NGK Waterkloof

GEMEENTEBRIEF 9-15 MEI 2026

May 08, 20269 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

GEMEENTEBRIEF 9-15 MEI 2026

LIGTE190

Gedagte Vir Die Week

Gedagte Vir Die Week

gedagte800

Liewe gemeentevriend,

Gedagte vir die Week: Op 100 is David Attenborough se stem ’n les in verwondering en verantwoordelikheid!

“It seems to me that the natural world is the greatest source of excitement; the greatest source of visual beauty; the greatest source of intellectual interest. It is the greatest source of so much in life that makes life worth living... We have come this far because we are the smartest creatures that have ever lived... But to continue we require more than intelligence. We require wisdom.”

― David Attenborough

Met Sir David Attenborough se honderdste verjaardag vandag (8 Mei) word sy loopbaan wêreldwyd gevier vir die diepgaande wyse waarop hy mense anders na die natuur leer kyk het. David Attenborough het ’n leeftyd daaraan gewy om die natuurlike wêreld met geduld, eerlikheid en diepe verwondering voor ons oop te vou. Sy mees betekenisvolle bydrae is waarskynlik dat hy die gerusstellende illusie verbreek het dat klimaatsverandering en ekologiese krisisse “êrens anders” gebeur — ver van ons eie lewens af. Vir baie mense is die natuur bloot iets wat deur ’n skerm besoek word: ’n toevlugsoord van stilte en skoonheid, verwyder van die geraas en druk van die alledaagse bestaan. Maar Attenborough het daardie afstand onmoontlik gemaak om te behou. Hy het ons geleer om anders te kyk — om te sien dat verre gletsers, woude en riviere nie bloot asemrowende landskappe is nie, maar deel van die brose netwerk van lewe waarvan ons eie gemeenskappe afhanklik is.

David A300

Deur sy werk het ons ook begin verstaan hoe die ritmes van moderne verbruik — selfs dié wat oënskynlik niks met die natuur te doen het nie — tog swaar druk plaas op die aarde wat ons huisves. Hy het die wêreld aan ons gewys in al sy glans én broosheid: oseane vol lewe, woude wat asemhaal, die stilte van ysvelde, die geheime bewegings van voëls en walvisse — maar ook die wonde wat die mensdom laat. En juis daarin lê sy nalatenskap: nie net ’n gawe van kennis en verwondering nie, maar ook ’n oproep tot verantwoordelikheid. ’n Herinnering dat ons nie buite die skepping staan nie, maar diep daarin ingebed is — afhanklik daarvan, verantwoordelik daarvoor, en uiteindelik mede-bewaarders daarvan.

Gelukkige 100ste verjaardag, David Attenborough!

Erediens Inligting

Erediens inligting

SONDAG 10 MEI 2026

MOEDERSDAG

09:00: Erediens met Nagmaal in die kerkgebou o.l.v. ds. Dewald. Estetika van saamwees. (Psalm 133)

Musiek: Betsie Schaap.

Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.

18:00: Erediens met Nagmaal in die kerkgebou o.l.v. ds. Dewald.

Tiener- en Verbintenisgroepe na afloop van die erediens. Koffie-kuier op die stoep.

SONDAG 17 MEI 2026

09:00: Erediens in die kerkgebou o.l.v. ds. Bernice. Tydens dié diens word die doop bedien aan Hein en Elze Verhoef se seun, Douw Hein.

Musiek: Betsie Schaap.

Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.

18:00: Pinkster o.l.v. ds. Willem Nicol. Tema: Bewus van my wortels. (Lukas 15:19-24.)

Ligte ete en kuier na afloop van die diens.

Geen Tiener- en Verbintenisgroepe a.g.v Pinksterweek.

Ons Gee Om

Ons gee om

Ons stel áltyd belang in al ons gemeente-vriende se wel en wee. Laat weet asseblief die kerkkantoor of enige van die leraars van gebeure / ervarings / nuus wat julle graag met ons as gemeente-vriende sal wil deel, sodat ons kan meeleef – die vreugde en die hartseer kan deel!

gee om400

Ons Dink Aan

Jenny, David, Daniel en Zea de Villiers met die afsterwe van Danie op 4 Mei. 'n Dankdiens vir sy lewe word op Vrydag, 15 Mei om 11:00 in ons erediensruimte gehou. Ons hou hulle as gesin in ons gebede.

Stefan en Marietjie Nell wie se kleindogter, Klara op 4 Mei ’n operasie ondergaan het. Ons is saam met die familie dankbaar dat die operasie suksesvol afgeloop het.

BELANGRIK

In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die leraars.

Seënwense aan

Nico en Shanee Karsten met die geboorte van hulle dogtertjie, Kristen op 15 April. Mag die kleine dogtertjie vir julle en die groter familie baie seën en vreugde bring.

Gemeentevriende verjaar. Veels geluk!

koek220

Sondag 10 Mei: Carmen Hugo, Stephan Klopper, Johan le Roux, Lilani Potgieter, Uwan Pretorius en Lian Taljaard.

Verjaarsdae res van die week: Saterdag, 9 Mei: Thys Pretorius en Sylvia Rothmann. 11 Mei: Henri du Toit. 12 Mei: Ruan Engelbrecht. 13 Mei: Anri Coetsee, Karli Coetsee, Maryke Meter en Friedel van Zyl. 14 Mei: Erna Louw, Tanya Smidt en Mariet Swanepoel. 15 Mei: Yolani Kriek en Jopie van der Vegt.

Ek is Nuut

Ek is nuut

Nuwe intrekkers in ons gemeente – julle is so welkom! Dit is vir ons ’n voorreg om julle in ons midde te hê. Een van die leraars of ‘n kerkraadslid sal julle graag direk na die erediens by die Nagmaaltafel ontmoet. Kontak asseblief die kerkkantoor om julle inligting deur te gee.

WELKOM

BELANGRIK: Ons sal dit ook baie waardeer, indien gemeentelede die kantoor sal kontak om inligting aan te pas aan te vul of by te werk. (Landlyn: 012 460 3913 / WhatsApp: 083 442 9557)

Voed Jou Gemoed

Voed jou gEMOED

Bybelstudie: Ons kuier Woensdag, 13 Mei saam met ds. Bernice in die kinderkamer.

Erediens: Princess Christian, Dinsdag,12 Mei om 10:30 en by Huis Piek, Woensdag, 13 Mei om 10:30.

Sit in Mekaar se Stilte 208: Die Stadige Werk Van Opstanding. Dankie, François. (Klik hier).

Weeklikse oordenking: As my beeld van ’n vader skeef is, hoe beïnvloed dit my gebed?(6). Dankie, ds. Pieter. (Klik hier)

Huisgeloof - Paastyd. (Klik hier).

Gemeente Geleenthede

gemeentegeleenthede

PINKSTER

Waterkloof- en Groenkloofgemeente hou weer saam Pinkster

in die Waterkloof-erediensruimte.

PINKSTER400

GEMEENTEKAMP – ’n LAASTE “OOR-KNOOP” HERINNERING

Hoera! Ons gemeente gaan uiteindelik weer kamp! Skud solank julle vere reg vir ’n ongelooflike lekker saamkuier naweek by Klein-Kariba! Skryf die datum teen jou muur, op jou almanak – waarookal jy wil. Onthou dit net, boek dit uit op julle besige skedules en maak seker dat jy vroegtydig bespreek!

9 – 11 OKTOBER verf ons Klein-Kariba rooi!

kk 350

Meer inligting volg. Jy kan intussen na die video kyk om te sien hoe dit daar lyk, wat julle alles kan doen en waar julle kan slaap! (Klik hier).

WYN EN OORVLOEDIGE SAMESYN HIERDIE JAAR!

Maak TWEE knope… WYNPROE en WYNVEILING

WYNPROE

Ons eerste WYNPROE verlede jaar in Junie, was so ’n reuse sukses. Daarom maak ons hierdie jaar weer so! Omkring solank Vrydag, 24 JULIE in julle dagboeke vir nog ’n heerlike kuier in die uitnemende geselskap van Saronsberg Wynlandgoed se mense, hulle wyn, waarmee ons as gemeente reeds baie bekend is, asook ’n bekende gasspreker wat julle inderdaad nie sal wil misloop nie. Nooi solank julle vriende. Meer inligting volg binnekort.

WYNPROE350

ONS JAARLIKSE WYNVEILING

Die wynVEILING vind hierdie jaar op ’n SATERDAG plaas!! Dis ’n eerste! Hierdie veiling vorm ’n integrale deel van ons gemeente-kalender en is nie net ’n fondsinsamelings-geleentheid nie.

Op SATERAG, 28 November gaan gemeentevriende, hulle vriende en hulle vriende se vriende almal lekker saam eet, kuier en op wonderlike wyne bie by Pretoria Buiteklub.

wynveiling400

Hierdie wynveiling, behalwe dat dit een van ons lekkerste kuiers van die jaar is, se primêre doel is om positiewe bydraes tot beide gemeentes Waterkloof en Agter-Paarl en hulle onderskeie gemeenskappe te lewer.

Gemeente en Gemeenskapsnuus

gemeente en gemeenskap

ONS BYBELSTUDIE ꟷ WONDERLIKE SAMESYN

Ons weeklikse Bybelstudie, gewoonlik gelei deur ds. Bernice (soms ds. Dewald) is ’n baie spesiale uurtjie op ’n Woensdagoggend. Om introspeksie te doen en na te dink oor hoe ’n mens jou die tyd benut, het ongelooflike waarde. So het ons by die Bybelstudie uitgekom en het ons deel geword van hierdie besondere groep omgee-mense. Die atmosfeer is gesellig en ontspanne en ’n mens voel onmiddellik tuis. Met ’n koppie ietsie-warms in die hand kry elkeen gesels-gesels ’n sitplekkie om die tafel, opgewonde oor die tema van die dag. In hierdie geborge ruimte kan ’n mens vrae vra oor gedeeltes in die Bybel waaroor jy onseker is, die groep deel verskillende sienings daaroor en ds. Bernice lei die groep op ’n spesiale manier tot ’n beter verstaan van ’n teksgedeelte en plaas dit ook in konteks met elkeen se persoonlike waarnemings.

BYBELSTUDIE400

Die uur vlieg veels te vinnig verby – ’n mens wens dit kan langer aanhou, maar na elke Bybelstudie-bymekaarkom is die “batterye” gelaai vir die week wat voorlê en het ons almal ’n bietjie meer wysheid en insig in praktiese verstaan van nog ’n gedeelte van die Skrif. Dankie, Waterkloofkerk vir julle onbaatsugtige bemoeienis met gemeentevriende, in hierdie geval spesifiek die Bybelstudie-groepie vir wie ons leraars teksgedeeltes uit die Skrif “oopbreek” en dit vir ons op ’n verstaanbare wyse aanbied. Hierdie weeklikse saamkom, kuier en saamgesels, verryk ons geloofslewe op verskillende vlakke en bied ons terselfdertyd die geleentheid om nuwe vriendskapsbande te smee. (Dankie, André van Wyk)

OPGRADERING VAN DIE KINDERKAMER

Die gewerskaf aan die kinderkamer is op die hond se stert. Die vertrek spog nou met ’n pragtige nuwe houtvoorkoms-vinielvloer en ’n apart-ingerigte area vir voeding. Ons is baie opgewonde oor die verbeterings wat alreeds aangebring is. Ons is nog besig met die versiering van die ruimte en hoop om dit binne die volgende 2 weke kant en klaar te hê. Hierdie veranderinge is verseker ‘n waardevolle toevoeging tot ons gemeente se aanbiddingsruimte. Baie dankie aan die eiendomsdiensgroep, wat onder leiding van Wouter de Vos, die projek, ten spyte van die langnaweke, so glad laat verloop het.

MOEDERSKAMER

VERF VAN GEBOUE

Van 4 Mei af het ons terrein in ’n bouperseel verander. Van rustigheid en voëlsang was daar gedurende die loop van die week nie sprake nie. Tussen die finalisering van die bouwerk in kinderkamer, is daar steiers opgerig, kerk en kantoormure is met hoëdruk waterspuite afgespuit, los verf is afgekrap en verfblikke het oral hulle verkyning gemaak. So, ja die groot geverf aan ons geboue het begin. Ons het in ons vorige brief gesê dat dit ’n lywige onderneming gaan wees en dit is inderdaad so. Baie dankie aan Graham Esterhuysen vir die groot werk, die kundige raad en die bereidwilligheid. Ons waardeer dit ongelooflik baie! Ons sien uit na die eindresultaat!

STEIER

Sinodenuus

Sinode

NOORDELIKE SINODE KOMMUNIKASIE

Ons deel graag die nuusbrief van die Noordelike Sinode die "Verskil". (Klik hier)

Gemeente Besonderhede

Gemeentebesonderhede

KONTAKBESONDERHEDE

Leraars

Ds. Bernice Serfontein * E-pos: [email protected]

Ds. Dewald Roux * E-pos: [email protected] / Sel: 072 755 7817

Kantoorpersoneel

TUIN220

Maryke Meter * E-pos: [email protected]

Hannatjie Venter * E-pos: [email protected]

Jabu Mtau * Koster: 064 700 7004

Kontak Ons

Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557

BELANGRIK

Stoor dié nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang

Landlyn: 012 460 3913

Adres: Deystraat 353, Nieuw Muckleneuk.

(Oorkant Anton van Wouw Laerskool)

Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075

GPS – KOöRDINATE:

Lat. -25º 46 31.95

Decimal: -25.775542211330446

Long. 28º 13 55.45

Decimal: 28.232068419456482

map

Bank
Back to Blog