
GEMEENTEBRIEF 25 SEPTEMBER - 9 OKTOBER
GEMEENTEBRIEF 25 SEPTEMBER - 9 OKTOBER 2026 (BRIEF VIR DIE VAKANSIETYD)

Gedagte Vir Die Week

Liewe gemeentevriend,
Waak teen die soort vrome optimisme
In sy geskrif, alombekend as "Ná tien jaar", deel die Duitse teoloog Dietrich Bonhoeffer rondom die jaarwisseling van 1942/43 met 'n aantal vriende van sy gedagtes oor wat hy meen te lere is uit hul stryd die voorafgaande dekade teen Hitler en die Nazi-ideologie. Een van die paragrawe van hierdie manuskrip - wat sy briewe en notas uit die gevangenis, wat later onder die titel Verset en Oorgawe verskyn het, inlei - het die opskrif "Optimisme".
Bonhoeffer is duidelik skepties jeens 'n sekere vorm van optimisme. Meer spesifiek, 'n onnadenkende en lafhartige optimisme wat nie die werklikheid eerlik en ernstig beskou nie. In ons dag weet ons ook hoe só 'n naïewe optimisme 'n mens kan irriteer en uitput. Soos ook 'n onkritiese optimisme oor menslike vermoëns en tegnologiese vooruitgang. En, kan ons byvoeg, dit is dikwels onsensitief en onwys om vir mense in moeilike omstandighede te sê om bloot vas te byt en slegs die positiewe in hul situasie raak te sien.
In "Ná tien jaar" wys Bonhoeffer verder op die aantrekkingskrag van 'n pessimistiese lewensuitkyk. Dit maak dat die lewe jou nie so maklik teleurstel nie en dat jy nie verleë voor ander hoef te staan as dinge anders uitwerk as wat jy gemeen het nie.
Tog wil Bonhoeffer 'n lansie breek vir 'n sekere soort optimisme. Hierdie optimisme gaan vir hom oor meer as om net op 'n bepaalde manier na die wêreld te kyk, om net die glas halfvol te sien.
Waarvoor Bonhoeffer aandag vra, is 'n optimisme wat hy 'n "lewenskrag" noem. Dit is die krag om te bly hoop wanneer ander tou opgooi, om ons kop omhoog te hou wanneer alles futiel lyk, om terugslae te verdra; om nie die toekoms oor te gee in die hande van jou teëstanders nie.
Hierdie soort optimisme beskryf Bonhoeffer dan ook as 'n "wil-vir-die-toekoms". Ons het weliswaar nie beheer oor die toekoms het nie. Maar, skryf hy, hierdie feit mag 'n mens nie onverskillig maak nie. Die uitdaging is juis om nóú met geloof en verantwoordelikheid te leef "asof" daar 'n toekoms is om opnuut te bewaar en te bou, ook met die komende geslagte in gedagte.
Daarom Bonhoeffer se oproep om 'n gesonde optimisme te bly koester, 'n optimisme wat nee sê vir sowel 'n vroom vlug uit hierdie wêreld as 'n fatalistiese houding van boedel oorgee. Bonhoeffer eindig dan ook sy paragraaf oor optimisme met die woorde: "Dit mag wees dat die dag van oordeel môre breek, maar alleenlik dan, en nie vroeër nie, sal ons ophou werk vir 'n beter toekoms."
Robert Vosloo, Netwerk 24, 12 September 2026.

Erediens Inligting

SONDAG 27 SEPTEMBER
09:00: Erediens in die kerkgebou o.l.v. ds. Dewald. Koninkryk ... ook op mikro-vlak
Musiek: Joyce Viljoen.
Kuier en verversings op die stoep.
18:00: Geen aanddiens a.g.v. skoolvakansie.
SONDAG 4 OKTOBER
09:00: Erediens in die kerkgebou o.l.v. ds. Bernice.
Musiek: Friena Maritz.
Kuier en verversings op die stoep.
18:00: Geen aanddiens a.g.v. skoolvakansie.
Gemeente Geleenthede

GESAMENTLIKE LENTEDIENS - 2026
Gedurende die afgelope week het ons die weervoorspelling met arendsoë dopgehou… want wat as dit reën? Plan B was min of meer in plek. Maar, Sondagoggend, 20 September – die amptelike begin van lente in ons land én die dag van ons gesamentlike gemeente-Lentefees – breek met sonskyn aan.

250 stoele word in die tuin, onder die bome en sambrele, uitgepak. Soos die Engelse spreekwoord lui: wishful thinking! Die reuk van wors op die vuur maak die honger magies wakker. Oral is mense besig om die laaste dinge in plek te kry – die preekstoel, die doopvont en die musiekinstrumente. Friena, die orrelis, en Bambie op die viool oefen nog ’n paar note… en toe is ons gereed vir die Lentefees in ons pragtige kerktuin.

Wat ’n voorreg! Daar is toe geen leë stoele nie. Inteendeel, ons moet nog sitplekke beskikbaar maak. Die hele tuin sit vol. Sommige pappas en mammas sit sommer op die gras, terwyl die klein mensies op hul kleurvolle stoeltjies by die tafeltjies sit en teken.
Hier, in die opelug, onder die bome, met die windjie en die voëltjies om ons, is ons as gemeentevriende bymekaar.
En juis hier kom die boodskap duidelik deur: Geniet die lewe in verwondering voor God.

Dit was ’n besondere Sondagoggend.
Ná die diens het almal heerlik saamgekuier. Die boereworsrolletjies was uit die boonste rakke, en daar was oorgenoeg vir die droë kele – ’n warm koppie tee of koffie, ’n sappie of ’n glasie wyn.



Met die wegstap kar toe, weet ’n mens: hier is ek tuis. Hier is warmte, omgee en ’n kultuur van saamwees wat so eie is aan ons gemeente, Waterkloof.

Baie dankie aan almal wat so hard gewerk het om die geleentheid glad te laat verloop. ’n Spesiale dankie aan die braaiers, die heerlike tamatiesmoor deur Groenkloof gemeente dvoorsien, Jabu en Vincent, en aan al die ander helpers wat hand bygesit het.
Wat ’n besondere manier om die lente saam as gemeente te vier!
GEMEENTEKAMP
Die tyd vir ons lekker wegbreek die bosveld in, is nou net om die draai!
BESPREEK NOU AS JY NIE ALREEDS BESPREEK HET NIE!
Die Bespreking-skakel is duidelik in rooi aan die onderkant van die plakkaat.

Besprekings | Aktiwiteite |Verblyfopsies | Klein Kariba
Ons Gee Om

Ons stel áltyd belang in al ons gemeente-vriende se wel en wee. Laat weet asseblief die kerkkantoor of enige van die leraars van gebeure / ervarings / nuus wat julle graag met ons as gemeente-vriende sal wil deel, sodat ons kan meeleef – die vreugde en die hartseer kan deel!

Ons Dink Aan
Betsie van der Merwe wat Maandag, 21 September, ’n voetoperasie ondergaan het. Sy is reeds ontslaan en sterk tuis aan.
Die familie van Tannie Marie van Dalsen. Die gedenkdiens vind op Dinsdag, 29 September in ons erediensruimte plaas.
Bennie en Marisca van Niekerk. Bennie se pa, Ben van Niekerk is onlangs gediagnoseer met aggressiewe leukemie en beenmurgkanker.
Louise Prinsen wie se ma, Rina Boshoff, ernstige gesondheidsuitdagings beleef.
Veels Geluk
Nicolaas en Carina Steenekamp met die geboorte van klein Andries op 15 September. Geluk ook aan Oupa André en Ouma Janetta van Niekerk met die dertiende kleinkind in die skatkis! Mag hy vir julle almal ’n bron van vreugde wees.

BELANGRIK: In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die leraars.
Gemeentevriende verjaar! Veels Geluk!

25 September – 2 Oktober.
Verjaarsdae vir die res van die week. Saterdag, 26 September: Cecile du Toit, Floris Slabbert, Pierre van der Merwe en Gerhardt van Deventer. 28 September: Retha Grobler en Jessie Kriek. 29 September: Jana Coleman, Daan de Klerk en Kurt Nel. 30 September: Colleen Klopper, Joey Meyer, Suzanne Neethling en Roleen van Aarde. 1 Oktober: André Fullard en Nina Human.
2 - 9 Oktober
Verjaarsdae op Sondag, 4 Oktober: Gerda Groenewald en Luan Symington.
Verjaarsdae res van die week: Saterdag, 3 Oktober: Markus Nel en Mike van Reenen. 5 Oktober: Alicia Campher, Ena Grobbelaar en JD Symington. 6 Oktober: San-Marié Ferreira. 8 Oktober: Piet Ackermann en Henri Snyders. 9 Oktober: Natalie Fyfe, Elizabeth Grebe, Adene Roode en Mellinda-May Wessels.
Ek is Nuut

Nuwe intrekkers in ons gemeente – julle is so welkom! Dit is vir ons ’n voorreg om julle in ons midde te hê. Een van die leraars of ‘n kerkraadslid sal julle graag direk na die erediens by die Nagmaaltafel ontmoet. Kontak asseblief die kerkkantoor om julle inligting deur te gee.

BELANGRIK: Ons sal dit ook baie waardeer, indien gemeentelede die kantoor sal kontak om inligting aan te pas aan te vul of by te werk. (Landlyn: 012 460 3913 / WhatsApp: 083 442 9557)
Voed Jou Gemoed

Bybelstudie: Hervat weer na die skoolvakansie op 7 Oktober om 09:00 saam met ds. Bernice in die kinderkamer.
Erediens: Huis Piek - hervat weer na die skoolvakansie op 7 Oktober om 10:30 en by Princess Christian op 13 Oktober om 10:30.
Sit in Mekaar se Stilte 225: Lectio Visio 8: Wat Wil Jy Hê? Dankie, François. (Klik hier)
Weeklikse oordenking hervat weer na 22 Oktober.
Huisgeloof: Oefen. 1 Tim. 4 (Klik hier)
Gemeente en Gemeenskapsnuus

APPROBASIE KENNISGEWING
Gemeentelede is versoek om enige beswaar teen die voorgestelde eenwording skriftelik bekend te maak voor Sondag 20 September 2026. Ons is verheug om mee te deel dat daar geen besware of vrae rakende die eenwording ontvang is nie. Die tyd vir eenwording het uiteindelik aangebreek en ons is van harte opgewonde oor die nuwe seisoen wat vir ons twee “Klowe Gemeentes” voorlê. Almal word hartlik uitgenooi na die Eenwordingsfeesdiens op 25 Oktober te NG Kerk Waterkloof om 09:00.
Vir enige verdere navrae, skakel gerus vir Maarten van Hoven (Voorsitter van die eenwordingskomitee) of enige van die Leraars.
Kontakbesonderhede: [email protected] / WhatsApp / skakel: 083 412 7885
PRINCESS CHRISTIAN
Princess Christian Home in Middelstraat, Pretoria, het ’n besondere geskiedenis wat terugstrek tot 1904. Vir meer as ’n eeu bied die tehuis ’n veilige en versorgende tuiste aan bejaardes, met ondersteuning wat wissel van algemene versorging tot meer intensiewe en geheuesorg. Die kern van Princess Christian se werk is om ouer mense met waardigheid, deernis en respek te versorg en vir hulle ’n geborge gemeenskap te skep.
Waterkloof gemeente het ’n jare lange verbintenis met Princess Christian. Een van ons leraars bied op ’n twee-weeklikse basis eredienste aan en daar word ook maandeliks Nagmaal bedien.

Hoe kan ons as gemeente ’n verskil maak?
Hulle het ’n liefdadigheidswinkel, waar tweedehandse items gekoop of afgelaai kan word. Loer gerus in. Hier vind jy ’n verskeidenheid items – van klere en bykomstighede tot huisdekor en kleiner meubelstukke – alles teen bekostigbare pryse. Die opbrengs uit die winkel word direk aangewend om die inwoners van Princess Christian Home te ondersteun en tot hulle versorging by te dra. Of jy nou op soek is na iets spesiaals, ’n winskopie wil raakloop of sommer net wil rondkyk – elke aankoop maak ’n verskil in die lewe van ’n inwoner.
Klik op die skakel om meer oor Princess Christian te wete te kom! (Klik hier)
Ons Voetspore In Die Gemeenskap

PEAS IN A POD
Verjaarsdagbederfies vir die meisies...
Deur die loop van die jaar kon ons sovêr elke meisie in die PEAS-huis se verjaarsdag spesiaal maak en die hartjie warm laat klop met ‘n verjaarsdagkoek, asook ’n bederfie van ‘n aard (lekkernye - koek, kolwyntjies, lekkergoed, ens.) om saam skool toe te stuur.

Baie dankie aan elkeen wat tot op datum ’n meisiehart warm laat klop het! Ons waardeer julle moeite en betrokkenheid opreg. In die groter prentjie is dit dalk vir ons net ’n druppel in die emmer, maar die oor-tot-oor-glimlag op elke jongmens se gesig vertel ’n heel ander verhaal. Dít is iets wat geen geld ter wêreld kan koop nie!
Ons een OKTOBER-meisie benodig nog ’n weldoener. Suzan Swarts word op 14 Oktober 13 jaar oud. Indien jy graag een van dié meisies op haar verjaarsdag met koek en skool-toe-vat-lekkernye wil bederf, skakel gerus ds. Bernice, ds. Dewald of die kantoor.
Sinodenuus

NOORDELIKE SINODE KOMMUNIKASIE
Ons deel graag die nuusbrief van die Noordelike Sinode die Verskil. (Klik hier)
Gemeente Besonderhede

KONTAKBESONDERHEDE
NOTA: Jabu, ons Koster sal vanaf Vrydag, 2 Oktober tot Maandag, 5 Oktober nie by die kerk beskikbaar wees nie, aangesien hy op naweek-verlof is.
Leraars
Ds. Bernice Serfontein * E-pos: [email protected]
Ds. Dewald Roux * E-pos: [email protected] / Sel: 072 755 7817
Kantoorpersoneel
Maryke Meter * E-pos: [email protected]
Hannatjie Venter * E-pos: [email protected]
Jabu Mtau * Koster (Skakel kantoornommer)
Kontak Ons
Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557
BELANGRIK: Stoor dié nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang.
Landlyn: 012 460 3913
Adres: Deystraat 353, Nieuw Muckleneuk.
(Oorkant Anton van Wouw Laerskool)
Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075
Bankbesonderhede: NG Kerk Waterkloof
ABSA
Rekeningnommer: 1500580077
Verwysing: Voorletter, Van, Geleentheid
GPS – KOöRDINATE:
Lat. -25º 46 31.95
Decimal: -25.775542211330446
Long. 28º 13 55.45
Decimal: 28.232068419456482


