NGK Waterkloof

GEMEENTEBRIEF 21 - 28 NOVEMBER 2025

November 21, 202511 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
bordjies

Gedagte Vir Die Week

1

Liewe gemeente-vriend,

GEDAGTE VIR DIE WEEK: “Wond”

Ds Marie

Ek besoek verlede week vinnig my bejaarde ouers op ons familieplaas in die Vrystaat - ouderdom is nie eenvoudig nie. Op die lughawe koop ek Gerhard Pietersen se boek "Wond", wat onlangs verskyn het en neem 'n Protea (haar gunsteling) uit die Kaap vir my ma.

Die boek trek my in, in die verhaal en ervarings van 'n kollega en vriend en ek leef my so in, dat ék self die aand op die plaas in die Vrystaat nie rustig slaap nie... Dit neem my in die gebrokenheid en verwondheid van ons land en sy mense en die trauma wat aan ons almal kleef... ons is almal verwond en soek na sin en betekenis in hierdie deurmekaar wêreld van ons... geweld, onreg, siekte, ouderdom...

Die boek se eerlike worsteling nooi my uit na 'n eerliker en dieper reis met verwondheid... myne, maar ook die van ons land en sy mense... Ek luister vanoggend vroeg weer na 'n toespraak van Biskop Tutu van jare gelede... ek sien die bewusmaking van 21 November op sosiale media wat mense oproep om op te staan teen die geweld teen vroue en kinders in ons land... My kollega herinner ons aan Martin Luther wat op 'n stadium gevra is wat hy sou doen as hy geweet het dat hy net een dag oor het om te leef... en dan antwoord Luther... hy sou 'n boomplant...

Ek vlieg terug (bewus van my ouers se broosheid) en die Kaap wag met 'n hoërskool kind wat eksamen skryf en droom oor 'n toekoms, 'n gemeente met al sy verantwoordelikhede hier aan die einde van die jaar... en Kersversierings orals in ons winkels... Ek besef daar is net een manier van leef met verwondheid... eerlik en opreg... mens stap nie om jou wonde nie... jy stap deur dit en mét dit, terwyl jy bome plant...

-Ds. Marié Britz. (Moedergemeente Stellenbosch). Sosiale Media - 18 November 2025

Erediens Inligting

2

SONDAG 23 NOVEMBER 2025

09:00: Erediens met Nagmaal in kerkgebou o.l.v. Ds. Dewald. Tema: Die Krakeel rondom ons. (Matteus 14:22 – 33)

Musiek: Friena Maritz

Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.

18:00: Geen Aanddiens a.g.v. die eksamen.

Tydens die erediens gee die leraars terugvoer rakende die Waterkloof - Groenkloof samewerking.

SONDAG 30 NOVEMBER 2025

09:00: Erediens kerkgebou o.l.v. Ds. Fouché de Wet (Agter-Paarl gemeente).

Tydens die diens word Heinrich en Edith Botes se seuntjie William deur Ds André van Niekerk gedoop.

Musiek: Friena Maritz

Kinderbediening-afsluiting tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.

18:00: KERSSANGDIENS.

Ons Gee Om

Ons gee om

Ons stel altyd belang in al ons gemeente-vriende se wel en weë. Laat weet asseblief die kerkkantoor of enige van die leraars van gebeure / ervarings / nuus wat julle graag met ons as gemeente-vriende sal wil deel, sodat ons kan meeleef – die vreugde en die hartseer kan deel!

Veels Geluk!

Koek

Verjaarsdae op Sondag, 23 November: Frances Dreyer en Rikard van Hoven.

Verjaarsdae 80 en op: Lucille Lohse en Corrie Stapelberg op 28 November.

Verjaarsdae res van die week: Saterdag, 22 November: Ludolph Hough en Marinda Zerwick. 24 November: Estelle Fyfe, Johannes Grobler, Hennie Meyer en Mischa Neethling. 25 November: Waldo Büchner, Gustav Hough, Linda van Deventer en Nikki Wessels. 26 November: Bella Pera. 27 November: Ruan Coetsee en Ida Robinson. 28 November: Francois du Toit, Lucille Lohse, Esther Nell en Corrie Stapelberg

Ons Dink Aan

-Isaak Nortje (Sakkie), pa van Melanie Coetsee wat ‘n hartklep vervanging ondergaan het en komplikasies ontwikkel het na die operasie.

-Jenny Raath wat op 20 November ‘n ernstige rugoperasie ondergaan het. Ons is dankbaar om mee te deel dat die operasie goed verloop het.

-Oom Antonie Gildenhuys wat op Maandag, 24 November ’n enkel operasie ondergaan.

In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die leraars.

Ek is Nuut

Ek is nuut

Nuwe intrekkers in ons gemeente – julle is so welkom! Dit is vir ons ’n voorreg om julle in ons midde te hê. Een van die leraars of ‘n kerkraadslid sal julle so graag direk na die erediens by die Nagmaaltafel ontmoet. Kontak asseblief die kerkkantoor om julle inligting deur te gee.

BELANGRIK: Ons sal dit ook baie waardeer, indien gemeentelede die kantoor sal kontak om inligting aan te pas aan te vul of by te werk. (Landlyn: 012 460 3913 / WhatsApp: 083 442 9557)

Nuwe inrekkers

Voed Jou Gemoed

Voed jou gEMOED
  • Sit in Mekaar se Stilte 149 – God se Koninkryk binne-in Ons’ [klik hier] Dankie François!

  • Eredienste: Princess Christian op Dinsdag, 25 November, 10:30 en Huis Piek op Woensdag, 26 November 10:30.

  • Bybelstudie afsluiting: Woensdag 26 November 9:00 in die kinderkamer. Dit is ons laaste byeenkoms van die jaar! Baie dankie aan almal wat so getrou bygewoon het. Dit was elke keer vir ons as leraars, ‘n spesiale ervaring. Ons hoop julle het dit ook so ervaar!

  • Huisgeloof: Tuisblad – Koning. Skakel

Gemeente Geleenthede

ggl

WYNVEILING 2025

Die jaarlikse wynveiling is een van ons GROOTSTE fondsinsamelings en HEERLIKSTE kuiers van die jaar. Maak sommer ’n klompie vriende bymekaar en kom geniet die genotvolle aand saam! Tafels, sowel as individuele kaartjies is te koop beskikbaar. (Sien plakkaat) Tyd raak min, so reageer spoedig as julle dit nie wil misloop nie!

Wynveiling

reg vir aksie

lootjie

Lootjiewenners - Wynveiling 2024

collague

KERSLIEDERE BY KERSLIG

Waterkloof gemeente het vanjaar die voorreg om saam met Groenkloof gemeente die Kersliedere by Kerslig te reël. Die aand sal deur Groenkloof en Waterkloof aangebied word, en ons sien met groot opgewondenheid daarna uit om deel te wees van hierdie besondere gemeenskapsprojek.

Kom vier die Kersseisoen saam met ons by Kersliedere by Kerslig.

Donderdag, 27 November 2025 - NG Kerk Groenkloof, 75 Van Wouwstraat.

’n Betowerende aand met Kersliedere in Afrikaans en Engels, liggies, musiek, en saamwees onder die sterre. Bring jou familie, vriende, piekniekmandjie en komberse vir ’n heerlike buitelug-ervaring.

Almal is welkom!

KERSSANGDIENS

kerssang

Kinders, Jeug en Familie

Kinders

KINDERBEDIENING

Verlede Sondagoggend, tydens die kinderdiens in die saal het die kleintjies na Ester se verhaal geluister. Tydens die ontmoeting is ons daaraan herinner dat God altyd vir ons sorg, ons liefhet en by ons is.

KINDERDIENS

Na die ontmoeting het die kinders met die nodige hulp aan die ‘werk’ gespring en gekonsentreer op ‘n ‘ietsie’ van hulleself in die spieël -prentjie wat hulle gekry het, te teken en ook hulle name in die spasie - “God is altyd by ----------------” te skryf. Dit was hart-verwarmend om te sien hoe hulle die ontmoeting en die aktiwiteit geniet!

kinders teken

KINDERBEDIENING & DIE KERSSANGDIENS

Soos ons gereed maak om 2025 weg te bêre, begin die kersliggies al flikker en sien ons met blydskap uit na vanjaar se Kerssangdiens! Ons kinderbediening is, soos altyd deel van hierdie spesiale geleentheid. Hierdie Sondag gaan ons tydens kinderbediening ’n paar Kersliedere inoefen wat tydens die Kerssangdiens gesing gaan word. Elke kind se bydra tot die geleentheid is spesiaal.

Kerssang

Gemeente en Gemeenskapsnuus

Gemeente

WATERKLOOF SE FASILITEITE

Waterkloof se sentrale ligging maak dit moontlik dat ons eiendomme gereeld tot diens van die groter gemeenskap kan wees. Dit is vir ons ’n ware voorreg om ons fasiliteite met instansies in die omgewing te deel.

Anton van Wouw Gr. 7 kerkafsluiting: Op Donderdag, 20 November, het Anton van Wouw hul Gr. 7-erediens in ons gebou gehou. Die gemeente se ruimtes het weer eens gevul geraak met jong stemme, opgewondenheid en die dankbaarheid van leerders wat op die drumpel van ’n nuwe seisoen staan. Dit was vir ons ’n vreugde om hulle te verwelkom en ’n veilige, warm ruimte vir hierdie besondere mylpaal te bied.

kerkafsluiting

groet

Goggatjies Speelgroepie Konsert: Ons saal is ook deur Michelle se Goggatjies Speelgroepie vir hulle konsert-voorbereidings, wat Vrydag 21 November plaasvind, gebruik. Die vrolike bedrywigheid, klein stemmetjies en sprankelende energie het ons saal en omgewing nog meer lewe gegee.

Goggatjies

DANKMAAND

Baie dankie vir elke dankmaand bydrae wat tot op hede al ingekom het. Dit word opreg waardeer. Skakels na die dankmaand-skrywe, sowel as die kort video met finansiële terugvoer en ook terugvoer van wat alles in ons gemeente gebeur, is hier onder beskikbaar, kyk gerus daarna.

Dankmaand-video

Dankmaand-skrywe

SONDAG 16 NOVEMBER - HERINNERINSDIENS

Sondag, 16 November, het ons geliefdes wat die afgelope jaar, (Nov 2024 – Nov 2025) oorlede is, in herinnering geroep en dankie gesê vir hulle lewens. Ons is so dankbaar dat ons as gemeente ook geleenthede van ONTHOU kan skep.

Tafel met kerse

KOOS

EUGENE MARAIS NATUURPARK

Eugene Marais Natuurpark in Groenkloof, Pretoria, is ‘n rustige klein natuur-juweeltjie met oorspronklike inheemse plantegroei. Dit skep so ‘n natuurlike ongereptheid wat ‘n verskeidenheid voëls, vlinders, vlermuise en ystervarkies lok. 'n Kort sirkelpaadjie kronkel deur die bosagtige terrein, wat besoekers toelaat om die natuur rustig te verken, die verskeidenheid inheemse bome – Wit stinkhout, Haakdoring, Bergkaree, Wildepeer en nog meer te bekyk en sommer net ontsnap van die stadsgewoel – dit is ‘n ideale plek vir refleksie en natuurfotografie. Die park is die laaste Sondag van elke maand van 08:00 tot 16:00 oop vir besoekers.

Park

"RELIGARE: DIA LOGOS WITH THE MACHINE"

Karen Harkema, ’n relatiewe nuwe gemeente-vriendin hier by ons is besig met haar finale jaar kuns projek. Ds. Dewald het haar gehelp om die kerkbank te vind om te gebruik as deel van haar uitstalling vir haar projek, getiteld "Religare: Dia Logos with the Machine".

Die werk gaan oor die bindinge wat ons vorm met tegnologie, en veral rondom AI. Die kerkbank staan temidde die geraas as teenvoeter teenoor die vrese en bekommernisse wat ons rondom AI beleef.

rELIGARE

Sy spreek haar dank teenoor Ds. Dewald uit en voeg by: ‘Hier by NG Waterkloof maak julle great dinge gebeur.’

Nota: Volgende week vertel ons meer oor hierdie ongelooflik interessante onderwerp!

Ons Voetspore In Die Gemeenskap

voetspore

BRAMLEY KINDERHUIS EN PEAS IN A POD

Tydens Sondag se erediens was daar tydens teetyd ’n Kersboom op die gemeentestoep met die name van die kinders van Bramley Kinderhuis, asook hulle nagklere-groottes. Lidmate kon ’n kaartjie van die boom afhaal en vir daardie spesifieke kind somers-nagklere vir Kersfees aankoop. Daar is al heelwat toegedraaide nagklere by die kerkkantoor afgelaai.

BOOM

Aangesien die Bramley Kersprojek met soveel entoesiasme begroet is, het ons dit goed gedink om die inisiatief ook na Peas in a Pod uit te brei. Hierdie Sondag sal die dames van Peas se name dus ook aan die Kersboom hang. Ons nooi graag elke gemeente-vriend/in uit om ’n kaartjie van die boom af te pluk en vir daardie kind ’n stel koel somers-nagklere aan te skaf.

Bring asseblief jou geskenk mooi toegedraai na ons Kersliedere by Kerslig op 27 November te Groenkloof en plaas dit onder die Kersboom. Alternatiewelik kan die geskenkies ook by die Waterkloof kerkkantoor afgelaai word.

Kom ons maak saam seker dat elke kind hierdie somer geborge aan die slaap kan raak.

PEAS IN A POD VERJAARSDAE

Om in Desember te verjaar het beslis sy voordele! Dit is vakansie, en ’n mens hoef gelukkig nie aan skoolwerk te dink nie. Maar die keerpunt is natuurlik dat daar nie by die skool ’n behoorlike klaspartytjie gehou kan word nie. Daarom het ons dit goed gedink om die dames van Peas in a Pod wat in Desember verjaar, se klaspartytjies te vervroeg na 21 November. Hierdie week het Elisabeth, Basetsana en Skye almal hul spesiale klaspartytjies gevier. Baie dankie aan elkeen wat gehelp het om hierdie verjaarsdae ekstra feestelik en onvergeetlik te maak!

koeke

VARS NUUS UIT ODESSA – OEKRAÏNE

‘’Dear praying Friends,

Sitting in our kitchen reading the Word this morning, I am reminded that His Word is a Lamp for our feet and a Light to our path.

The power went off at 06:00 and as I sit to pray it is slowly getting light outside.

I returned from board meetings for Youngsters International in Switzerland yesterday afternoon to both my sons, Daniil and Victor being ill with some flu virus. Stefan is also not feeling well.

The weather is getting colder and wetter and we have long power outages (up to 7 hours at a time) and attacks on civilian infrastructure continues daily. The sirens are screaming as I type.

The day after tomorrow Stefan needs to drive to all our teams to take some financial support to Rivne - it is a very long and tiresome drive to 3 cities. Please pray for his health and safety.

We are in the season of reporting and planning. Pray for wisdom and understanding.''

Indien jy graag 'n bydrae wil maak:

NG Kerk Waterkloof

ABSA

Rek. No: 1500580077

Verwysing: merk duidelik - Oekraïne-fonds

Sinodenuus

Sinodenuus

NOORDELIKE SINODE KOMMUNIKASIE

Ons deel graag die nuusbrief van die Noordelike Sinode die "Verskil" [hier]

Gemeente Besonderhede

11

KONTAKBESONDERHEDE

Leraars

Ds. Bernice Serfontein - E-pos: bernice.serfontein@gmail.com

Ds. Dewald Roux - E-pos: dewaldroux2@gmail.com / Sel: 072 755 7817

Kantoorpersoneel

kerk

Maryke Meter - E-pos: ngwaterkloof@gmail.com

Hannatjie Venter - E-pos: ngkwater@yebo.co.za

Jabu Mtau – Koster (Skakel kantoornommer)

Kontak Ons

Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557

BELANGRIK: Stoor die nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang

Landlyn: 012 460 3913

Adres: Deystraat 353, Nieu Muckleneuk.

(Oorkant Anton van Wouw Learskool)

Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075

GPS – KOöRDINATE:

Lat. -25º 46 31.95

Decimal: -25.775542211330446

Long. 28º 13 55.45

Decimal: 28.232068419456482

map

BLYE TYDING

Die kerkkantoor se landlyn (012 460 3913)

is uiteindelik weer in werking.

Skakel gerus!

Bank
Back to Blog