NGK Waterkloof

GEMEENTEBRIEF 7 - 14 NOVEMBER 2025 

November 06, 202513 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
bordjies

Gedagte Vir Die Week

1

Liewe gemeente-vriend,

GEDAGTE VIR DIE WEEK: Op heilige grond

Toe sê die Here: "Moenie nader kom nie. Trek jou sandale van jou voete af, want die plek warop jy staan, is heilige grond." (Exodus 3:5)

CAREL ANTHONNISEN

Op 'n keer het 'n vriendin heel ernstig aan my gevra of ek glo aan 'n lewe na die dood.

Hoewel ek nie aldag met die vraag besig is nie, was my intuïtiewe en spontane reaksie of antwoord: "Ek dink die groter vraag, voordat ons by die ewige lewe uitkom, is of daar hoegenaamd 'n God is. Want indien daar 'n God is wat, soos ons tradisioneel glo, alles geskep het en steeds onderhou en dra, dan is alles moontlik. Ook 'n lewe na die dood."

Hierdie vraag oor God se bestaan is natuurlik nie eenvoudig nie. Vir eeue is filosowe en teoloë reeds daarmee besig. Vir hulle wat nie glo aan die bestaan van 'n God nie, is die mees populêre teorie dat die idee van 'n godheid niks meer is as 'n projeksie van die menslike verbeelding is nie. Dit wil sê 'n wensdroom wat allereers gebore en gevoed word deur die mens se natuurlike behoefte aan en verlange na sekuriteit en veral mag.

In 'n ander sin sou ons na die bogenoemde behoefte ook kan verwys as 'n ideologiese drang om veral as volk of stam jou mag, belange en aksies in die naam van 'n Godheid te regverdig. Interessant genoeg is die spore van hierdie soort ideologisering van die Godsbegrip volop in die Bybel. Baie gedeeltes in die Ou Testament wat bv. oor God praat as oorlogsugtige of, soos in Abraham se geval, 'n God wat kinderoffers eis, weerspieël meer die invloed van heidense religieë, as die openbaring van Israel se troue verbondsgod. Ons moet dit in gedagte hou in gedeeltes waar ons bv. hoor hoe God sy volk oproep om ander volke uit te wis.

Baie verhale oor die verskyning van Israel se verbondsgod aan mense soos bv. Moses, Abraham, Elia en veral die profete, dien dan ook as 'n ontmaskering van sulke valse religieë en hulle pogings om God vir hulle eie doelwitte in te span. By God se verskyning aan Moses by die brandende braambos, hoor ons bv. hoe die skrywer ons daaraan wil herinner dat God nie so gemanipuleer kan word nie. En dat wie hulle met die Godsvraag bemoei allereers moet weet: Hulle betree altyd heilige grond. In sy boek "Hij is het weer" oor die betekenis van die woord "God" maak die filosoof C.A. van Peursen dieselfde punt. Tereg wys hy daarop dat geen mens beslag op die woord "God" kan lê nie. Want, in die Bybel, dui die woord op 'n geheimsinnige Aanwesigheid wat sig heeltyd onttrek aan die "grypgrage mensengeesten."

In ons nadenke oor die Godheid, soos die Bybel daaroor skryf, is dit miskien die eerste wat ons in ons nadenke oor God moet sê. Trouens die mistieke tradisie, waarvan Jesus ook 'n deel was, praat in die verband van die heilige, donker kant van God wat ons nooit regtig kan peil of in woorde kan vasgevang nie. Dit was alleen later waar, volgens van Peursen, die Godsnaam deur die lewe van Jesus beslissend ontvou word, waar ons 'n dieper blik in die hart van hierdie verborgenheid kry. Hierdie Bybelse voorstelling van die Godheid word treffend verwoord in 'n lied "Holy darkness." Die lied is deels 'n belydenis oor hierdie donker, verborge en ontwykende kant van die Godheid. Tot hierdie God self begin praat. Luister net:

Holy darkness, blessed night, heaven's answer hidden from my sight.

As we await you, O God of silence, we embrace your holy night.

I have tried you in the fires of affliction; I have taught your soul to grieve.

In the barren soil of your loneliness, there I will plant my seed.

- Carel Anthonissen

Erediens Inligting

2

SONDAG 9 NOVEMBER 2025

09:00: Erediens in kerkgebou o.l.v. Prof. Malan Nel. ''Is U die Een wat sou kom of moet ons ’n ander een verwag?'' (Lukas 7: 18-23)

Musiek: Friena Maritz

Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.

18:00: Geen Aanddiens a.g.v. die eksamen.

*Ds. Bernice bevestig Saterdag, 8 November ’n huwelik in die Kaap en Ds. Dewald is met welverdiende verlof 1 – 10 November! *

SONDAG 16 NOVEMBER 2025

HERINNERINGSONDAG

09:00: Erediens in kerkgebou o.l.v. Ds. Bernice

Musiek: Friena Maritz

Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.

18:00: Geen Aanddiens a.g.v. die eksamen.

Kers

Volgende Sondag 16 November, roep ons geliefdes wat die afgelope jaar, (Nov 2024 – Nov 2025) oorlede is,in herinnering en sê ons vir die Here dankie vir hulle lewens. Dit sluit nie net lidmate van ons gemeente in nie, maar ook lidmate se familie en naby-vriende.

Ons plaas vir oulaas die lys van geliefdes vanuit die kerkkantoor vanaf November 2024. Indien ‘n geliefde se naam nie op die lys verskyn nie, kontak asseblief die kantoor (ngkwater@yebo.co.za / 012 460 3913 of WhatsApp na 083 442 9557), sodat ons vir jou ’n kersie gereed kan hê vir Sondag, 16 November.

Geliefdes verloor vanaf Desember 2024

Chanéz Oosthuizen-Erasmus - 1 November, Gys Engelbrecht - 8 Desember, Carl Stefnus Wessels - 11 Desember, Pieter-Louis van Wyk - 22 Desember, Johan Steenkamp - 23 Desember, Bamenneng Edma Mmaboo - 30 Desember.

Geliefdes verloor vanaf Januarie 2025

Minnie Robertson - 2 Januarie, Hercules Dillman - 7 Januarie, Jaap Kelderman - 11 Januarie, Joan Serfontein - 26 Januarie, Marinda Mabaso - 28 Januarie, Bibi von Abo - 29 Januarie, Irma van Zyl - 29 Januarie, Betsie Kriel - 1 Februarie, André Swart - 12 Februarie, Marie Hayes - 11 Maart, Bokkie Meyer -11 April, Manie Rheeder - 26 April, Adri van Niekerk - 11 Mei, Lea Schoeman - 2 Julie, James Smit - 9 Julie, Des Schoombee - 3 Augustus, Gideon van Niekerk - 8 Augustus, Wilhelm Jordaan - 23 Augustus, Daan van Wyk - 17 Oktober, Tokkie Wiid - 23 Oktober, Rieka Mulder - 27 Oktober, Linette van der Walt – 5 November.

Ons Gee Om

Ons gee om

Veels Geluk!

Koek

Verjaarsdae op Sondag, 9 November: Denzil Coetzee, Callie Marais, Heinrich Schulze, Kyra Smit en Gerhard Swart.

Verjaarsdae res van die week: Saterdag, 8 November: Basjan Rothmann en Anika Zeeman. 10 November: Roland Steenkamp. 12 November: Zabeth Wessels. 14 November: Mia Campher, Karien de Graaf, Wouter de Vos en Zander van Niekerk.

Baie Geluk Aan

Yvonne van Zyl (Tokkie en Friedel se dogter) en Riaan Botha wat 3 November, in Perth (Australië), waar hulle op ’n kort vakansie is, verloof geraak het!

Yvonne en Riaan

Ons Dink Aan

  • Betsie Schaap wat op 27 Oktober ’n voetoperasie ondergaan het. Ons is dankbaar dat alles goed afgeloop het en dat sy reeds tuis aansterk!

  • Jan Hardus Oelofse wat op 10 November ‘n voetoperasie ondergaan.

In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die leraars.

Aangesien albei ons leraars hierdie week uitstedig is, staan Ds. Francois Smit (060 991 6946) vir hulle in. Skakel hom gerus in geval van nood!

Ek is Nuut

Ek is nuut

Nuwe intrekkers in ons gemeente – julle is so welkom! Dit is vir ons ’n voorreg om julle in ons midde te hê. Een van die leraars of ‘n kerkraadslid sal julle graag direk na die erediens by die Nagmaaltafel ontmoet. Volg gerus die skakel om julle kontakbesonderhede aanlyn aan ons kerkkantoor te gee [Klik hier]

BELANGRIK: Gemeentelede wat inligting wil aanpas / aanvul / bywerk, kan ook van hierdie skakel gebruik maak. (of die kerkkantoor skakel / WhatsApp by 083 442 9557)

Nuwe inrekkers

Ken ons mekaar almal hier in die gemeente? Soms loop ‘n mens by iemand verby en dink... ek is seker ek ken die persoon! Dis tyd dat ons mekaar almal beter leer ken. Dis mos waaroor dit in ons gemeente gaan – ons is gemeentevriende, nie net kennisse nie! Daarom stel ons van nou af alle nuwe gemeentelede hier aan julle voor en dalk nou en dan lidmate wat al ’n rukkie of al lank in ons midde is! (Die wat daarmee gemaklik is.)

Voed Jou Gemoed

Voed jou gEMOED

Sit in Mekaar se Stilte 185 ‘Die Resultaat van die Liefde van Duisende’. [klik hier] Dankie François!

Eredienste: Princess Christian op Dinsdag, 11 November en Huis Piek op Woensdag, 12 November 10:30.

Bybelstudie: Woensdag 12 November 9:00 in die kinderkamer.

· Huisgeloof: Tuisblad – Die Hemel: [Klik hier]

Kinders, Jeug en Familie

Kinders

KINDERBEDIENING

Soms wonder ouers dalk wat regtig tydens die kinderdiens in die saal aan die gang is. ’n Mens hoor ook dikwels uitbundigheid vanuit daardie rigting. Dis heeltemal reg! Die doel van ons kinderdiens is dat hulle gevorm word in die geloof, maar dit ook moet geniet. Hier is ’n paar video’s en foto-bewyse dat hulle leer en ook geniet.

Kleiner kinders speel

Die afgelope Sondag, 2 November het hulle aan die hand van Nehemia 2 gedink oor en geleer van “God se droom vir die wêreld is groter as ons idees oor die verlede”.

Die kleiner kinders het pilare met tennisbeskuitjies, versiersel en malvalekkers gebou, terwyl die ouer groep kinders met meel en ballonne ‘stres balle’ gemaak het!

Elke kind, groot en klein, was baie ingenome met hulle eindprodukte en het die aktiwiteite oneindig baie geniet.

Collagge

collage stres bal en pilaar

Gemeente en Gemeenskapsnuus

Gemeente

DANKMAAND

Baie dankie vir elke dankmaand bydrae wat tot op hede al ingekom het. Dit word opreg waardeer. Skakels na die dankmaand-skrywe, sowel as die kort video met finansiële terugvoer en ook bewys van wat alles in ons gemeente gebeur, is hier onder beskikbaar, kyk gerus vir oulaas daarna.

Dankmaand-video

Dankmaand-skrywe

JOYN KOFFIEWINKEL

Die JOYN Koffiewinkel in Giovanettistraat, se offisiële opening is Saterdag, 8 November. Die wagtyd vir ’n wegneem- drankie asook ‘n sommer sit-en-kuier-drankie is verby! Nou kan julle ‘inhop’, ’n koffietjie van jou keuse bestel en die hupstoot vir die dag in jou eie motor geniet! Die winkel is oop van 6vm tot 6 nm - om almal van vroeg tot laat te akkommodeer. Baie dankie aan Jackie Dippenaar vir die wonderlike inisiatief wat nou ’n werklikheid geword het!

ONTHOU: Saterdag 8 November - Amptelike opening van die koffiewinkel om die hoek!

JOYN

ANTON VAN WOUW KERSSANGDIENS-BYWONERS: So terloops, die koffiewinkel sal ook oop wees vir 'n koffie van jou keuse ná die Kerssangdiens, eerskomende Sondagaand, 9 November. Maak gerus 'n draai!

CORAMDEO - PASTORALE NARRATIEWE KURSUS

Julle word hartlik uitgenooi om in te skakel by hierdie naweek se aanlyn kursus wat deur Francois Wessels aangebied word.

Pastoral Care Imagined by Narrative Practices

• 7 & 8 November

• Aanlyn - Zoom

• Registrasie: https://forms.gle/joM2HRfv1ZUuKohe8

• Geen koste vir die lesings vir dosente.

Ons sien uit om julle saam met ons op die reis te hê.

CORAMDEO

AAN'T BAK VIR DIE KERSSANGDIENS

Met die Kerssangdiens feitlik net om die draai, het Tannie Hannatjie, Sue Prinsloo en Gerda Groenewald fluks aan die werk gespring met die bak van kerskoeke. Dit sit verseker nie in almal se ‘voorskote’ om die reuse taak aan te pak nie, maar dié drie gemeente-vriende is alombekend vir ons jaarlikse tradisie met heerlike, pragtige versierde kerskoek-stukkies en gemmerkoekies na die Kerssangdiens. Foto’s hieronder is bewys daarvan dat hulle die gebakkery en gesellige samesyn ook terdeë geniet het! By voorbaat ’n reuse dankie aan julle drie vir al julle harde werk sovêr, en dan ook nog die bak en versier van die gemmerkoekies.

Kerskoek bakkery

Ons Voetspore In Die Gemeenskap

voetspore

Dit is vir ons ’n wonderlike voorreg om te noem dat ons as gemeente Waterkloof regtig ’n tasbare verskil maak by die instansies wat ons onder ons vlerk geneem het. Ons gemeente-vriende se bemoeienis en deelname maak die suksesse vir ons moontlik en ons dankie aan julle almal uit die diepe van ons harte. So maak ons deurentyd, tree-vir-tree ’n verskil in ons gemeenskap!

Ons ‘onder-ons-vlerk-instansies’ gedurende die jaar is:

Sendingwerkers in Oekraïne, Re Gae Kleuterskool, ''PEAS in a POD’’, ‘’Daybreak’’ (huis vir ‘wees’-babas), ‘’Dynamic Women for Children’’, Bramley Kinderhuis en Huis Piek.

Ons gee graag deurentyd sinvolle inligting deur, sodat die gemeente ingelig kan bly oor ons werksaamhede met ons inisiatiewe.

RE GAE KLEUTERSKOOL

Charles du Toit, een van ons gemeente-vriende, en sy werkspan is besig om die dreineringstelsel by Re Gae voor te berei vir die reënseisoen. Baie dankie, ons waardeer dit opreg.

pyle lepaving

Dankie, aan Ds. Dewald en François Wessels wat die gebruiklike maandelikse kosvoorraad gaan aflaai en gesig wys het. Op die koop toe was daar ook ’n ‘verrassingspakkie’ vol speelgoed vir die kinders.

DAYBREAK

Die personeel spreek hulle dank uit teenoor die gemeente vir die skopfietsies, waentjies en ander speelgoed wat geskenk is. Dit het groot blydskap onder die kindertjies besorg.

BRAMLEY KINDERHUIS

Baie dankie vir al die skoonmaakmiddels wat reeds by die kerkkantoor afgelaai is vir aflewering by Bramley. Dit bring groot verligting in hulle knypende finansies!

Gemeente Geleenthede

Gemeente Glenthede

WYNVEILING 2025

Die jaarlikse wynveiling is een van ons GROOTSTE fondsinsamelings en HEERLIKSTE kuiers van die jaar. Maak sommer ’n klompie vriende bymekaar en kom geniet die genotvolle aand saam! Tafels, sowel as individuele kaartjies is te koop beskikbaar. (Sien plakkaat) Tyd raak min, so reageer spoedig as julle dit nie wil misloop nie!

veiling

KERSLIEDERE BY KERSLIG

Waterkloof gemeente het vanjaar die voorreg om saam met Groenkloof gemeente die Kersliedere by Kerslig te reël. Die aand sal deur Groenkloof en Waterkloof aangebied word, en ons sien met groot opgewondenheid daarna uit om deel te wees van hierdie besondere gemeenskapsprojek.

Kom vier die Kersseisoen saam met ons by Kersliedere by Kerslig

Donderdag, 27 November 2025 - NG Kerk Groenkloof, 75 Van Wouwstraat.

’n Betowerende aand met Kersliedere in Afrikaans en Engels, liggies, musiek, en saamwees onder die sterre. Bring jou familie, vriende, piekniekmandjie en komberse vir ’n heerlike buitelug-ervaring.

Almal is welkom! (Meer inligting onder Groenkloof Nuus – klik die nuus-skakel)

Groenkloof Nuus

Groenkloof

Tussen Waterkloof-en-Groenkloof gemeentes heers daar ’n gevoel van gemeensaamheid en omgee. Ons doen soms dinge saam, help mekaar uit, kansel-ruilings vind gereeld plaas en tog is ons nie deurentyd bewus wat in mekaar se binne ruimtes plaasvind nie. Daarom deel ons graag relevante nuus met julle. Klik gerus op die skakel vir die nuutste Groenkloof nuus.

Sinodenuus

Sinodenuus

NOORDELIKE SINODE KOMMUNIKASIE

Ons deel graag die nuusbrief van die Noordelike Sinode die "Verskil" [hier]

Gemeente Besonderhede

11

KONTAKBESONDERHEDE

Leraars

Ds. Bernice Serfontein - E-pos: bernice.serfontein@gmail.com

Ds. Dewald Roux - E-pos: dewaldroux2@gmail.com / Sel: 072 755 7817

Kantoorpersoneel

Maryke Meter - E-pos: ngwaterkloof@gmail.com

Hannatjie Venter - E-pos: ngkwater@yebo.co.za

Jabu Mtau – Koster (Skakel kantoornommer)

Kontak Ons

Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557

BELANGRIK: Stoor die nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang

Landlyn: 012 460 3913

Adres: Deystraat 353, Nieu Muckleneuk. (Oorkant Anton van Wouw Learskool)

GPS – KOöRDINATE:

Lat. -25º 46 31.95

Decimal: -25.775542211330446

Long. 28º 13 55.45

Decimal: 28.232068419456482

map

Huidige Kontaknommer

Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557

Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075

BLYE TYDING

Die kerkkantoor se landlyn (012 460 3913)

is uiteindelik weer in werking.

Skakel gerus!

Bank
Back to Blog