NGK Waterkloof

GEMEENTEBRIEF 21 - 27 FEBRUARIE 2026

February 19, 202610 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

Gedagte Vir Die Week

1

Liewe gemeentevriend,

n Gebed vir Lydenstyd

In hierdie dae verwonder ons ons oor die mens,

Jesus van Nasaret

Seun van die Mens,

Seun van God.

Ons verwonder ons oor die mens wat ons self is,

Jesus van Nasaret.

Wat is ons tog,

Dat U aan ons dink,

Wat is ons dat U U oor ons ontferm?

Dat U aan ons soveel heerlikheid gee, soveel goedheid, soveel eer,

Soveel grootsheid, soveel glans?

Ons verwonder ons oor die mens wat U is, Jesus, Seun van die mens.

Wie is U tog,

Wat kinders na U toe trek en hulle seën,

Wat siekes ophef en herstel,

Wat die bose weerstaan,

Wat eenvoudiges uitnooi tot gemeenskap met U?

Ons verwonder ons oor u passie vir ons, Jesus,

Seun van God-

Oor u liefde tot die einde toe,

Oor u lyding, u kruis, u sterwe

kruis

Alles vir ons,

Alles uit liefde vir ons?

In hierdie dae verwonder ons ons oor onsself,

Jesus van Nasaret,

En oor U.

Ons aanskou onsself in U, in u lewe, in u lyding, in u liefde,

En ons verwonder ons.

Want wat is die mens tog, Here

Dirkie Smit Dieper as wat ons dink.

Erediens Inligting

2

SONDAG 22 FEBRUARIE 2026

EERSTE SONDAG IN LYDENSTYD

09:00: Erediens in die kerkgebou o.l.v. ds. Bernice. Kyk mooi! (Joh. 1:29-31)

Musiek: Joyce Viljoen

Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.

18:00: Erediens in die kerkgebou o.l.v. ds. Dewald. Ek is die verskil.

Tiener- en Verbintenisgroepe na afloop van die erediens. Koffie-kuier op die stoep.

Ds. Dewald behartig Sondagoggend die kontemplatiewe erediens te Groenkloof.

SONDAG 1 MAART 2026

09:00: Erediens in kerkgebou o.l.v. ds. Dewald.

Musiek: Friena Maritz

Tydens die erediens word die doop bedien aan Dirk en Liesl Odendaal se seuntjie, Diederik Willem en D.P. en Ryná Du Plessis se seuntjie, Ilán Ryno.

Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.

18:00: Erediens in die kerkgebou o.l.v. ds. Bernice. Tiener- en Verbintenisgroepe na afloop van die erediens. Koffie-kuier op die stoep.

Ons Gee Om

Ons gee om

Ons stel áltyd belang in al ons gemeente-vriende se wel en wee. Laat weet asseblief die kerkkantoor of enige van die leraars van gebeure / ervarings / nuus wat julle graag met ons as gemeente-vriende sal wil deel, sodat ons kan meeleef – die vreugde en die hartseer kan deel!

gee om

Ons Dink Aan

  • Sybrand Grobbelaar wat Donderdag (19 Februarie), ‘n ingrypende prosedure ondergaan het. Ons is dankbaar dat die operasie suksesvol verloop het.

  • Yolani Kriek se boetie, Johan Breytenbach, wat in ’n motorongeluk ernstig beseer is. Hy is Woensdag, 18 Februarie oorgeskuif na Midstream rehabilitasie-sentrum.

  • Danie, Jenny, David, Daniel en Zea de Villiers. Danie ondergaan tans intensiewe behandeling. Ons hou Danie en hulle as gesin in ons gebede.

  • Dita Nel wat aan die einde van verlede jaar ’n baie ingrypende kaakoperasie in Cintocare Hospitaal ondergaan het en vir ’n geruime tyd in die intensiewe sorgeenheid was. Sy is ‘n wyle gelede uit die intensiewe sorgeenheid oorgeskuif na ’n gewone saal waar sy stadig maar seker sterker word – buitengewoon goed vir ’n 97-jarige persoon.

BELANGRIK: In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die leraars.

Veels Geluk!

koek

Verjaarsdae op Sondag, 22 Februarie: Frik Pohl.

Verjaarsdae 80 en op: Marie Brandt op 21 Februarie.

Verjaarsdae res van die week: Saterdag, 21 Februarie: Wilma Beukes-Bekker, Marie Brandt, Susan Marlow, Pierre Mulder en Anjo Wienand. 23 Februarie: Rina Edwards, Jeanine Meter-Oelofse en Tilla Nel. 26 Februarie: Mornay Greyling, Milly Kriek, Ula Krüger en Christiaan Roode. 27 Februarie: Ariché du Toit.

‘n Baba is gebore!

Baie geluk aan Stefan en Marietjie Nell met die geboorte van hulle kleindogter, Klara Els wat Dinsdag, 17 Februarie gebore is. Mag sy vir julle hele familie ‘n wonderlike bron van vreugde wees.

BABA KLARA

Ek is Nuut

Ek is nuut

Nuwe intrekkers in ons gemeente – julle is so welkom! Dit is vir ons ’n voorreg om julle in ons midde te hê. Een van die leraars of ‘n kerkraadslid sal julle graag direk na die erediens by die Nagmaaltafel ontmoet. Kontak asseblief die kerkkantoor om julle inligting deur te gee.

BANNER

BELANGRIK: Ons sal dit ook baie waardeer, indien gemeentelede die kantoor sal kontak om inligting aan te pas aan te vul of by te werk. (Landlyn: 012 460 3913 / WhatsApp: 083 442 9557)

Voed Jou Gemoed

Voed jou gEMOED
  • Erediens: Princess Christian op Dinsdag, 24 Februarie om 10:30 en Huis Piek op Woensdag, 25 Februarie om 10:30.

  • Bybelstudie: Woensdag, 25 Februarie 2026 om 9:00 in die kinderkamer.

  • Sit in Mekaar se Stilte 196: Op die Woestynpad. (klik hier). Dankie, François!

  • Weeklikse oordenking: Die Slagofferverhaal (Viktimisasieverhaal). Dankie, ds. Pieter.(klik hier)

  • Huisgeloof: “Ek is ... die opstanding en die lewe.” (Klik hier)

Kinders, Jeug en Familie

Kinders banier

KINDERBEDIENING OPLEIDING

In die kinderbediening is ons tans besig met die “Ek is”-uitsprake van Jesus. Verlede week het ons stilgestaan by die woorde: “Ek is die Goeie Herder.” Ons het herders gemaak met herwinde materiaal. Die Goeie Herder herinner ons daaraan dat Jesus elke dag by ons is - selfs wanneer ons bang, onseker of alleen voel. Soos ’n herder sy skape ken, ken Jesus elkeen van ons op die naam.

kids

Ons oulike voorskool maats

Gemeente Geleenthede

ggl

ASWOENSDAG - 18 FEBRUARIE

Op Woensdag, 18 Februarie, het ons ’n gesamentlike Aswoensdag-erediens in Groenkloof gemeente se erediensruimte gehad. Ons het vir ’n oomblik kon stil staan en nadink oor wat dit beteken om ook die skadukante van ons eie lewens te besoek, die donker hoekies waar ons nie onsself gereeld toelaat nie. Aswoensdag het ons weer daaraan herinner dat Christus die diepte van ons seer verstaan en ook in die seerste tye van ons lewens, by ons is.

ASWOENSDAG

So beskryf ’n lidmaat wat die geleentheid bygewoon het, die belewenis: “ Ek het nog nooit voorheen ’n Aswoensdagdiens bygewoon nie. Dit was vir my ‘n besondere belewenis wat my vir die eerste keer bewustelik laat nadink het oor die betekenis van Lydenstyd. Dit is ‘n geleentheid wat ek in die toekoms nie wil misloop nie”.

Skakel na Woensdag se erediens: https://youtube.com/live/OwfzLyy65Zg?feature=shared

WIT OLIFANT-VERKOPING – 28 FEBRUARIE

WIT OLIFANT

Gemeente en Gemeenskapsnuus

Gemeente

KOMMUNIKASIE EN VOORKEURE

Ons wil graag effektief met jou kommunikeer en jou voorkeure respekteer. Klik op hierdie skakel en neem asseblief 'n oomblik om hierdie vorm in te vul.

OUERS! DAGBOEK DIE DATUM!

Emma Sadleir, 'n digitale regskenner met uitgebreide kennis oor gevare van selfone en sosiale media vir kinders en jongmense, gesels op 26 Februarie om 18:00 met alle belangstellendes in Anton van Wouw Laerskool se Amfi.

EMMA SADLEIR

Kom woon gerus dié insiggewende en uiters belangrike, relevante gesprek by. Skakel gerus Anton van Wouw Laerskool vir meer inligting (012 460 3024)

FOTO'S VIR ONS FOTOMUUR

FOTOMUUR

Elke foto teen ons fotobord bly vir ons kosbaar. Tog het dit tyd geraak om die bord weer ’n bietjie lewe te gee met die toevoeging en wisseling van nuwe foto’s. Sussie-"fotograwe" Zabeth, Hanlie en Magdil Wessels gaan op Sondae tussen ons rondloop en foto’s neem. As een van hulle tydens die teedrink-kuier by julle verbyloop, neem asseblief die vrymoedigheid om hulle te vra vir ’n familie “kiekie”. Dit sal vir ons vreeslik baie beteken. Indien jy dalk ook ’n kopie wil hê, kontak die kerkkantoor!

HUIS PIEK

Huis Piek-Forum

“Ek is nou amper drie jaar baie gelukkig hier en sal nêrens so lekker kan bly nie.”

Aanhaling uit die mees onlangse uitgawe van "Piekfyn", die nuusbrief van Huis HJ Piek.

Ons het op die 12de Februarie weer met die Huis Piek-Forum gekuier as deel van ons verbintenis tot Senior Volwassebediening. Die Huis Piek-Forum bestaan uit inwoners van Huis Piek en elkeen beklee ’n portefeulje in die aktiwiteite wat Huis Piek die lekker-bly-ervaring maak soos die aanhaling luidkeels verkondig.

Hierdie kuiers met die Forum is altyd hoogtepunte en ons slyp mekaar wedersyds en kom elkeen verryk daaruit. In hierdie gesprek het ons gesels oor “Uitdagings”, “Opgewondeheid” en “Verbeelding”.

Die uitdagings wat gesprekspunte geraak het, het eintlik merendeels geleenthede uitgewys. Huis Piek het onlangs met ’n “Granny Day Care”-program begin en gedagtes is uitgeruil oor inskakeling, roetines en sekuriteit. Saam is besluit om die sosiale geleenthede wat aangebied word, as “Roetemerkers” te begin vier.

Opgewondenheid oor die uitmuntende versorging van liggaam (o.a. die heerlike etes), siel en gees is uitgespreek. Erkenning is ook gegee oor die wyse waarop die bestuur uit hul pad gaan om dit vir almal moontlik te maak om daar aan te bly. “Vrymoedigheid” is as sleutelwoord geïdentifiseer om al die inwoners uit te nooi om te inisieer en volheid deel te neem.

Verbeeldingryk is daar gedroom oor die toekoms. Verbeelding raak so eintlik die vervolg op die opgewondenheid en gemeenskap en omarming van diversiteit is voorgestel as groei-areas vir Huis Piek.

Wat ’n kosbare pad om met Huis Piek te loop!

  • François Wessels. (Kerkraadverteenwoordiger - Huis Piek)

VARS NUUS UIT ODESSA

Stéfan en Hensie van der Merwe bedien reeds sedert 2003 in Oekraïne. Waterkloof-gemeente is deur al die jare op welke wyse betrokke by die Van der Merwes se bediening. Hensie het onlangs vir ons 'n video gestuur wat vir ons ’n klein kykie gee in hulle daaglikse lewe en bediening.

Maak gebruik van die onderstaande bankbesonderhede, indien jy graag ’n bydrae wil maak.

Bankbesonderhede: NG Kerk Waterkloof, ABSA, Rekeningnommer: 1500580077, Verwysing: merk duidelik Oekraïne

EUGENE MARAIS NATUURPARK

Eugene Marais Natuurpark in Groenkloof, Pretoria, is ‘n rustige klein natuur-juweeltjie met oorspronklike inheemse plantegroei. Dit skep so ‘n natuurlike ongereptheid wat ‘n verskeidenheid voëls, vlinders, vlermuise en ystervarkies lok. 'n Kort sirkelpaadjie kronkel deur die bosagtige terrein, wat besoekers toelaat om die natuur rustig te verken, die verskeidenheid inheemse bome – Witstinkhout, Haakdoring, Bergkaree, Wildepeer en nog meer te bekyk en sommer net ontsnap van die stadsgewoel – dit is ‘n ideale plek vir refleksie en natuurfotografie en ook ‘n geleentheid om julle honde aan leibande ‘n bietjie te laat snuffel en oefening te gee. Die park is die laaste Sondag van elke maand van 08:00 tot 16:00 oop vir besoekers en toegang is gratis.

EUGENE MARAIS PARK

Ons Voetspore In Die Gemeenskap

voetspore

"PEAS IN A POD"

VAKATURE PROJEKBESTUURDER

PEAS IN A POD is op soek na belangstellendes wat graag sou wou aansoek doen vir hulle vakante Projekbestuurderpos. Indien jy sou belangstel, klik op dié skakel vir die posbeskrywing. Vir meer inligting m.b.t. die posisie, skakel gerus vir Stephan Barac. (082 554 8941)

VERJAARSDAE

Deur die loop van verlede jaar het ons elke meisie in die "PEAS"-huis se verjaarsdag spesiaal gemaak en die hartije warm laat klop met ‘n verjaarsdagkoek, asook ‘n bederfie van ‘n aard (lekkernye - koek, kolwyntjies, lekkergoed, ens.) om saam skool toe te stuur. Ons wil graag vanjaar voortgaan met dié inisiatief. Die oor-tot-oor-glimlag op elke jongmens se gesig, kan geen geld ter wêreld koop nie!

PEAS

Die volgende verjaarsdae is om die draai. OnthatileMatsemelo word op 8 Maart nege jaar oud, en Simoné Bekker op 20 April sewentien! Indien jy graag ‘n meisie op haar verjaarsdag met koek en skool-toe-vat-lekkernye, wil bederf, skakel gerus vir ds. Bernice, ds. Dewald of die kantoor.

Sinodenuus

Sinodenuus

NOORDELIKE SINODE KOMMUNIKASIE

Ons deel graag die nuusbrief van die Noordelike Sinode die "Verskil" [hier]

Gemeente Besonderhede

11

KONTAKBESONDERHEDE

Leraars

Ds. Bernice Serfontein * E-pos: bernice.serfontein@gmail.com

Ds. Dewald Roux * E-pos: dewaldroux2@gmail.com / Sel: 072 755 7817

Kantoorpersoneel

kantoor

Maryke Meter * E-pos: ngwaterkloof@gmail.com

Hannatjie Venter * E-pos: ngkwater@yebo.co.za

Jabu Mtau * Koster (Skakel kantoornommer)

Kontak Ons

Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557

BELANGRIK: Stoor dié nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang

Landlyn: 012 460 3913

Adres: Deystraat 353, Nieuw Muckleneuk.

(Oorkant Anton van Wouw Laerskool)

Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075

GPS – KOöRDINATE:

Lat. -25º 46 31.95

Decimal: -25.775542211330446

Long. 28º 13 55.45

Decimal: 28.232068419456482

map

Bank
Back to Blog