
GEMEENTEBRIEF 24-31 JULIE 2026
GEMEENTEBRIEF 24-31 JULIE 2026


Liewe gemeentevriend,
Gedagte vir die Week
nagmaal

wanneer ek moeg word
vir die wag
en die skadu’s lank word
voor die nag
en ek hunker
na hierna
sit ek
by ‘n vuur
onder die Karoo
se panorama
vriende vul die ruimte
tyd verloor sy tred
en ek proe meer
as net ‘n lamstjop
en die wyn
word meer
as ‘n kultivar
uit Stellenbosch
eerder ‘n geskenk
uit Kana
(Uit die digbundel: tussentogte, Johan Cilliers)
Prof. Johan Cilliers is emeritus professor van die Departement Praktiese Teologie en Missiologie aan die Universiteit van Stellenbosch.
KOMMUNIKASIE NUUSFLITS
Ons is tans besig om ons kommunikasiekanale te verbeter. Hou julle e-pos en
SMS-boodskappe dop vir die nuutste gemeentenuus, aangesien ons
nie gereelde WhatsApp-boodskappe kan uitstuur nie.
Erediens Inligting

SONDAG 26 JULIE 2026
09:00 Erediens met Nagmaal in kerkgebou o.l.v. ds. Bernice. Geloof. Wat is dit?
Musiek: Betsie Schaap en die Lesedi Koor.
Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep
18:00: Erediens met Nagmaal in die kerkgebou o.l.v. ds. Dewald. Laat val jou nette. Tiener- en Jeuggroepe na afloop van die erediens. Koffie-kuier op die stoep.
SONDAG 2 AUGUSTUS 2026
09:00 Erediens in kerkgebou o.l.v. ds. Dewald.
Musiek: Joyce Viljoen
Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep
18:00: Erediens in die kerkgebou o.l.v. ds. Dewald. Tiener- en Jeuggroepe na afloop van die erediens. Koffie-kuier op die stoep.

Ons stel altyd belang in al ons gemeentevriende se wel en wee. Laat weet asseblief die kerkkantoor of enige van die leraars van gebeure / ervarings / nuus / prestasies wat julle graag met ons as gemeentevriende sal wil deel, sodat ons kan meeleef.
Die vreugde en die hartseer kan deel!

Ons Dink Aan
Alfred en Louisa Huyser wat met ’n hysbak geval het. Ons is dankbaar dat hulle grotendeels fisies ongedeerd daarvan afgekom het.
BELANGRIK
In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die leraars.
Gemeentevriende verjaar. Baie geluk!
Verjaarsdae res van die week: Saterdag 25 Julie: LD Nel en Nic Venter. 27 Julie: Janet van der Merwe, Wessel van Rensburg en Adriaan Venter. 28 Julie: Pettie Piernaar, Nicolaas Steenekamp, Isél Swart en André van Niekerk. 29 Julie: Myrtle Meiring en Christian Wagner. 30 Julie: Elizna Brütten, Yvonne Giani, Zoë-Leë Hager, Erik Cornelis Nel, Colleen Potgieter en Pierre van Hoven. 31 Julie: Reuben Marais en Corrie Pelser.
Ek is Nuut

Nuwe intrekkers in ons gemeente – julle is so welkom! Dit is vir ons ’n voorreg om julle in ons midde te hê. Een van die leraars of ‘n kerkraadslid sal julle graag direk na die erediens by die Nagmaaltafel ontmoet. Kontak asseblief die kerkkantoor om julle inligting deur te gee.

BELANGRIK: Ons sal dit ook baie waardeer, indien gemeentelede die kantoor sal kontak om inligting aan te pas aan te vul of by te werk.
(Landlyn: 012 460 3913 / WhatsApp: 083 442 9557)
Voed Jou Gemoed

Bybelstudie: Woensdag, 29 Julie om 09:00 saam met ds. Bernice in die kinderkamer.
Erediens: Princess Christian op Dinsdag 28 Julie om 10:30 en Huis Piek op Woensdag, 29 Julie om 10:30.
Sit in mekaar se Stilte 217 - Die Bos Brand nog Steeds. Klik hier. Dankie, François.
Weeklikse oordenking: Wat beteken dit om vandag werklik mens te wees? Klik hier. Dankie Pieter.
Huisgeloof: Ontmoeting 16 (Genesis 4:1-16) Klik hier.
Kinderbediening
Gemeente Geleenthede

GEMEENTEKAMP (9-11 OKTOBER)
Oktober klink die verre toekoms in - dit is nie! As ons ons oë uitvee is dit tyd vir ons lekker wegbreek die bosveld in. So, bespreek maar vroegtydig. Die Bespreking-skakel is duidelik in rooi aan die onderkant van die plakkaat.

Besprekings | Aktiwiteite |Verblyfopsies | Klein Kariba
Voetspore

PEN - WINTERHOOP
GEE HOOP / GEE WARMTE

Baie dankie aan almal wat die Winterhoop-trollie tot dusver so ruimskoots “gevoer” het. Dit het reeds die nood van vele behoeftiges verlig!
Die koue kloue van die Winter gryp nou met mening vas. Daarom neem ons die vrymoedigheid om die WinterHoop-trollie by die ingang van die kerk “geparkeer” te hou vir ingeval daar nog donasies is.
WinterHoop is ’n gemeenskapsuitreik-inisiatief wat daarop gemik is om kwesbare en hawelose mense gedurende die wintermaande te ondersteun. Deur middel van hierdie veldtog word noodsaaklike winterbenodigdhede soos komberse, slaapsakke, warm klere, kospakkies en higiënepakkies ingesamel en versprei. Daar word ook bewusmaking rondom haweloosheid geskep, en waar moontlik word mense in nood met gespesialiseerde ondersteuningsdienste verbind.
Die inisiatief bring kerke, besighede, skole en gemeenskapslede saam om ’n betekenisvolle verskil te maak in die lewens van mense wat gedurende die koue wintermaande swaarkry.
Indien u graag wil bydra, kan u enige van die genoemde items in die WinterHoop-trollie plaas. Elke kombers, elke kledingstuk en elke kospakkie bring nie net fisiese warmte nie, maar ook hoop en menswaardigheid aan iemand wat dit broodnodig het.
Items benodig. (Klik hier)
Sinodenuus

NOORDELIKE SINODE KOMMUNIKASIE
Ons deel graag die nuusbrief van die Noordelike Sinode die "Verskil".Klik hier
Gemeente Besonderhede

KONTAKBESONDERHEDE
Leraars
Ds. Bernice Serfontein * E-pos: [email protected] / Sel: 083 417 5133
Ds. Dewald Roux * E-pos: [email protected] / Sel: 072 755 7817
Kantoorpersoneel

Maryke Meter * E-pos: [email protected]
Hannatjie Venter * E-pos: [email protected]
Jabu Mtau * Koster: 064 700 7004
Kontak Ons
Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557
BELANGRIK
Stoor dié nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang
Landlyn: 012 460 3913
Adres: Deystraat 353, Nieuw Muckleneuk.
(Oorkant Anton van Wouw Laerskool)
Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075
GPS – KOöRDINATE:
Lat. -25º 46 31.95
Decimal: -25.775542211330446
Long. 28º 13 55.45
Decimal: 28.232068419456482

