NGK Waterkloof

GEMEENTEBRIEF 14 - 21 NOVEMBER 2025 

November 14, 202511 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
bordjies

Gedagte Vir Die Week

1

Liewe gemeente-vriend,

GEDAGTE VIR DIE WEEK:

happiness

‘’Our remembrance that God has remembered us will be the highway into the future... Where there is no memory, there will be no pain, but neither will there be hope. Memory is the basis of both the pain and the rejoicing. We need to re-member both of them; it seems that we cannot have one without the other. Do not be too quick to “heal all of those memories,” unless that means also feeling them deeply.

God seems to be calling us to suffer the whole of reality, to remember the good along with the bad. Perhaps that is the course of the journey toward new sight and new hope. Memory creates a readiness for salvation, an emptiness to receive love, and a fullness to enjoy it... Ask God for companions (sometimes Jesus alone!) who will walk the highway of remembering with you, filling in the valleys and levelling the mountains and hills, making the winding ways straight and the rough ways smooth.

Then humankind shall see the salvation of God.

-Richard Rohr, Near Occasions of Grace (1993)

Erediens Inligting

2

SONDAG 16 NOVEMBER 2025

HERINNERINGSONDAG

09:00: Erediens in kerkgebou o.l.v. Ds. Bernice. "Die veld word weer groen"

Musiek: Ronel Bosman

Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.

18:00: Geen Aanddiens a.g.v. die eksamen.

Hierdie Sondag, 16 November, roep ons geliefdes wat die afgelope jaar, (Nov 2024 – Nov 2025) oorlede is, in herinnering en sê ons vir die Here dankie vir hulle lewens. Dit sluit nie net lidmate van ons gemeente in nie, maar ook lidmate se familie en naby-vriende.

Kerse

Geliefdes verloor vanaf Desember 2024

Chanéz Oosthuizen-Erasmus – 1 November, Gys Engelbrecht - 8 Desember, Carel Stephanus Wessels - 11 Desember, Pieter-Louis van Wyk - 22 Desember, Nellie van der Merwe – 27 Desember, Bamenneng Edma Mmaboo - 30 Desember.

Geliefdes verloor vanaf Januarie 2025

Minnie Robertson - 2 Januarie, Hercules Dillman - 7 Januarie, Jaap Kelderman - 11 Januarie, Joan Serfontein - 26 Januarie, Marinda Mabaso - 28 Januarie, Bibi von Abo - 29 Januarie, Irma van Zyl - 29 Januarie, Betsie Kriel - 1 Februarie, André Swart - 12 Februarie, Marie Hayes - 11 Maart, Bokkie Meyer - 4 April, Manie Rheeder - 26 April, Adri van Niekerk - 11 Mei, Lea Schoeman - 2 Julie, Mariaan van Wyk – 7 Julie, James Smit - 9 Julie, Des Schoombee - 3 Augustus, Gideon van Niekerk - 8 Augustus, Tom Fraser – 16 Augustus, Wilhelm Jordaan - 23 Augustus, Tokkie Wiid - 23 Oktober, Rieka Mulder - 27 Oktober, Linette van der Walt – 5 November.

SONDAG 23 NOVEMBER 2025

09:00: Erediens met Nagmaal in kerkgebou o.l.v. Ds. Dewald

Musiek: Friena Maritz

Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.

18:00: Geen Aanddiens a.g.v. die eksamen.

Ons Gee Om

Ons gee om

Veels Geluk!

Koek

Verjaarsdae op Sondag, 16 November: Megan Fyfe

Verjaarsdae 80 en op: Roberta Pretorius op 19 November en Hennie Zerwick op 20 November.

Verjaarsdae res van die week: Saterdag, 15 November: Euliske Smidt. 18 November: Laurie Botha, Colette du Plessis, Hildy Jacobs en Helena Reynders. 19 November: Mariëtte Lombard en Roberta Pretorius. 20 November: Lucia Pretorius, Alet Venter en Hennie Zerwick. 21 November: Greg Fyfe, Christian Prinsloo, Xander Slabbert, Belinda van der Vegt en Rudo van Diemen.

Baie Geluk Aan

baba

Nikki, Jana en ousus Catherine van Zijl (ons nuwe gemeente-vriende vanaf die Kaap) met die doop van klein Nicholas op 2 November in die Strooidakkerk, Paarl.

Ons Dink Aan

-Betsie Schaap wat op 27 Oktober ’n voetoperasie ondergaan het. Ons is dankbaar dat alles goed afgeloop het en dat sy reeds tuis aansterk!

-Isaak Nortje (Sakkie), pa van Melanie Coetsee wat ‘n hartklep vervanging ondergaan het en komplikasies ontwikkel het na die operasie.

-Jan Hardus Oelofse wat op 10 November ‘n voetoperasie ondergaan het en tuis onder die wakende oog van sy vrou, ’suster’ Jeanine, aansterk.

-Jenny Raath wat op 20 November ‘n ernstige rugoperasie ondergaan.

-Oom Antonie Gildenhuys wat op Maandag, 24 November ’n enkel operasie ondergaan.

-Ds. André van Niekerk wat 4 weke gelede, in die proses om vir Janetta ’n swaai te bou, die swaai te vroeg getoets het, op sy rug beland en sy rugspiere beseer het. Hy is egter reeds weer op die been en goed aan’t herstel!

In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die leraars.

Ons Groet

Willem en Esta Viviers is al vir meer as 26 jaar deel van Waterkloof gemeente se familiekring. Hulle verhuis binnekort na George waar ’n nuwe opwindende hoofstuk op hulle wag. Hulle plekkies in die kerk – middel blok voor- gaan leeg wees, maar Yolanda Cousins, Willem se sussie sal steeds daardie familie in die kerkbank verteenwoordig! Hulle albei sien baie uit na die ‘skuif’, aangesien hulle in hulle splinternuwe huis, wat nou net klaar gebou is, gaan woel en werskaf. Albei is nou amptelik nie-werkend, wat beteken dat hulle saam kan tuinmaak, die nuwe tuiste omskep in ’n heerlike, warm, kuier-vriendelike ‘nessie’ soos net hulle kan! Nou sal daar oorgenoeg tyd wees vir ’n lui-lekker oggend-koffietjie, inloer by jare lange vriende wat reeds daar in dieselfde landgoed nesgeskrop het, boeke lees (waarvoor hulle albei baie lief is) en sommer net die rustigheid van die omgewing geniet! Ons gaan julle baie mis, maar wens julle ’n wonderlike, voorspoedige en kleurryke nuwe hoofstuk in George toe! Kom kuier asseblief as julle in die omgewing is!

Viviers

Ek is Nuut

Ek is nuut

Nuwe intrekkers in ons gemeente – julle is so welkom! Dit is vir ons ’n voorreg om julle in ons midde te hê. Een van die leraars of ‘n kerkraadslid sal julle graag direk na die erediens by die Nagmaaltafel ontmoet. Volg gerus die skakel om julle kontakbesonderhede aanlyn aan ons kerkkantoor te gee [Klik hier]

BELANGRIK: Gemeentelede wat inligting wil aanpas / aanvul / bywerk, kan ook van hierdie skakel gebruik maak. (of die kerkkantoor skakel / WhatsApp by 083 442 9557)

Nuwe inrekkers

Hierdie week is ons bevoorreg om die Van Zijl gesin aan julle almal bekend te stel.

gesin

Baie welkom aan die Van Zijl gesin, pa Nikki, ma Jana, ousus Catherine en kleinboet Nicholas, wat onlangs vanaf die Kaap verhuis het Pretoria toe. Nikki is ‘n dokter by Zuid-Afrikaans Hospitaal en Jana, ‘n rekenmeester van beroep, werk van die huis af waar sy ‘n oog hou oor die praktyk se finansies en belasting. Nikki speel graag golf, Jana geniet dit om kinderpartytjies te reel, Catherine is lief vir katte en klein baba Nicholas hou van bad, balonne en balle. Ons is opgewonde om julle hier by ons te ontvang en ons is seker julle sal lang en baie gelukkige jare hier in ons gemeente-vriendekring beleef!

Voed Jou Gemoed

Voed jou gEMOED
  • Sit in Mekaar se Stilte 76 ·Koninkrykstyd en Leef, Beweeg en Bestaan net deur Hom! [klik hier] Dankie François!

  • Eredienste: Huis Piek op Woensdag, 19 November 10:30.

  • Bybelstudie: Woensdag 19 November 9:00 in die kinderkamer.

  • Huisgeloof: Tuisblad – Protestante:Skakel

Kinders, Jeug en Familie

Kinders

KINDERBEDIENING

Soos ons gereed maak om 2025 weg te bêre, begin die kersliggies al flikker en sien ons met blydskap uit na vanjaar se Kerssangdiens! Ons kinderbediening is, soos altyd deel van hierdie spesiale geleentheid. Gedurende die volgende drie Sondae gaan ons tydens kinderbediening ’n paar Kersliedere inoefen wat tydens die Kerssangdiens gesing gaan word. Elke kind se bydra tot die geleentheid is spesiaal.

Kerssang

Gemeente en Gemeenskapsnuus

Gemeente

DANKMAAND

Baie dankie vir elke dankmaand bydrae wat tot op hede al ingekom het. Dit word opreg waardeer. Skakels na die dankmaand-skrywe, sowel as die kort video met finansiële terugvoer en ook terugvoer van wat alles in ons gemeente gebeur, is hier onder beskikbaar, kyk gerus daarna.

Dankmaand-video

Dankmaand-skrywe

JOYN KOFFIEWINKEL

Die JOYN Koffiewinkel in Giovanettistraat, het Saterdag 9 November, te midde van kragonderbrekings, amptelik geopen! Baie geluk Jackie en span – die wat daar was het julle heerlike koffie en eetgoed ontsettend geniet! JOYN Koffiewinkel is nou ‘n ware fonds in ons gemeenskap!

Jackie se terugvoer: Die opening het baie goed verloop en dankie aan al die Wouwtjies wat ’n draai kom maak het. Dankie vir almal se ondersteuning by kerk ook- na die diens was daar heelwat lidmate wat ’n koffietjie kom drink het.

besoekers

AGTER DIE SKERMS

Sondag na Sondag arriveer ons by die kerk. Stoeltjies en tafeltjies met die nodige afleiding op elke tafel vir die kinders en kussings op die sementbankies is, keurig uitgepak. Die reuk van heerlike warm koffie nooi ons in. Daar heers ‘n hartlike atmosfeer in die kerkgebou, orrel- of klavierklanke vul die ruimte en onderlangs maak vriende vinnige geselsie, ds. Bernice of ds.Dewald loop die gang af- stop – groet en gesels vinnig met ‘n lidmaat….Dan lui die klok en die erediens begin! Elke keer ‘n belewenis. Orrel-naspel begelei ons na buite waar ons lekker koffie of tee drink en telkemale verras word met ‘n glasie wyn,’n bekertjie bier, waatlemoen, sappige aarbeie.. en kuier ons met ons gemeentevriende! Verlede Sondag was alles op die oog af dieselfde…. en tog nie! Met die uitstap hoor ek die veraf gedreun van ‘n motor en verneem van Jabu, ons Koster, dat dit die kragopwekker is – die krag is af! Hoeveel moeite en sorg gaan in so ‘n dag in om alles so normaal moontlik te laat verloop! Hoe word dit gedoen? Baie vroeg opstaan, die kragopwerkker word gekoppel aan die kerk se ligte, verleningskoorde word gelê vir die skyfieprojektor en die klank, water word op gas gekook en potte vuurwarm koffie word deurentyd na die kerk se ingang gedra sodat ons (minwetend) ons koppie koffie kan skink! Die orrelis word ‘n pianis en ons geniet die luuksheid van ‘n wonderlik-normale erediens! Jabu, Vincent en verlede Sondag, Friena Maritz op die klavier, ons salueer julle! Dankie vir julle onbaatsugtige gewerskaf agter die skerms. Dit gaan meesal ongesiens verby. Ek kyk met nuwe oë na al die vooraf werk wat op ‘n Sondagoggend geskied – met of sonder krag!

Vinc en JABU

Ons Voetspore In Die Gemeenskap

voetspore

BRAMLEY KINDERHUIS

Die kinders by Bramley Kinderhuis groei vinnig, en baie van hulle se slaapklere het intussen te klein geraak. Omdat dit nou somer is, wil ons graag vir elke kind ’n stel koel somer-nagklere insamel — iets lig en gemaklik om in te slaap.

Tydens die volgende twee Sondae sal daar tydens teetyd ’n Kersboom op die gemeentestoep staan. Op die boom sal jy kaartjies vind met die name van die kinders van Bramley Kinderhuis, asook hulle nagkleregroottes. Ons nooi graag elke lidmaat uit om ’n kaartjie van die boom af te pluk en vir daardie kind ’n stel koel somer-nagklere te koop. Bring asseblief jou geskenk mooi toegedraai op die aand van ons Kersliedere by Kerslig (27 November te Groenkloof) en plaas dit by die Kersboom. Alternatiewelik kan die pakkie ook by die Kerkkantoor afgelaai word.

Kom ons maak saam seker dat elke kind hierdie somer geborge aan die slaap kan raak.

BOOM

Gemeente Geleenthede

Gemeente Glenthede

WYNVEILING 2025

Die jaarlikse wynveiling is een van ons GROOTSTE fondsinsamelings en HEERLIKSTE kuiers van die jaar. Maak sommer ’n klompie vriende bymekaar en kom geniet die genotvolle aand saam! Tafels, sowel as individuele kaartjies is te koop beskikbaar. (Sien plakkaat) Tyd raak min, so reageer spoedig as julle dit nie wil misloop nie!

veiling

KERSLIEDERE BY KERSLIG

Waterkloof gemeente het vanjaar die voorreg om saam met Groenkloof gemeente die Kersliedere by Kerslig te reël. Die aand sal deur Groenkloof en Waterkloof aangebied word, en ons sien met groot opgewondenheid daarna uit om deel te wees van hierdie besondere gemeenskapsprojek.

Kom vier die Kersseisoen saam met ons by Kersliedere by Kerslig

Donderdag, 27 November 2025 - NG Kerk Groenkloof, 75 Van Wouwstraat.

’n Betowerende aand met Kersliedere in Afrikaans en Engels, liggies, musiek, en saamwees onder die sterre. Bring jou familie, vriende, piekniekmandjie en komberse vir ’n heerlike buitelug-ervaring.

Almal is welkom!

KERSSANGDIENS

poster

Sinodenuus

Sinodenuus

NOORDELIKE SINODE KOMMUNIKASIE

Ons deel graag die nuusbrief van die Noordelike Sinode die "Verskil" [hier]

Gemeente Besonderhede

11

KONTAKBESONDERHEDE

Leraars

Ds. Bernice Serfontein - E-pos: bernice.serfontein@gmail.com

Ds. Dewald Roux - E-pos: dewaldroux2@gmail.com / Sel: 072 755 7817

Kantoorpersoneel

Maryke Meter - E-pos: ngwaterkloof@gmail.com

Hannatjie Venter - E-pos: ngkwater@yebo.co.za

Jabu Mtau – Koster (Skakel kantoornommer)

Kontak Ons

besonderhede

Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557

BELANGRIK: Stoor die nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang

Landlyn: 012 460 3913

Adres: Deystraat 353, Nieu Muckleneuk. (Oorkant Anton van Wouw Learskool)

GPS – KOöRDINATE:

Lat. -25º 46 31.95

Decimal: -25.775542211330446

Long. 28º 13 55.45

Decimal: 28.232068419456482

map

Huidige Kontaknommer

Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557

Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075

BLYE TYDING

Die kerkkantoor se landlyn (012 460 3913)

is uiteindelik weer in werking.

Skakel gerus!

Bank
Back to Blog