NGK Waterkloof

GEMEENTEBRIEF 12 DESEMBER - 16 JANUARIE 2026

December 11, 202513 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
wegwyser

Gedagte Vir Die Week

1

GEDAGTE VIR DIE FEESGETY

Liewe gemeente-vriend,

Kersfees bring ons elke jaar weer by die wonder van die Evangelie: dat God self na ons toe kom — nie in mag en majesteit nie, maar in die broosheid van ’n Kind. In die nederigheid van die krip vind ons die diepste troos: God is Immanuel, God mét ons.

Wanneer ons terugkyk op die jaar 2025, is daar soveel waarvoor ons opreg dankbaar is. Ons dank die Here vir ’n besondere gemeente — vir elkeen wat met oorgawe dien, opbou en saam met ons die geloofspad stap. Ons is dankbaar vir die vele oomblikke waarin God se lig deur ons gemeente sigbaar geword het in die breër gemeenskap. Dankbaar vir die liefde en meelewing waarmee ons mekaar dra, sáám hoop vind en saam in geloof groei. Ons is dankbaar vir die geleentheid om gereeld saam te kan kuier.

Ons besef dat hierdie seisoen vir baie van ons gemengde emosies bring: vreugde en verlange, lig en donker, volheid en verlies. Daarom bid ons dat die vrede van Christus, wat alle verstand te bowe gaan, elkeen se huis en hart in hierdie tyd sal vul. Mag ons die engel se woorde opnuut hoor: “Moenie bang wees nie. Kyk, Ek bring vir julle ’n boodskap van groot vreugde.”

Baie dankie dat ons die voorreg het om hier Leraars te mag wees — om saam te leer, te groei en deur God gevorm te word. Waterkloofkerk bly vir ons ’n groot seën.

’n Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige Nuwejaar, opnuut gevul met God se genade, wysheid en vrede.

Julle baie bevoorregte leraars - Bernice & Dewald

Advent

Erediens Inligting

2

ADVENT 3 - VREUGDE

SONDAG 14 DESEMBER 2025

09:00: Erediens in kerkgebou o.l.v. Ds. Dewald. Tema: Vreugde? (Filippense 4:1 – 9)

Musiek: Friena Maritz

Na afloop van die diens vier ons die Vreugde van die Evangelie met Saronsberg Pienk (Shiraz Rose).

ADVENT 4 - LIEFDE

SONDAG 21 DESEMBER 2025

09:00: Erediens in kerkgebou o.l.v. Ds. Dewald.

Musiek: Ronel Bosman

Kuier en verversings op die stoep na afloop van die erediens

CHRISTUSFEES

DONDERDAG 25 DESEMBER 2025

09:00: Erediens in ons kerkgebou saam met Groenkloof gemeente o.l.v. Ds. Dewald.

Musiek: Bessie Keun.

Kuier en verversings op die stoep na afloop van die erediens

SONDAG NA KERSFEES

DONDERDAG 28 DESEMBER 2025

09:00: Erediens in kerkgebou o.l.v. Ds. Leon Westhof

Musiek: Bessie Keun.

Kuier en verversings op die stoep na afloop van die erediens

VOORSPOED

EPIFANIEFEES

SONDAG 4 JANUARIE 2026

09:00: Erediens in kerkgebou o.l.v. Ds. Dewald.

Musiek: Surette Prinsloo.

Kuier en verversings op die stoep na afloop van die erediens

SONDAG 11 JANUARIE 2026

09:00: Erediens in kerkgebou o.l.v. Ds. Dewald.

Musiek: Ronel Bosman

Kuier en verversings op die stoep na afloop van die erediens

Ons Gee Om

Ons gee om

Ons stel altyd belang in al ons gemeente-vriende se wel en weë. Laat weet asseblief die kerkkantoor of enige van die leraars van gebeure / ervarings / nuus wat julle graag met ons as gemeente-vriende sal wil deel, sodat ons kan meeleef – die vreugde en die hartseer kan deel!

Ons vier saam

Pieter en Betsie Schaap baie geluk met die huweliksbevestiging van julle dogter Lize met Richard Dixon op Sondag 14 Desember. Ons sê ook geluk aan die nuwe egpaar. Mag hierdie nuwe hoofstuk vir julle as egpaar gevul wees met oorvloedige seën, liefde, vreugde en ’n diepe verbondenheid wat met elke jaar al sterker word.

Lize Schaap

Ons dink aan

- Lelani Claassen met die die afsterwe van haar eggenoot en geliefde gemeente-vriend, Gerhard Claassen. Die gedenkdiens het Vrydag, 12 Desember in ons erediensruimte plaasgevind

- Corrie Pelser en Esther Nell met die afsterwe van Peet Pelser, eggenoot en pa. Die gedenkdiens vind op Woensdag, 17 Desember om 11:00 in ons erediensruimte plaas.

- Dita Nel wat 'n intensiewe kakebeen-operasie ondergaan het. Alhoewel die operasie suksesvol verloop het en dit met haar goed gaan, sal sy nog ’n geruime tydjie in die hospitaal en ‘step down’ wees, sodat sy met behulp van kundige sorg spoedig sal herstel.

- Daleen van Rooyen, Betsie Schaap se mammie wat Woensdag, 10 Desember ’n skouer-operasie ondergaan het. Ons wens haar ’n spoedige herstel toe.

- Danie, asook Jenny, David, Daniel en Zea de Villiers. Danie gaan Maandag, 15 Desember vir ingrypende neurochirurgie.

- Isaak Nortje (Sakkie), pa van Melanie Coetsee wat ‘n hartklep-vervanging ondergaan het en komplikasies ontwikkel het na die operasie.

In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die leraars. Ds. Dewald is 'aan diens' tydens die Feesgety.

Geluk aan almal wat gedurende die Feestyd en vakansie verjaar

Veels geluk

Week: 12 – 19 Desember

Verjaarsdae op Sondag, 14 Desember: Ed Laubser en Daan Zeeman.

Verjaarsdae 80 en op: Johan Louw op 13 Desember en Ita Pretorius op 16 Desember.

Verjaarsdae res van die week: Saterdag, 13 Desember: Ricaldo Coetzee, Ulinda de Jager, Emily Esterhuysen, Seifert Hager, Natasha Janse van Rensburg, Rianca Jansen van Vuuren, Johan Louw en Jaap Muller. 15 Desember: Vernon Harms en Henk Potgieter. 16 Desember: Ita Pretorius. 17 Desember: Chris Büchner. 18 Desember: Nicholas Jansen van Rensburg en Janetta van Niekerk. 19 Desember: Carina van Vuuren en André van Wyk.


Week: 19 - 26 Desember

Verjaarsdae op Sondag, 21 Desember: Magdil Wessels.

Verjaarsdae 80 en op: Marianne Louw op 20 Desember, Egon Fürstenburg op 23 Desember, André Brandt op 25 Desember en Gert Pienaar op 26 Desember.

Verjaarsdae res van die week: Saterdag, 20 Desember: Eduard le Roux, Marianne Louw en Raykin van Heerden. 22 Desember: Constandt Furstenberg. 23 Desember: Egon Fürstenburg en Frieda Pritchard. 24 Desember: Liza Hough. 25 Desember: Noeleen Badenhorst, André Barandt en Pieter de Villiers. 26 Desember: Gert Pienaar.


Week: 26 Desember 2025 - 2 Januarie 2026

Verjaarsdae op Sondag, 28 Desember: René Jansen van Rensburg en Suna van der Merwe.

Verjaarsdae 80 en op: Elma Ackermann op 29 Desember, Edith Roberts op 30 Desember en Franciena Bird op 2 Januarie.

Verjaarsdae res van die week: Saterdag, 27 Desember: Magde Britz, Marelize Smit en Hester von Wielligh. 29 Desember: Elma Ackermann. 30 Desember: Joggie de Preez, FC du Toit, Liesl Hager, JC Kriek, Francois Kriel en Dorothy van der Merwe. 31 Desember: Rene Jansen van Rensburg, Ronel le Roux, Marietjie Nell en Gerda Smit. 1 Januarie 2026: Elmarie Becker en Melt van Niekerk. 2 Januarie: Franciena Bird, Elke Pronk en Catherine van Reenen.


Week: 2 Januarie 2026 – 9 Januarie 2026

Verjaarsdae op Sondag, 4 Januarie: Frans Krause.

Verjaarsdae 80 en op: Maria Collins op 7 Januarie.

Verjaarsdae res van die week: 5 Januarie: Doné Boshoff, Lise Campher, Christiaan du Bruyn, Mariana Prichard en Erik Pronk. 6 Januarie: Christiaan Raats en Lente Roode. 7 Januarie: Maria Collins en Michell van Reenen. 8 Januarie: Johann Fourie, Zack Malherbe, Esther Toerien, Dawie van Vuuren en Janko Zeman. 9 Januarie: Theresa du Preez en David Pritchard.


Week: 9 Januarie – 16 Januarie

Verjaarsdae op Sondag, 11 Januarie: Pierre de Jager, Dreyer van der Merwe en Wouter van der Merwe.

Verjaarsdae 80 en op: Vera de Klerk op 10 Januarie en Pierre de Jager op 11 Januarie.

Verjaarsdae res van die week: Saterdag,10 Januarie: Vera de Klerk en Altus Pretorius. 12 Januarie: Sue Prinsloo en Thom Prichard. 13 Januarie: Isabella Esterhuysen, Anton le Roux en Loïs Pistorius. 14 Januarie: Leanda Meintjies. 15 Januarie: Hennie de Vos. 16 Januarie: Mariëtte du Plessis, Stephan Ferreira en Hugo Mokken.

veels geluk

Ek is Nuut

Ek is nuut

Nuwe intrekkers in ons gemeente – julle is so welkom! Dit is vir ons ’n voorreg om julle in ons midde te hê. Een van die leraars of ‘n kerkraadslid sal julle so graag direk na die erediens by die Nagmaaltafel ontmoet. Kontak asseblief die kerkkantoor om julle inligting deur te gee.

BELANGRIK: Ons sal dit ook baie waardeer, indien gemeentelede die kantoor sal kontak om inligting aan te pas aan te vul of by te werk. (Landlyn: 012 460 3913 / WhatsApp: 083 442 9557)

Nuwe inrekkers

Voed Jou Gemoed

Voed jou gEMOED
  • Sit in Mekaar se Stilte 189 – ‘Adventsondag 3: Vreugde’ [klik hier] Dankie François!

  • Sit in Mekaar se Stilte 190 – ‘Adventsondag 4: Liefde’ [klik hier] Dankie François!

  • Daaglikse meditasie: Francois Wessels YouTube kanaal [klik hier]

  • Eredienste: Princess Christian hervat weer op 27 Januarie 2026 en by Huis Piek op 28 Januarie 2026.

  • Bybelstudie: Ons sien uit daarna om vanaf 11 Februarie 2026 weer saam te kuier rondom interessante onderwerpe.

  • Huisgeloof vir Desember: https://dinkjeug.co.za/adventpakkie-2025/

Gemeente Geleenthede

ggl

BELANGRIKE DATUMS IN ONS 2026 KALENDER

18 JANUARIE – Kinderbediening opening

18 JANUARIE – Aanddienste met tiener- en verbintenisgroepe hervat

25 JANUARIE – Gemeente “brunch” – Die hele gemeente word hartlik uitgenooi om na afloop van die erediens saam te kom “brunch” eet.

20 FEBRUARIE – Vrolike Vrydagfees

15 MAART – Verbintenis-geleentheid

22 MAART – Pasga ete

VRYDAG 2 APRIL en SONDAG 5 APRIL – Paasfees (Kruisdra en afhaal)

18 MEI – 21 MEI – Pinkster

21 AUGUSTUS – Vrydagfees met musiek

29 AUGUSTUS – Gemeentefees

20 SEPTEMBER – Lentefees

15 NOVEMBER – Herinneringsdiens

30 NOVEMBER – Kerssangdiens

KINDER- JEUG- EN VERBINTENISGROEPE

Na ‘n besige jaar gun ons al ons jongmense, klein en groot ‘n welverdiende blaaskans. Ons hoop julle hou almal heerlik vakansie! Mag die Kersgety vir julle betekenisvol, vrolik en vol vreugde wees. Ons sien met verwagting uit na 2026 waar ons weer saam op ‘n geloofsvormende reis sal wees.

Van 18 Januarie 2026 sal die jongemense, vanaf voorskool tot en met graad 6 weer afskop met kinderbediening. Hulle begin die diens saam met hulle ouers in die kerk, en beweeg dan op ’n gepaste tyd na die saal vir ‘n interaktiewe, ouderdomsgepaste, kreatiewe en verstaanbare ontmoeting.

Ons glo dat kinders nie net die kerk van die toekoms is nie, maar reeds nou ’n integrale deel van die geloofsgemeenskap uitmaak. Dis vir ons ’n voorreg om hulle week na week te help om die Here beter te leer ken en saam met ander kinders gevorm te word in geloof.

Op 18 Januarie 2026 begin ons weer met ons aanddienste in ons erediensruimte. Die Aanddiens om 18:00 is ‘n informele kontemporêre byeenkoms wat ruimte bied vir alle ouderdomme om God se teenwoordigheid te ervaar en saam te dink en gesels oor die lewe. Na afloop van die erediens is daar tiener- en verbintenisgroepe. In hierdie ruimte kan eerlike gesprekke plaasvind en natuurlik is daar ook geleentheid om sommer net lekker saam te kuier. Aanddienste vind slegs gedurende skoolkwartale plaas.

Gemeente en Gemeenskapsnuus

Gemeente

2026 KALENDER

Uiteindelik is ons 2026 kalenders beskikbaar. Neem gerus 1 of 2 en ook vir van ons gemeente-vriende wat dalk nie by die kerk kan uitkom nie. Die kalenders sal elke Sondag by die deure beskikbaar wees en julle kan gerus ook ’n kopie of 2 by die kerkkantoor gaan afhaal, sodra die kantoordeure weer 'oopswaai' na die vakansie.

NOTA: Die kantoor sluit op 12 Desember en heropen op 5 Januarie 2026.

kALENDER

Die skildery op ons nuwe kalender is die alombekende “Sower in Sunset” van Vincent van Gogh. Dit is tog altyd interessant om ’n bietjie meer te wete te kom van wat regtig agter ‘n kunswerk ‘sit’, hetsy dit ‘n beeld, ‘n stuk prosawerk, ‘n gedig of ‘n skildery is. Hier volg ‘n diepere verduideliking van hierdie skildery.

De zaaier, c. 1888 - Vincent van Gogh

Vir Van Gogh was die son in sy werk gewoonlik ’n metafoor vir die goedheid van God. In hierdie geval dui die feit dat die son besig is om onder te gaan, op die naderende duisternis en ’n daarmee gepaardgaande gevoel van Godverlatenheid. Dit word versterk deur die koringland agter die vars geploegde land wat reg is om geoes te word: Die seisoen van lewe en groei is byna verby en al wat oorbly, is die naderende dood.

Teenoor hierdie werklikheid van ’n naderende einde staan die figuur van die saaier. Met sy rug op die ondergaande son gaan hy voort met sy werk om die saad te saai. Daarmee gee hy uitdrukking aan die oortuiging dat die naderende einde van die seisoen nie die einde van die hoop op ’n nuwe toekoms beteken nie. Die nuwe saad sal groei, ’n nuwe oes oplewer, en na die nag sal die son weer opkom en sy vriendelike lig oor alles laat skyn. Sonder om al die elemente in die Bybelverhaal uit te beeld, sluit dié kunswerk by die basiese strekking van die gelykenis van die Saaier (Matt 13:3-8) aan, naamlik dat dit ten spyte van alles wat op die teendeel dui, tog die moeite werd is om voort te gaan om hoopvolle dinge met die oog op die toekoms te doen.

DANKMAAND

Baie dankie vir elke dankmaand bydrae wat tot op hede al ingekom het. Ons gemeente is werklik geseënd. Skakels na die dankmaand-skrywe, sowel as die kort video met finansiële terugvoer en ook bewys van wat alles in ons gemeente gebeur, is hier onder beskikbaar, kyk gerus weer daarna

Dankmaand-video / Dankmaand-skrywe

Ons Voetspore In Die Gemeenskap

voetsporeVoetspore

Ons sê graag opreg dankie aan elke lidmaat wat saam met ons Voetspore van Hoop in die gemeenskap gelaat het. Hierdie jaar kon ons weer ’n pad stap met die jong dames van ‘Peas in a Pod’ – jong tienermeisies wat reeds te veel van die minder mooi kant van die lewe moes ervaar.

Ons kon ook betekenisvolle ondersteuning bied aan Re Gae-kleuterskool, spesifiek met betrekking tot vroeë-kinderontwikkeling, voedingsprogramme en die opleiding van onderwyseresse. Daarbenewens kon ons ook sagkens trap in die lewens van babas wat wees gelaat is en nou by ‘Daybreak–house’ ’n veilige tuiste vind. Verder het ons die voorreg gehad om die minderbevoorregte kinders van ‘Dynamic Women for Children’ en Bramley Kinderhuis te ondersteun, sowel as die seniors van Huis Piek en Princess Christian. Dit is ook vir ons belangrik om deel te wees van die groter kerklike (sinodale) diens van barmhartigheid, waar ons saam met ander gemeentes na die wêreld se nood kan kyk. Baie dankie vir elkeen se ruim hart en opregte omgee.

VARS NUUS UIT DIE OEKRAÏNE

Terwyl ons gereedmaak vir vakansie of reeds met vakansie is - by die huis, by die see of waarookal, leef ons sending-vriende in die Oekraïne, elke uur van elke dag in die skadu van die wrede oorlog wat sonder ophou teister en verwoesting saai!

Tannie Engela se dogter, Hensie stuur die volgende:

“Dear friends,

Last night another attack left our area without power once again. Since 01:30 this morning all of our team members homes are without power, water and heating.

Our home still has water, and our heating is running on battery now. We have 7 hours of battery power left.

Once more we ask for prayer for quick repairs to the damage.Not having power can be overcome, but being without water and heating is overwhelming.”

Ons dink in hierdie Feestyd aan die mense in die Oekraïne en bid dat hulle veilig gehou sal word.

Indien enige iemand ‘n skenking aan die Oekraïne-fonds wil maak:

NG Kerk Waterkloof, ABSA, Rekeningnommer: 1500580077,

Verwysing: Oekraïne-fonds

Sinodenuus

Sinodenuus

NOORDELIKE SINODE KOMMUNIKASIE

Ons deel graag die nuusbrief van die Noordelike Sinode die "Verskil" [hier]

Gemeente Besonderhede

11

KONTAKBESONDERHEDE

Leraars

Ds. Bernice Serfontein - E-pos: bernice.serfontein@gmail.com

Ds. Dewald Roux - E-pos: dewaldroux2@gmail.com / Sel: 072 755 7817

Kantoorpersoneel

Maryke Meter - E-pos: ngwaterkloof@gmail.com

Hannatjie Venter - E-pos: ngkwater@yebo.co.za

Jabu Mtau – Koster (Skakel kantoornommer)

Kontak Ons

kerk

Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557

BELANGRIK: Stoor die nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang

Landlyn: 012 460 3913

Adres: Deystraat 353, Nieu Muckleneuk.

(Oorkant Anton van Wouw Learskool)

Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075

GPS – KOöRDINATE:

Lat. -25º 46 31.95

Decimal: -25.775542211330446

Long. 28º 13 55.45 Decimal: 28.232068419456482

map

DIE KERKKANTOOR SAL GESLUIT WEES VIR DIE KERSGETY VANAF

12 DESEMBER TOT 5 JANUARIE 2026.

Bank
Back to Blog