NGK Waterkloof

GEMEENTEBRIEF 28 FEBRUARIE - 6 MAART 2026

February 23, 202611 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

Gedagte Vir Die Week

1

Liewe gemeentevriend,

‘’n Skande vir die mensdom’: Aartsbiskop Sviatoslav Shevchuk dink terug aan die jare wat verloop het sedert Rusland se volskaalse inval in Oekraïne in 2022.

“I would say that this is a tragic anniversary. No one could have imagined a war in Europe lasting four years... We are facing a real tragedy, which has been getting worse in recent months. The number of civilians killed and wounded continues to rise. I can say that even at the beginning of the invasion in 2022, the situation was not as dramatic as it is today, especially during this winter, particularly in the Ukrainian capital ... 2025 was the deadliest year for civilians since the invasion began. The number of civilians killed and wounded increased by 31% compared to 2024 and by 70% compared to 2023. The more there is talk of peace agreements, the more blood flows on Ukrainian soil. While the powerful of the world meet to discuss who to put more pressure on, the people suffer. This is the situation we must face and accompany.

OORLOG

“I must also say that people's fear during the bombings is diminishing: they are getting used to it, and this is dangerous, because sometimes we lose sensitivity to the pain of others. Therefore, the Church must always foster a religious sense of respect for human suffering, because we know that in every pain there is the suffering of Christ Himself.

“I think that the fourth anniversary of this war is a disgrace for humanity. It is shameful that, in four years, the international community has failed to stop the aggressor’s deadly hand. Some historians have observed that, in our lands, the Second World War lasted less than the current Russian aggression against Ukraine. It is something that should never have started and must now end.

“Therefore, on this sad anniversary, I ask everyone to make a promise to God and to themselves: to build peace. Politicians must do their duty. Men of the Church and diplomats, including Christian ones, must do theirs. The military, volunteers: everyone is called to do their part. We must do everything possible to stop the aggressor. Then another time will come: that of healing the trauma and rebuilding what the war has destroyed. But that will be another story. Orate pro nobis. Pray for us.”

Die Hoof en Vader van die Oekraïense Grieks-Katolieke Kerk, Aartsbiskop Sviatoslav Shevchuk

Hoor ons bid, o Heer;

hoor ons bid, o Heer

Verhoor tog ons gebed

en gee ons vrede.

Amen

Erediens Inligting

2

SONDAG 1 MAART 2026

TWEEDE SONDAG IN LYDENSTYD

09:00: Erediens in kerkgebou o.l.v. ds. Dewald. Lig? (Johannes 8:12)

Musiek: Friena Maritz.

Tydens die erediens word die doop bedien aan Dirk en Liesl Odendaal se seuntjie, Diederik Willem en D.P. en Ryná Du Plessis se seuntjie, Ilán Ryno.

DOPELINGE _350 NUUT

Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.

18:00: Erediens in die kerkgebou o.l.v. ds. Bernice. Jesus u gaan voor, ons volg in U spoor. Tiener- en Verbintenisgroepe na afloop van die erediens. Koffie-kuier op die stoep.

SONDAG 8 MAART 2026

DERDE SONDAG IN LYDENSTYD

09:00: Erediens met Nagmaal in die kerkgebou o.l.v. ds. Bernice.

Musiek: Friena Maritz.

Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.

18:00: Erediens met Nagmaal in die kerkgebou o.l.v. ds. Dewald.

Tiener- en Verbintenisgroepe na afloop van die erediens. Koffie-kuier op die stoep.

Ons Gee Om

Ons gee om

Ons stel áltyd belang in al ons gemeente-vriende se wel en wee. Laat weet asseblief die kerkkantoor of enige van die leraars van gebeure / ervarings / nuus wat julle graag met ons as gemeente-vriende sal wil deel, sodat ons kan meeleef – die vreugde en die hartseer kan deel!

gee om

Ons Dink Aan

Mardolene van Hoven wat ’n voetoperasie ondergaan het. Ons is dankbaar dat dit suksesvol verloop het. Sy sterk tans tuis aan met Maarten wat haar hand en voet (letterlik!) bedien!

Sybrand Grobbelaar wat Donderdag (19 Februarie), ’n ingrypende prosedure ondergaan het. Ons is dankbaar dat hy Dinsdag na ’n gewone saal kon skuif. Hy word eersdaags ontslaan!

Danie, Jenny, David, Daniel en Zea de Villiers. Danie ondergaan tans intensiewe behandeling. Ons hou Danie en hulle as gesin in ons gebede.

BELANGRIK: In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die leraars.

Veels Geluk!

koek

Verjaarsdae op Sondag, 1 Maart: Ilse Batteu, Chanté Kemp, Marcel Kühn en Lourens Steenkamp.

Verjaarsdae 80 en op: Dita Nel op 3 Maart.

Verjaarsdae res van die week: Saterdag, 28 Februarie: Soutie Janse van Rensburg en Le Roux Zeeman. 2 Maart: Phillip Lessing. 3 Maart: Dan du Toit, Pippa Kelly en Dita Nel. 4 Maart: Stephan de Villiers, Zea de Villiers, Jan-Herman van der Vegt en Hannah Zeeman. 6 Maart: Anneli Schoombie.

Ek is Nuut

Ek is nuut

Nuwe intrekkers in ons gemeente – julle is so welkom! Dit is vir ons ’n voorreg om julle in ons midde te hê. Een van die leraars of ‘n kerkraadslid sal julle graag direk na die erediens by die Nagmaaltafel ontmoet. Kontak asseblief die kerkkantoor om julle inligting deur te gee.

BANNER

BELANGRIK: Ons sal dit ook baie waardeer, indien gemeentelede die kantoor sal kontak om inligting aan te pas aan te vul of by te werk. (Landlyn: 012 460 3913 / WhatsApp: 083 442 9557)

Voed Jou Gemoed

Voed jou gEMOED

• Bybelstudie: 4 Maart om 09:00 in die kinderkamer.

Erediens: Huis Piek op Woensdag, 4 Maart om 10:30.

Sit in Mekaar se Stilte 198Dieper as Naam en Definisie. Skakel.

Weeklikse oordenking: Die Akkumulasieverhaal (6). Dankie, ds. Pieter. Skakel.

Huisgeloof: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. (Johannes 14:1-14) Skakel.

Gemeente Geleenthede

ggl

VROLIKE VRYDAGFEES

Die Vrolike Vrydagfees was, soos altyd, ’n besonder feestelike en hartlike geleentheid. Musiek uit die saal het gemeentevriende luidkeels verwelkom, die Filthy Moustache gazebo met behendige manne agter die braaiers het reggestaan om bestellings te ontvang en soos ’n geoliede vervaardigingslyn het hulle die allerheerlikste burgers met skyfies, bestelling per bestelling deurgewerk!

Piekniekkomberse is op die gras oopgegooi, kinders het in die saal, in en onder die bome rondbaljaar, groepies-groepies gemeentevriende het luilekker, met ’n glasie in die hand, al kletsende saamgekuier.

piekniekkombers

vrolike vrydaggangeres

Schalk en seuns en Pirnsens

FRANCOIS ANNATJIE

GRAHAM EN TRAWANTE

Die gevoel van einde-van-die-week “saligheid” was tasbaar en het ’n absoluut perfekte Vrydagaand-atmosfeer daargestel. Ons het heerlik saam geëet en gekuier. Hierdie aande herinner ons weer aan die waarde van gemeenskap en saamwees.

’n Opregte en hartlike dank aan Greta Engelbrecht en haar gesin wat met soveel toewyding en gasvryheid hierdie aand moontlik gemaak het. Ons waardeer julle moeite opreg. Ons sê ook baie dankie aan elkeen wat die geleentheid bygewoon het.

Gemeente en Gemeenskapsnuus

Gemeente

KOMMUNIKASIE EN VOORKEURE

Baie dankie aan almal wat reeds die vorm voltooi het! Ons plaas die vorm vir oulaas in die gemeenteblad vir diegene wat nog ’n vorm wil invul. Die voltooide vorm help ons om meer effektief met jou kommunikeer en jou voorkeure te respekteer. Klik op hierdie skakel en neem asseblief 'n oomblik om hierdie vorm in te vul.

FOTO'S VIR ONS FOTOMUUR

FOTOMUUR

Elke foto teen ons fotobord bly vir ons kosbaar. Tog het dit tyd geraak om die bord weer ’n bietjie lewe te gee met die toevoeging en wisseling van nuwe foto’s. Sussie-"fotograwe" Zabeth, Hanlie en Magdil Wessels gaan op Sondae tussen ons rondloop en foto’s neem. As een van hulle tydens die teedrink-kuier by julle verbyloop, neem asseblief die vrymoedigheid om hulle te vra vir ’n familie “kiekie”. Dit sal vir ons vreeslik baie beteken. Indien jy dalk ook ’n kopie wil hê, kontak die kerkkantoor!

HUIS PIEK

Muriel Esterhuysen is een van ons Waterkloof skakels met Huis HJ Piek. Sy het aan die begin van 2025 die rol by die vorige verteenwoordiger, Friedel van Zyl, oorgeneem en sit die ongelooflike werk voort! Muriel bak vir elke Huis Piek-verjaarsdagmaat ’n mini-groot koek wat sy onbeskryflik mooi versier. So maak sy elke inwoner se dag spesiaal. Muriel, baie dankie! Jou bemoeienis word verseker raakgesien!

Sy is gemoeid met, onder andere, DSTV subskripsies, griepinspuitings, die jaarlikse Lentebraai wat hierdie jaar op 4 September plaasvind, asook die jaarlikse Kersete op 27 November en nog veel meer!

BOARDGAMES 300

Huis HJ Piek inwoners speel graag graag bordspeletjies in hulle aktiwiteitskamer en sal nuwe speletjies baie waardeer. Indien jy en jou gesin bordspeletjies het, wat verlate erens in ‘n kas weggesteek lê, kan julle dit gerus by die kerkkantoor kom aflaai vir die gretige Huis Piek spelers!

ANTON VAN WOUW – KOM SWEM VEILIG SAAM!

Laerskool Anton van Wouw nooi voornemende Wouwtjies tussen twee en ses jaar en hul ouers na ’n gratis swemoggend in hulle verhitte skoolswembad.

Die skool bied, in samewerking met Waterbears Swemskool, professionele begeleiding in ’n veilige, ondersteunende omgewing – perfek om watervertroue van jongs af te bou.

AVW SWEM 300

Dis die ideale oggend om te kom kennis maak met ons skool en gemeenskap.

📅 Saterdag, 7 Maart 2026

🕘 09:00–11:00

📍 Deystraat 356, Nieuw Muckleneuk

🍎 Verversings beskikbaar vir kinders en ouers

Klik dié skakel om julle plekke te bespreek.

Ons Voetspore In Die Gemeenskap

voetspore

PEAS IN A POD

VAKATURE PROJEKBESTUURDER

PEAS IN A POD is op soek na belangstellendes wat graag sou wou aansoek doen vir hulle vakante Projekbestuurderpos. Indien jy sou belangstel, klik op dié skakel vir die posbeskrywing. Vir meer inligting m.b.t. die posisie, skakel gerus vir Stephan Barac. (082 554 8941).

VERJAARSDAE

Deur die loop van verlede jaar het ons elke meisie in die PEAS-huis se verjaarsdag spesiaal gemaak en die hartije warm laat klop met ‘n verjaarsdagkoek, asook ‘n bederfie van ‘n aard (lekkernye - koek, kolwyntjies, lekkergoed, ens.) om saam skool toe te stuur. Ons wil graag vanjaar voortgaan met dié inisiatief. Die oor-tot-oor-glimlag op elke jongmens se gesig, kan geen geld ter wêreld koop nie!

KOEK

Die volgende verjaarsdae is om die draai.

Onthatile Matsemelo word op 8 Maart nege jaar oud, en Simoné Bekker op 20 April sewentien! Indien jy graag ‘n meisie op haar verjaarsdag met koek en skool-toe-vat-lekkernye, wil bederf, skakel gerus vir ds. Bernice, ds. Dewald of die kantoor.

PRETTIGE, LEERSAME AKTIWITEITSPROGRAM

Louise Prinsen kuier elke Donderdagmiddag by PEAS om hulle met lewensvaardighede te help. Hulle is tans besig met MOTIVERING. Sy help die meisies om drome, ideale en doelwitte visueel en konkreet uit te beeld deur tweedimensionele plakborde (collages) te maak. Hulle maak gebruik van ’n verskeidenheid materiale (foto’s uit tydskrifte, materiale, linte, vere, ens) om nuwe prente te skep.

PEAS COLLAGE1

Elke meisie werk teen haar eie pas, kies haar eie materiale en rangskik die items soos en waar sy wil om haar eie, unieke “kunswerk” te skep. Die meisies geniet elke oomblik van hierdie ervaring en is so trots op hulle skeppings!

COLLAGE2

Mettertyd sal kommunikasievaardighede, tydsbestuur, studiemetodes, selfgelding en sterk selfbeeld aan die beurt kom. Louise het die meisies ook uitgenooi om met voorstelle te kom.

Die jonger meisies het alreeds begin uitvra oor beroepskeuses, vakkeuses en loopbane.

Op hierdie stadium leer hulle mekaar nog ken en Louise sê dat dit is ’n baie interessante leerproses. Baie dankie, Louise! Dit beteken vir die meisies ongelooflik baie!

OEKRAïNE

Hester von Wielligh het laat weet dat ’n onlangse gedeelte in ons brief oor die Oekraïne haar diep geraak het. Sy deel die volgende met ons:

Missionary Letter From Odessa

The bombs are falling still

They fall they fall they fall

the city shatters crumbles roars

We have been advised:

If a child doesn’t sleep,

if a child cries out in the night,

keep them from school.

Let our arms embrace them

(children, little children)

Oh let us brace ourselves for them

against the swords of glass

flying through the frigid blood-choked air.

Let the little children come.

Let them huddle in our armed peace.

(Lay. Down. Your. Arms.)

We pray our arms around them.

Suffer little children

to come unto our frail kingdom on earth

children, little children

Oh Lord, Your kingdom is theirs

Let us be your arms, oh Lord

©Hester von Wielligh 2026

Maak gebruik van die onderstaande bankbesonderhede, indien jy graag ’n bydrae wil maak.

Bankbesonderhede: NG Kerk Waterkloof, ABSA, Rekeningnommer: 1500580077, Verwysing: merk duidelik Oekraïne

Sinodenuus

Sinodenuus

NOORDELIKE SINODE KOMMUNIKASIE

Ons deel graag die nuusbrief van die Noordelike Sinode die "Verskil" [hier]

Gemeente Besonderhede

11

KONTAKBESONDERHEDE

Leraars

Ds. Bernice Serfontein * E-pos: bernice.serfontein@gmail.com

Ds. Dewald Roux * E-pos: dewaldroux2@gmail.com / Sel: 072 755 7817

Kantoorpersoneel

kantoor

Maryke Meter * E-pos: ngwaterkloof@gmail.com

Hannatjie Venter * E-pos: ngkwater@yebo.co.za

Jabu Mtau * Koster (Skakel kantoornommer)

Kontak Ons

Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557

BELANGRIK: Stoor dié nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang

Landlyn: 012 460 3913

Adres: Deystraat 353, Nieuw Muckleneuk.

(Oorkant Anton van Wouw Laerskool)

Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075

GPS – KOöRDINATE:

Lat. -25º 46 31.95

Decimal: -25.775542211330446

Long. 28º 13 55.45

Decimal: 28.232068419456482

map

Bank
Back to Blog