NGK Waterkloof

GEMEENTEBRIEF 28 NOVEMBER - 5 DESEMBER 2025

November 27, 20259 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
bordjies

Gedagte Vir Die Week

1

Liewe gemeente-vriend,

GEDAGTE VIR DIE WEEK: ’n Nuwe Kerkjaar Begin

Kers

Advent, die vier weke voor Kersfees in die kerkjaar, is ’n tyd van afwagting en vreugde. En dis goed dat dié gevoel ook ver buite die grense van kerk en geloof deurgesuur het, sodat talle wat die Kind nie ken nie ook jaarliks iets kan beleef van dié gees van opwinding en dankbare verwondering.

“Living God, visit us in this season with your Holy Spirit that we may get carried away to do obedient things we have not yet done, kingdom things we did not think we had in us, neighbor things from which we cringe. May you act in us, through us, beyond us, more than we imagine, because newness is on its way among us. Amen.”

Mag dié gebed van Teoloog, Walter Brueggemann, ook ons gebed word.

Erediens Inligting

2

SONDAG 30 NOVEMBER 2025

ADVENT 1 - HOOP

baba

09:00: Erediens kerkgebou o.l.v. Ds. Fouché de Wet (Agter-Paarl gemeente). Tema: ‘On-gelooflik’. (Johannes 8)

Tydens die diens word Heinrich en Edith Botes se seuntjie William deur Ds André van Niekerk gedoop.

Musiek: Friena Maritz

Kinderbediening-afsluiting tydens die erediens

Kuier en verversings op die stoep.

18:00: Kerssangdiens o.l.v. Ds. Dewald. Tema: ‘Ons onthou, daarom is ons…’

KERSSANGDIENS

Die Kerssangdiens is elke jaar ’n hoogtepunt op ons kalender. Die musiek - soliste en orrelspel beloof om ons weereens te betower en die stemming van Kersfees in ons wakker te maak!

kerssangdiens

KRAGONDERBREKINGS

Dit gebeur soms dat ons kragonderbrekings tydens eredienste ervaar. In ons gemeente maak ons gebruik van twee ‘Omsetters’ (Inverters) wat genoeg krag verskaf om die klanksisteem en die projektor aan die gang te hou. Die omsetters is nie in staat om vir die orrel ook krag te verskaf nie. In die geval van ‘n kragonderbreking word daar dus na die klavier oorgeskakel. Daar word verder van ‘n 5 KVA kragopwekker gebruik gemaak om die kerk se ligte aan te hou. Die kleiner kragopwekker is genoeg om die kerk se ligte te laat werk, aangesien ons vroeër vanjaar al die gloeilampe op die terrein na LED verander het.

Indien die krag tydens ‘n erediens afgaan, neem dit ongelukkig so 3 minute om die ligte weer aan die gang te kry. Die klank bly egter aan en die diens kan voortgaan. Indien ons ‘n vinniger oorskakeling sou wou maak, is dit nodig vir ‘n baie groter kragopwekker wat ongelukkig nie omgewingsvriendelik sal wees nie. Die kragopwekker wat ons tans gebruik, is baie lig op brandstof. Die leierskap van die gemeente het oor jare al baie navorsing oor Sonkrag gedoen, maar telkens tot die bevinding gekom dat dit wat so ‘n stelsel gaan kos en wat dit vir ons gaan bied, ongelukkig nie strook nie. Ons besef dat so ‘n onderbreking tydens ‘n erediens ‘n mens werklik kan verontrief en daarom bedank ons lidmate vir hulle begrip in die verband.

Ons gemeente streef daarna om ook verantwoordelik oor die ekologie te dink, midde die uitdagings wat ons van dag tot dag beleef. Skakel gerus ons Kerkraadsvoorsitter, Wouter de Vos of Ds. Dewald, indien daar enige verdere navrae is.

SONDAG 7 DESEMBER 2025

ADVENT 2 - VREDE

09:00: Erediens kerkgebou o.l.v. Ds. Bernice.

Musiek: Friena Maritz.

Kuier en verversings op die stoep.

Ons Gee Om

Ons gee om

Ons stel altyd belang in al ons gemeente-vriende se wel en weë. Laat weet asseblief die kerkkantoor of enige van die leraars van gebeure / ervarings / nuus wat julle graag met ons as gemeente-vriende sal wil deel, sodat ons kan meeleef – die vreugde en die hartseer kan deel!

Veels Geluk!

Koek

Verjaarsdae op Sondag, 30 November: Ilse Antony, Annette Janse van Rensburg, Dirk Lourens en Thea Warren.

Verjaarsdae 80 en op: Thea Warren op 30 November, Louisa Huyser op 1 Desember en Alfred Huyser op 4 Desember.

Verjaarsdae res van die week: Saterdag, 29 November: Herman Vermaak. 1 Desember: Erna Botha en Louisa Huyser. 2 Desember: Stefan Nell. 3 Desember: Duncan Roberts. 4 Desember: Johan Grundling, Alfred Huyser en Hannah Wilken. 5 Desember: Nico Schoombie en Tertia Steenkamp

Ons Dink Aan

  • Jenny Raath wat op 20 November ’n ernstige rugoperasie ondergaan het. Sy word moontlik Vrydag ontslaan en sal onder Lukas se bekwame sorg aansterk.

  • Oom Antonie Gildenhuys wat op Maandag, 24 November ’n suksesvolle enkel operasie ondergaan het. Hy sterk tans tuis aan met ‘suster’ Elma wat alreeds die leesstof en gemmerkoekies aandra.

  • Isaak Nortje (Sakkie), pa van Melanie Coetsee wat ‘n hartklep vervanging ondergaan tans baie sukkel met sy gesondheid.

  • Hester von Wielligh wat Donderdag, 27 November 'n heupvervanging ondergaan het en binnekort na "Greentree Step down" oorgeplaas gaan word.

In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die leraars.

Ek is Nuut

Ek is nuut

Nuwe intrekkers in ons gemeente – julle is so welkom! Dit is vir ons ’n voorreg om julle in ons midde te hê. Een van die leraars of ‘n kerkraadslid sal julle so graag direk na die erediens by die Nagmaaltafel ontmoet. Kontak asseblief die kerkkantoor om julle inligting deur te gee.

BELANGRIK: Ons sal dit ook baie waardeer, indien gemeentelede die kantoor sal kontak om inligting aan te pas aan te vul of by te werk. (Landlyn: 012 460 3913 / WhatsApp: 083 442 9557)

Nuwe inrekkers

Voed Jou Gemoed

Voed jou gEMOED
  • Sit in Mekaar se Stilte 65 – ‘Koninkryk van die Hemel: Een in God’ [klik hier] Dankie François!

  • Eredienste: by Princess Christian en Huis Piek het hierdie week afgesluit vir die res van die jaar. Ons sien mekaar weer in 2026.

  • Bybelstudie het ook hierdie week afgesluit en hervat weer in 2026. Baie dankie aan almal wat so getrou bygewoon het. Dit was elke keer vir ons as leraars, ‘n spesiale ervaring. Ons hoop julle het dit ook so ervaar!

  • Huisgeloof: Tuisblad – Advent Skattejag. Tema: Hoop. Skakel

Gemeente Geleenthede

ggl

WYNVEILING 2025

Vrydagaand om 18:30 kuier ons heerlik saam met vriende by die Pretoria Buiteklub waar ons bekend gestel gaan word aan die wonderlike wyne wat Agter-Paarl gemeente vír ons in die Wes Kaap bymekaargemaak het. Baie dankie aan Ds Fouché de Wet van Agter Paarl gemeente en die span vir die GROOT poging. Almal wat die spog-aand gaan bywoon, het die besondere geleentheid om te leer van en te “bie” op van die heel beste wyne in ons land! Dan is daar natuurlik ook nog die geleentheid om ‘n hele kruiwa, ‘n trollie of ‘n koelsak propvol uitsonderlike bottels wyn te wen! Ons is opgewonde!

In voorbereiding vir die groot aand ...

bokse

‘n Voorsmakie van wat die gaste te wagte kan wees ….

wyn

Kinders, Jeug en Familie

Kinders

KINDERBEDIENING

kinders

Gemeente en Gemeenskapsnuus

Gemeente

OOM KOOS, ONS EIE BONSAI KONING

bonsai

Menigmaal het ons almal al een een van Oom Koos Engelbrecht se bonsais voor in die kerk bewonder. Die kuns om ‘n bonsai te kweek, het hy verseker al vervolmaak! Baie dankie Oom Koos vir die ‘leen’ van elke boompie wat ons al die voorreg gehad het om ons erediens-ruimte te versier. Ons hoop dat daar nog baie meer geleenthede sal wees om sy boompies in die toekoms voor in die kerk te kom bewonder!

Die kweek van die bonsai is ‘n stokperdjie wat die plantliefhebber se belangstelling prikkel. Tradisionele bonsai behels die kweek van geharde miniatuur bome in die buitelug volgens eeu-oue Chinese en Japanese gebruike.

Tradisionele bonsai kan in China teruggevoer word tot 1000 jaar of meer gelede. Sowat 1200 jaar gelede het die Japanese bonsai deel van hul kultuur gemaak

Die term bonsai is afkomstig van ‘bon’ en ‘sai’ waar ‘bon’ die Japanese woord vir skinkbord is en ‘sai’ vertaal kan word as plant. Om te kwalifiseer as ‘n bonsai, moet die boom in ‘n vlak pot geplant en in een van die spesifieke style gevorm wees.

Die oudste lewende bonsai in die wêreld is meer as 1000 jaar oud! Dit is ‘n ‘Ficus restusa linn’ en word in die Crespi bonsai museum in Millan, Italië bewaar. (Ilse en Koos Engelbrecht)

bonsai 2

DANKMAAND

Baie dankie vir elke dankmaand bydrae wat tot op hede al ingekom het. Ons gemeente is werklik geseënd. Skakels na die dankmaand-skrywe, sowel as die kort video met finansiële terugvoer en ook bewys van wat alles in ons gemeente gebeur, is hier onder beskikbaar, kyk gerus weer daarna

Dankmaand-video

Dankmaand-skrywe

"RELIGARE: DIA LOGOS WITH THE MACHINE"

Ons het verlede week geraak aan Karen Harkema se finale kuns-projek wat tans deel is van ’n uitstalling by UNISA se kuns gallery tot 22 Januarie 2026. Maak gerus ’n draai daar, indien die onderwerp jou aanraak! Sy vertel dat Ds. Dewald haar gehelp het om haar titel saam te stel. Sy vertelling oor die uitleg, argitektuur ens. van die kerk en ook die voorstelle m.b.t die gebruik van ’n kerkbank, het gedien as haar inspirasie vir haar voorstelling. Soos wat Karen self sê: ‘’En ek voel die kerkbank staan as so 'n sterk simbool in my uitstalling. Dit skuif heeltemal die manier wat mens daarna kyk. Sonder die kerkbank gaan dit net oor AI. Maar met die kerkbank raak dit 'n hele storie.’’

Tema: Religare: Dia Logos with the Machine by Karen Harkema

As 'n voormalige programmeerder, nou 'n kunstenaar, het my verhouding met rekenaars en die masjien verskuif vanaf een van konstruksie na een van dekonstruksie. Waar ek voorheen met rekenaars gesels het deur middel van kode en logika, praat ek as kunstenaar vandag met die rekenaar deur middel van hul fisiese komponente. Lees gerus meer oor hierdie interessante projek. Skakel

reli

Ons Voetspore In Die Gemeenskap

voetspore

BRAMLEY KINDERHUIS EN PEAS IN A POD

’n Opregte dankie aan almal wat alreeds die pragtige toegedraaide somersnagklere by die kerkkantoor afgelaai het! Ons sal graag volgende week die pakkies wil gaan aflaai. Indien jy nog nie jou draai gekry het om by die kerk om te kom nie, doen dit gerus vroeg volgende week!

boom

PEAS IN A POD VERJAARSDAG

Ons het nog ’n laaste verjaarsdag vir die jaar – die jongedame, Eva Isaacs, verjaar in die vakansie op 4 Desember. Ons wil graag haar dag opkikker met ’n lekker verjaarsdagkoek vir die huis vir haar en haar huismaats. Indien iemand so aan die einde van die jaar nog asem oor het vir bak, laat weet gerus die Kerkkantoor.

Sinodenuus

Sinodenuus

NOORDELIKE SINODE KOMMUNIKASIE

Ons deel graag die nuusbrief van die Noordelike Sinode die "Verskil" [hier]

Gemeente Besonderhede

11

KONTAKBESONDERHEDE

Leraars

Ds. Bernice Serfontein - E-pos: bernice.serfontein@gmail.com

Ds. Dewald Roux - E-pos: dewaldroux2@gmail.com / Sel: 072 755 7817

Kantoorpersoneel

kerk

Maryke Meter - E-pos: ngwaterkloof@gmail.com

Hannatjie Venter - E-pos: ngkwater@yebo.co.za

Jabu Mtau – Koster (Skakel kantoornommer)

Kontak Ons

Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557

BELANGRIK: Stoor die nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang

Landlyn: 012 460 3913

Adres: Deystraat 353, Nieu Muckleneuk.

(Oorkant Anton van Wouw Learskool)

Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075

GPS – KOöRDINATE:

Lat. -25º 46 31.95

Decimal: -25.775542211330446

Long. 28º 13 55.45

Decimal: 28.232068419456482

map

BLYE TYDING

Die kerkkantoor se landlyn (012 460 3913)

is uiteindelik weer in werking.

Skakel gerus!

Bank
Back to Blog