
GEMEENTEBRIEF 19-26 JUNIE 2026
GEMEENTEBRIEF 19-26 JUNIE 2026


Liewe gemeentevriend,
Gedagte vir die Week: Lees en leef

Die groot Switserse teoloog van die 20ste eeu Karl Barth was nie juis beïndruk met kerkleiers en hulle sienings van etiek en godsdiens nie. En dis om dit sag te stel. Wat hom betref, was die kerk en die godsdiens in diens van die heersende ideologie. Die slaafse goedpraat van oorloë was volgens hom ’n dramatiese voorbeeld hiervan, maar daar was ook ander simptome van dié dodelike kwaal.
Die tydsgees, skryf hy, het die evangelie oorwoeker en vervang met mense se godsdienstige ervarings, kulturele strewes, politieke oortuigings en ekonomiese belange. God het bloot ’n ander naam geword vir wat die samelewing graag wou wees, doen en glo. En kerk en teologie het lustig meegedoen aan dié verleiding en dié napraat. As jong predikant skryf hy daarom ’n kommentaar op Romeine, ’n uitleg vir sy tydgenote wat verblind was deur dié misleiding – en sy aanval op hulle is trompop.
God is radikaal anders as wat ons dink, sê hy. Die evangelie staan lynreg teenoor baie oortuigings wat ons huldig en vele praktyke wat ons beoefen. Die navolging van Jesus maak van ons vreemde mense, nuut, ánders as wat kultuur, tydgees, staat en samelewing van ons verwag. Barth bedoel egter nie “anders” soos in lewensvreemd, onbetrokke, sonder belangstelling in die openbare lewe en kultuur nie. Nee, Romeine 12:1-2 sê immers letterlik ons moet ons “liggame” aan God wy. Dit beteken onsself, met alles wat ons is, ons doen en late, nie net op Sondag nie, maar deur die week, in al ons verhoudings en op alle terreine. Dáár dien ons die ontfermende God, deur ánders te dink en doen.
Wie Romeine wil verstaan moet daarom koerantlees, sê Barth, want die God van Romeine roep ons in die wêreld van die koerant. Ons moet – by wyse van spreke – nie net die Bybel lees, soos baie geestelikes van sy tyd nie, want dan weet ons nie waar om God te dien nie. Ons moet ook nie soos baie kerkleiers van sy tyd net die koerant lees en dink dit is die Bybel nie.
Nee, ons moet die koerant lees om te weet waar om God te dien, en die Bybel om te weet wat om van die koerantberigte te dink.
Dirkie Smit, Stukkies van die hemel op aarde: Om God in die alledaagse te sien (2005)
KOMMUNIKASIE NUUSFLITS
Ons is tans besig om ons kommunikasiekanale te verbeter. Hou julle e-pos en
SMS-boodskappe dop vir die nuutste gemeentenuus, aangesien ons
nie gereelde WhatsApp-boodskappe kan uitstuur nie.
Erediens Inligting

BELANGRIK: Anders as in die almanak aangedui is daar vanaf 7 Junie tot 19 Julie nie meer aanddienste nie a.g.v. die wintereksamen en skoolvakansie. Die aanddienste met Tiener- en Verbintenisgroepe hervat weer op Sondag 26 Julie.
SONDAG 21 JUNIE 2026
VADERSDAG
09:00: Erediens in die kerkgebou o.l.v. ds. Dewald. Koninkrykstyd g’n gewoon!
Musiek: Betsie Schaap.
Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep
18:00: Geen aanddiens as gevolg van die eksamen.
SONDAG 28 JUNIE 2026
09:00: Erediens in die kerkgebou o.l.v. ds. Bernice.
Musiek: Betsie Schaap.
GEEN Kinderbediening as gevolg van die skoolvakansie. ● Kuier en verversings op die stoep.
GEEN aanddiens as gevolg van die skoolvakansie.

Ons stel altyd belang in al ons gemeentevriende se wel en wee. Laat weet asseblief die kerkkantoor of enige van die leraars van gebeure/ervarings/nuus wat julle graag met ons as gemeentevriende sal wil deel, sodat ons kan meeleef – die vreugde en die hartseer kan deel!

Ons Dink Aan
Stefan en Marietjie Nell wie se kleindogter, Klara na ’n ernstige operasie ontslaan is. Ons is saam met hulle so dankbaar dat dit met haar soveel beter gaan en dat sy nou tuis kan aansterk.
Brian Edwards wie se moeder, Sue Roux op 11 Junie, na twee weke in die hospitaal, oorlede is. Die gedenkdiens het plaasgevind op Donderdag 18 Junie te NG Kerk Silvertonkruin.
Peter Allison, eggenoot van Esther Allison, pa van Pauline Coetzee wat baie siek is. Hy is tans in ICU in Zuid Afrikaans.
BELANGRIK
In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die leraars.
Gemeentevriende verjaar. Geluk!

Sondag 21Junie: Zibeth Joubert en Annatjie Keyser.
Verjaarsdae res van die week: Saterdag, 20 Junie: Milan du Preez en Corné Kruger. 22 Junie: Dewald de Graaf, Jan Krüger en Gideon von Stade. 23 Junie: Milan Foxcroft, Wiehahn Klopper en Henry-George Watson. 24 Junie: Michelle van Rooyen. 25 Junie: Bertus Bergenthuin, Irma Cochrane, Alto de Vos, Mariaan Kriel, Charl Pretorius en Anika Wessels. 26 Junie: Lukas du Plessis en Rhadus Snyman.
Ek is Nuut

Nuwe intrekkers in ons gemeente – julle is so welkom! Dit is vir ons ’n voorreg om julle in ons midde te hê. Een van die leraars of ‘n kerkraadslid sal julle graag direk na die erediens by die Nagmaaltafel ontmoet. Kontak asseblief die kerkkantoor om julle inligting deur te gee.

BELANGRIK: Ons sal dit ook baie waardeer, indien gemeentelede die kantoor sal kontak om inligting aan te pas aan te vul of by te werk.
(Landlyn: 012 460 3913 / WhatsApp: 083 442 9557)
Voed Jou Gemoed

Bybelstudie: Woensdag, 24 Junie om 09:00 kuier ons weer saam met ds. Bernice in die kinderkamer.
Erediens: Dinsdag 23 Junie om 10:30 by Princess Christian en Woensdag, 24 Junie om 10:30 by Huis Piek.
Sit in Mekaar se Stilte 214: 'Bly in my soos Ek in julle'. Klik hier. Dankie, François.
Weeklikse oordenking: 'God het die laaste woord ... (12)'. Klik hier. Dankie, ds. Pieter.
Huisgeloof: Klik hier.
Kinderbediening
Gemeente Geleenthede

KWARTAALGESPREK – DONDERDAGAAND 25 JUNIE @ 18:00
Ons bottel en bord kuieraand met Dawie Roodt is om die draai. Hy is een van Suid-Afrika se bekendste ekonome en kommentators oor ekonomiese sake. Met sy energieke aanbiedingstyl, sy reguit, eerlike en soms ondeunde manier van praat, slaag hy daarin om selfs die mees ingewikkelde ekonomiese onderwerpe interessant en toeganklik te maak.
Bring jou mandjie, gelaai met lekker eet-en drinkgoedjies en kom geniet ’n insiggewende aanbieding.
BELANGRIK: Dit sal ons baie help indien julle die kerkkantoor kan laat weet, sodat ons vir julle ’n tafel gereed kan maak! (WA 083 442 9557 / Landlyn 012 460 3913)

WYNPROE
Maak ’n knoop in die oor en kry julle kuiermaats bymekaar! Daar is mos net soveel plek beskikbaar - en as die "kaartjiekantoor" open, gaan julle moet spring om seker te maak dat julle nie die geleentheid misloop nie.

GEMEENTEKAMP (9-11 OKTOBER)
Oktober klink die verre toekoms in - dit is nie! As ons ons oë uitvee is dit tyd vir ons lekker wegbreek die bosveld in. So, bespreek maar vroegtydig. Die Bespreking-skakel is duidelik in rooi aan die onderkant van die plakkaat.

Besprekings | Aktiwiteite |Verblyfopsies | Klein Kariba
Voetspore

PEAS IN A POD
Jeugdag 16 Junie
Advocates That Care is ’n nie-winsgewende maatskappy met die visie en missie om ’n blywende verskil in die gemeenskap te maak deur mense se lewens te verbeter. Ons streef daarna om ons professionele vaardighede en die geleenthede wat aan ons gebied word, te benut om ’n praktiese impak in die lewens van gewone mense te maak en die omstandighede van diegene wat ondersteuning nodig het, positief te beïnvloed.
Ons was onlangs bevoorreg om saam met Waterkloof gemeente die meisies van Peas in a POD op jeugdag te bederf met ’n uitstappie na Bounce en Spur. Die dogters het die dag terdeë geniet, en dit het ons weer herinner aan wat werklik saak maak – om tyd, omgee en geleenthede met ander te deel.
Verder het Advocates That Care besluit om ’n biblioteek vir die dogters in te rig, sodat hulle ’n rustige ruimte het waar hulle kan ontspan, lees en hul verbeelding kan laat groei. Ons glo dat toegang tot boeke en leesstof ’n waardevolle belegging in hul toekoms is.
Dit was vir ons ’n voorreg om hierdie projek saam met die gemeente aan te pak, en ons sien daarna uit om in die toekoms weer verder in die gemeenskap te belê. (Baie dankie, Chanél -namens Advocates That Care)



Verrassingspakkies ...
Dr. Louise het die studiemateriaal wat so ruimhartig deur gemeentevriende afgelaai is, gelykop verdeel, dit in pakkies toegedraai en met ’n strik versier. Elke pakkie is genommer; elke meisie moes ’n nommer trek en het die ooreenstemmende genommerde pakkie gekry! Dit was groot pret! Baie dankie aan elke skenker. Die “miljoen rand” glimlaggies het vreugde en waardering uitgestraal! Die meisies het dr. Louise met ’n pragtige, handgetekende verjaarsdagkaartjie (Dr. Louise se Volkswagen!) verras.

Verjaarsdagbederfies vir die meisies ...
Deur die loop van die jaar het ons elke meisie in die PEAS-huis se verjaarsdag spesiaal gemaak en die hartjie warm laat klop met ‘n verjaarsdagkoek, asook ‘n bederfie van ‘n aard (lekkernye - koek, kolwyntjies, lekkergoed, ens.) om saam skool toe te stuur.

Hierdie relatief klein gebaar verskaf soveel vreugde. Die oor-tot-oor-glimlag op elke jongmens se gesig, kan geen geld ter wêreld koop nie! Ons is geholpe met verjaarsdae in Junie. Die volgende verjaarsdae in JULIE benodig nog net twee weldoeners. Madubo Mahlatsi verjaar op 16 Julie en Onela Hlangwane op 28 Julie.
Ntabisenghet op 6 Junie verjaar en was erg ingenome met haar verjaarsdag-bederfies. Sy skryf só oulik die volgende: “Thank you Tannie for my cake”. Dit is vir ons as gemeente ’n voorreg om die geleentheid te kry om elke meisie in Peas se verjaarsdag vir haar ekstra spesiaal te maak. Ons sê baie dankie aan die “Tannies” vir die wonderlike gebaar.

Indien jy graag ’n meisie op haar verjaarsdag met koek en skool-toe-vat-lekkernye wil bederf, skakel gerus Ds. Bernice, Ds. Dewald of die kantoor.
PEN - WINTERHOOP
GEE HOOP GEE WARMTE

Die winter het ons stil-stil bekruip. Die koue kloue het reeds diep in ons gebeentes kom nes skop. Terwyl ons saans knus met ’n vol maag op die elektriese kombers onder ’n warm duvet lê, is daar baie mense wat nie so bevoorreg is nie. Daarom neem ons weer die vrymoedigheid om, soos elke jaar aan die begin van die winter, die WinterHoop-trollie by die ingang van die kerk te “parkeer”, gereed om donasies te ontvang.
WinterHoop is ’n gemeenskapsuitreik-inisiatief wat daarop gemik is om kwesbare en hawelose mense gedurende die wintermaande te ondersteun. Deur middel van hierdie veldtog word noodsaaklike winterbenodigdhede soos komberse, slaapsakke, warm klere, kospakkies en higiënepakkies ingesamel en versprei. Daar word ook bewusmaking rondom haweloosheid geskep, en waar moontlik word mense in nood met gespesialiseerde ondersteuningsdienste verbind.
Die inisiatief bring kerke, besighede, skole en gemeenskapslede saam om ’n betekenisvolle verskil te maak in die lewens van mense wat gedurende die koue wintermaande swaarkry.
Indien u graag wil bydra, kan u enige van die genoemde items in die WinterHoop-trollie plaas. Elke kombers, elke kledingstuk en elke kospakkie bring nie net fisiese warmte nie, maar ook hoop en menswaardigheid aan iemand wat dit broodnodig het.
Items benodig. (Klik hier)
Sinodenuus

NOORDELIKE SINODE KOMMUNIKASIE
Ons deel graag die nuusbrief van die Noordelike Sinode die "Verskil". (Klik hier)
Gemeente Besonderhede

KONTAKBESONDERHEDE
Leraars
Ds. Bernice Serfontein * E-pos: [email protected] / Sel: 083 417 5133
Ds. Dewald Roux * E-pos: [email protected] / Sel: 072 755 7817
Kantoorpersoneel

Maryke Meter * E-pos: [email protected]
Hannatjie Venter * E-pos: [email protected]
Jabu Mtau * Koster: 064 700 7004
Kontak Ons
Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557
BELANGRIK
Stoor dié nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang
Landlyn: 012 460 3913
Adres: Deystraat 353, Nieuw Muckleneuk.
(Oorkant Anton van Wouw Laerskool)
Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075
GPS – KOöRDINATE:
Lat. -25º 46 31.95
Decimal: -25.775542211330446
Long. 28º 13 55.45
Decimal: 28.232068419456482

