glimpse a great part of humanity that is striving to remain human and working to build the holy city of coexistence and peace. All too often, we are unwitting builders and clumsy architects of this city, capable of generous gestures but lacking an overall vision. This building project is slower, less visible and less spectacular, and awaits a better understanding and greater coordination so that it may become the conscious and clear responsibility of every community, from families to States, and the relations between Nations. It is this prospect of commitment, this construction site of hope, that we call the “civilization of love.”
Laastens, werp Pous Leo in paragraaf 220 ’n sagte, deernisvolle blik op wat dit werklik beteken om ons naaste lief te hê:
“Indeed, dialogue is an ordinary part of human life and does not only concern relations between States. It involves acquiring an attitude that seeks to forge bonds of fraternity built on listening, an open demeanor, making time for each other and even wasting time together. For if we experience authentic encounters with others, with those who are different, strangers and migrants, it becomes much more difficult even to imagine war.”
Lees meer by www.vaticannews.va: Pope Leo’s ‘Magnifica humanitas’: AI must serve humanity not concentrate power. Skakel
KOMMUNIKASIE NUUSFLITS
Ons is tans besig om ons kommunikasiekanale te verbeter. Hou julle e-pos en
SMS-boodskappe dop vir die nuutste gemeentenuus, aangesien ons
nie gereelde WhatsApp-boodskappe kan uitstuur nie.
Erediens Inligting

SONDAG 31 MEI 2026
09:00: Erediens in die kerkgebou o.l.v. ds. Bernice. Weet en Wees. Tydens die erediens word die doop aan Shane en Lucinda Elliot se seuntjie Noah Finn bedien. Hulle kom al die pad van Bentonville, Amerika om saam met Ouma Gerda Groenewald (Lucinda se mammie) die doop te vier.

Musiek: Betsie Schaap.
Die SENIORKOOR VAN LAERSKOOL ANTON VAN WOUW tree ook tydens die oggenderediens onder die bekwame leiding van Vaughan van Zyl en Betsie Schaap as begeleier in ons erediensruimte op. Ons sien uit om na hulle te luister.

Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.
BELANGRIK: Die Graad 7's vorm hierdie Sondag tydens die Kinderbediening ’n aparte groep, sodat die groepe, die koorlede gemaklik kan insluit.
18:00: Aanddiens afsluiting in die kerkgebou o.l.v. ds. Dewald. 'n Unieke taal.
Tiener- en Verbintenisgroepe na afloop van die erediens. Koffie-kuier op die stoep.
BELANGRIK: Anders as in die almanak aangedui is daar vanaf 7 Junie tot 19 Julie nie meer aanddienste nie a.g.v die wintereksamen en skoolvakansie. Die aanddienste met Tiener- en Verbintenisgroepe hervat weer op Sondag 26 Julie.
SONDAG 7 JUNIE 2026
09:00: Erediens met Nagmaal in die kerkgebou o.l.v. ds. Dewald.
Musiek: Betsie Schaap
Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.
18:00: Geen erediens a.g.v die eksamen.

Ons stel altyd belang in al ons gemeentevriende se wel en wee. Laat weet asseblief die kerkkantoor of enige van die leraars van gebeure/ervarings/nuus wat julle graag met ons as gemeentevriende sal wil deel, sodat ons kan meeleef – die vreugde en die hartseer kan deel!

Ons Dink Aan
Erna Louw wat tans in hoësorg is.
Nicola Symington wat Woensdag, 3 Junie ’n skouerprosedure ondergaan.
Stefan en Marietjie Nell wie se een kleindogter, Klara op 7 Junie ‘n groot operasie ondergaan.
BELANGRIK
In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die leraars.
Gemeentevriende verjaar. Geluk!

Sondag 31 Mei: Johan Reyneke.
Verjaarsdae res van die week: Saterdag 30 Mei: Philip du Toit. 1 Junie: Johan du Preez. 4 Junie: Liam Burger, James Cousins, Monique de Wet en Josua Meyer. 5 Junie: Schalk Kok, Hanro Kriel en Rosemary Pretorius.
Ek is Nuut

Nuwe intrekkers in ons gemeente – julle is so welkom! Dit is vir ons ’n voorreg om julle in ons midde te hê. Een van die leraars of ‘n kerkraadslid sal julle graag direk na die erediens by die Nagmaaltafel ontmoet. Kontak asseblief die kerkkantoor om julle inligting deur te gee.

BELANGRIK: Ons sal dit ook baie waardeer, indien gemeentelede die kantoor sal kontak om inligting aan te pas aan te vul of by te werk. (Landlyn: 012 460 3913 / WhatsApp: 083 442 9557)
Voed Jou Gemoed

Bybelstudie: Woensdag, 3 Junie om 09:00 kuier ons weer saam met ds. Dewald in die kinderkamer.
Erediens: Woensdag, 3 Mei om 10:30 by Huis Piek.
Sit in Mekaar se Stilte 211: Aangevuur. Dankie, François. (Klik hier)
Weeklikse oordenking: Brood, genoeg vir vandag (9). Dankie, ds. Pieter.(Klik hier)
Huisgeloof: God skep en bring lewe in die chaos.(Klik hier)
Kinderbediening
Gemeente Geleenthede

KWARTAALGESPREK – DONDERDAGAAND 25 JUNIE @ 18:00

GEMEENTEKAMP (9-11 OKTOBER)
Die gemeentekamp is regtig ’n realiteit. Wouter de Vos is kliphard besig met al die nodige reëlings. 9 – 11 OKTOBER verf ons Klein-Kariba rooi! Skryf die datum teen jou muur, op jou almanak – waarookal jy wil. Onthou dit net, boek dit uit op julle besige skedules en maak seker dat jy vroegtydig bespreek! Julle kan reeds verblyf vir die naweek bespreek.
Kontak vir Micala Mountjoy (Koördineerder van Klein Kariba) by [email protected] om te help met die bespreking. Dui aan dat julle deel is van die NG Kerk Waterkloof-groep en hou die volgende inligting sommer byderhand vir die bespreking:
Volle naam en van
ID-nommer
Aantal volwassenes en kinders (onder 12 jaar)
Selfoonnommer
Alternatiewe selfoonnommer
Woonadres
Datums wat jy wil bespreek
Klik dié skakel vir inligting rakende die verskillende verblyfopsies en kostes daaraan verbonde.
Hier is ook ’n skakel, indien julle meer oor Klein Kariba, die oord self, die omgewing en die verskeidenheid aktiwiteite te wete wil kom. Skakel: Klein Kariba
Gemeente en Gemeenskapsnuus

EUGENE MARAIS NATUURPPARK
Eugene Marais Natuurpark in Groenkloof, Pretoria, is ’n rustige klein natuur-juweeltjie met oorspronklike inheemse plantegroei. Dit skep ’n natuurlike ongereptheid wat ’n verskeidenheid voëls, vlinders, vlermuise en ystervarkies lok. 'n Kort sirkelpaadjie kronkel deur die bosagtige terrein, wat besoekers toelaat om die natuur rustig te verken, die verskeidenheid inheemse bome – Witstinkhout, Haakdoring, Bergkaree, Wildepeer en nog meer te bekyk en sommer net ontsnap van die stadsgewoel – dit is ’n ideale plek vir refleksie en natuurfotografie en ook ’n geleentheid om julle honde aan leibande ’n bietjie te laat snuffel en oefening te gee. Die park is die laaste Sondag van elke maand van 08:00 tot 16:00 oop vir besoekers en toegang is gratis.

VERF VAN GEBOUE OP DIE TERREIN
Die gedugte span verwers onder die bekwame leiding (‘lyding’) van Graham Esterhuysen het die kantoor-, kerk- en saalmure omtrent teen die spoed van lig met skuurpapier, kwasse en rollers bygekom en ons kan nou spog met die “nuwe baadjies”. Graham en span, baie dankie vir die reuse taak wat julle aangepak en met soveel sorg, flink en vining afgehandel het. Ons het groot waardering daarvoor. Na jare se wind en weer was dit definitief tyd vir ordentlike onderhoud aan ons kosbare geboue.


Voetspore

VARS NUUS UIT DIE OEKRAïNE
Stefan en Hensie van der Merwe stuur groete uit Odessa. Hulle is steeds kliphard besig met hulle sendingwerk, ten spyte van die oorlog wat steeds daagliks rondom hulle verwoesting saai.

Die volgehoue Russiese missiel- en hommeltuigaanvalle op die Oekraïne veroorsaak steeds enorme druk. In die Odessa-streek is residensiële woongebiede, hawe-infrastruktuur en logistieke fasiliteite spesifiek geteiken. Rusland poog steeds om die Oekraïne se maritieme bedrywighede te snoeker en ontwrig. Ons dink aan hulle in ons gebede, ondermeer met betrekking tot die beëindiging van dié oorlog, hulle sending projekte en die veiligheid van hulle familie en kollegas te midde van die voortslepende oorlog. Hensie het vir ons hulle maandelikse nuusbrief aangestuur. Klik gerus op dié skakel om meer oor hulle doen en late te wete te kom.
PEAS IN A POD
Dis EKSAMENTYD! In die Peas-huis heers daar ’n onderliggende “opgewondenheid” om hulle nuut verworwe vaardighede in te span! Louise Prinsen het die meisies gedurende die kwartaal goed toegerus met studievaardighede en hulle is tans ywerig aan’t voorberei vir die eksamen. Met hulle nuwe studiemetodes benodig hulle nou meer studie-”gereedskap” soos eksamenblokke ( “exam pads”), kleurpenne, gekleurde merkpenne, potlode ens. Indien jy daarna voel om ’n meisie se studie-“gereedskap” aan te vul, laai dit gerus by die kantoor af. Ons sal sorg dat dit by hulle uitkom, sodat die “nuutgevonde leergierigheid” nie kwyn nie!

RE GAE KLEUTERSKOOL
Die kleuterskool het afdrukke benodig vir hulle vroeë kinderontwikkelingsaktiwiteite. Ongelukkig beskik hulle nie oor ’n drukker nie en het ons met papier voorsien om vir hulle afdrukke te maak wat die onderwyseresse in die klasse kan gebruik. Tannie Hannatjie het flink ’n stapel afdrukke gemaak! Ons is dankbaar dat ons gemeente ook kan belê in die vroeë kinderontwikkeling van die groter gemeenskap.

BRAMLEY KINDERHUIS
In ons vorige gemeentebrief het ons genoem dat daar tans ’n groot behoefte is aan persoonlike versorging middels, waarvan haarsjampoe die grootste is. Ons was stomgeslaan deur al die ruimhartige weldoeners wat met sakke vol produkte by die kantoor aangekom het. Namens Bramley-bestuur en al die kinders sê ons baie, baie dankie! Elke sjampoe, tandeborsel, waslap ens. gaan ’n kinderhart met dankbaarheid laat klop! Daar is klaarblyklik nog ’n paar weldoeners wat laat weet het pakkies is oppad. Ons sê daarvoor by voorbaat DANKIE!!

ITEMS STEEDS BENODIG

(Seuns en meisies)
Lyfsproei
Lyfwasmiddel
Skeermesse
Stortgel & seep
Tandepaste & tandeborsels
Lyfroom
Sjampoe
PEN
Dit is al amper weer Winter en ons stof reeds die ‘winkeltrollie’ af vir “Winterkossies, warm klere, komberse, ens”, maar voordat ons die trollie voor deur kerkdeur gaan parkeer gee ons die naaldwerkers, breiers en hekelaars ‘n kans om 'n bal of twee vir kleine kinderhandjies aan mekaar te “flans”, indien enige iemand belang sou stel.

Sinodenuus

NOORDELIKE SINODE KOMMUNIKASIE
Ons deel graag die nuusbrief van die Noordelike Sinode die "Verskil". (Klik hier)
Gemeente Besonderhede

KONTAKBESONDERHEDE
Leraars
Ds. Bernice Serfontein * E-pos: [email protected] / Sel: 083 417 5133
Ds. Dewald Roux * E-pos: [email protected] / Sel: 072 755 7817
Kantoorpersoneel

Maryke Meter * E-pos: [email protected]
Hannatjie Venter * E-pos: [email protected]
Jabu Mtau * Koster: 064 700 7004
Kontak Ons
Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557
BELANGRIK
Stoor dié nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang
Landlyn: 012 460 3913
Adres: Deystraat 353, Nieuw Muckleneuk.
(Oorkant Anton van Wouw Laerskool)
Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075
GPS – KOöRDINATE:
Lat. -25º 46 31.95
Decimal: -25.775542211330446
Long. 28º 13 55.45
Decimal: 28.232068419456482

