NGK Waterkloof

GEMEENTEBRIEF 6-13 NOVEMBER 2026

November 05, 2026•11 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

GEMEENTEBRIEF 6-13 NOVEMBER 2026

Gedagte Van Die Week

GEDAGTE

Liewe gemeentevriend,

Gesonde erns vereis 'n tikkie ligsinnigheid.

“Laat ons eet en drink, want more sterf ons.”

In die Bybel (vergelyk Jesaja 22:13 en 1 Korintiërs 15:32) word hierdie uitdrukking uitgedaag,

omdat dit dui op 'n ligsinnige en hedonistiese lewenshouding wat nie die erns van die oomblik besef nie ofdie lewe losmaak van dit wat dieper betekenis daaraan verleen. Só 'n ingesteldheid weerspieël 'n seker onverskilligheid omdat niks meer saak maak nie.

Oppervlakkigheid heers en vermaak word die hoogste waarde.

Niks is meer ons erns nie. As hierdie houding ons samelewing beskryf, is dit 'n simptoom van morele en geestelike armoede.

Aan die ander kant kan dit ook gebeur dat ons die lewe te swaar maak. Dat die gewig van omstandighede tot 'n konstante swaarmoedigheid lei. Dat daar geen ruimte vir vrolikheid en ligsinnigheid meer is nie. In die proses kan ons 'n moralistiese lewensuitkyk ontwikkel wat ons fanatiek en humorloos laat.

vrolikheid500
'The Wedding Feast'. Jan Steen (1626–1679)

In die lig van hierdie spanning tussen oppervlakkige ligsinnigheid en misplaaste erns bied die Vlaamse filosoof Peter Venmans se boek Frivoliteit: Waarom we niet altijd ernstig kunnen zijn ( 2025) interessante leesstof. Venmans wys daarop dat ons tegelyk lewe in 'n tyd van swaarte en ligsinnigheid. Hy wil nie ligweg omgaan met hierdie sake nie en beskryf essay as 'n ernstige boek oor die gebrek aan erns. Hy argumenteer dan ook teen 'n vrolike onnadenkendheid en benadruk dat erns sin aan die lewe gee.

Tog is sy boek ook 'n ode aan n seker soort ligsinnigheid. Dit moet weliswaar nie 'n oorheersende lewensreël word nie, maar mense moet 'n gesonde erns weet dat ons verlam word as ons die lewe as 'n permanente noodtoestand sien. Werklike erns weet dat daar ook 'n tyd is om te speel, om weer kind te wees, om te dans. Sonder erns word ons ligtheid leeg, maar sonder ligtheid word ons erns vreugdeloos.

In sy boek Six Memos for the Next Millenium (1988) lewer die Italiaanse skrywer Italo Calvino ook 'n pleidooi vir ligtheid. En skryf onder meer: “I have tried to remove weight, sometimes from people, sometimes from heavenly bodies, sometimes from cities; above all I have tried to remove weight from the structure of stories and from language.”

Miskien benodig die lewe 'n tikkie ligsinnigheid juis om te keer dat ons gees, gemoed en dinge so swaar raak dat die gewig daarvan ons aftrek of verbrysel. Venmans gebruik ook iewers in sy boek 'n aanhaling van Calvino om sy punt te onderstreep: Leef die lewe met ligtheid, want ligtheid is geen oppervlakkigheid nie, maar sweef oor dinge op 'n sekere hoogte, sonder swaar stene in die maag.”

Robert Vosloo. Netwerk24, 24 Oktober 2026.

Erediens Inligting

EREDIENS

SONDAG 8 NOVEMBER

09:00: Erediens in kerkgebou o.l.v. ds. Francois Smit. As verwagtings oor die lewe ons toekoms vertroebel... (Amos 5:18-24, Matteus 25:1-13)

Musiek: Paul Ferreira.

Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.

GEEN aanddiens a.g.v die eksamen.

SONDAG 15 NOVEMBER

HERINNERINGSONDAG

09:00: Erediens in kerkgebou o.l.v. ds. Bernice. Tydens die erediens word kleine Klara, dogtertjie van Armand en Jana Fourie gedoop.

Musiek: Paul Ferreira

Kinderbediening tydens die erediens ● Kuier en verversings op die stoep.

GEEN aanddiens a.g.v die eksamen.

HERINNERINGSONDAG, ’n spesiale Sondag in ons gemeente.

Op 15 November wil ons graag almal wat die afgelope jaar (Nov 2025 – Nov 2026) oorlede is, in herinnering roep en vir die Here dankie-sê.

KERS 300

Dit sluit nie net lidmate van ons gemeente in nie, maar ook lidmate se familie en naby-vriende. Indien u graag ’n geliefde wil ‘herdenk’ en ’n kersie vir hom/haar wil kom aansteek, stuur gerus die naam van die persoon en datum van afsterwe na die kerkkantoor (e-pos skakel) of WhatsApp 083 442 9557), sodat ons vir jou ’n kersie gereed kan hê vir Sondag 15 November.

Hier is ‘n lys van geliefdes vanuit die kerkkantoor vanaf November 2025. Indien ‘n geliefde se naam nie op die lys verskyn nie of die inligting foutief is, kontak asseblief die kantoor sodat ons die inligting en lys kan opdateer.

Geliefdes verloor vanaf November 2025

Phillip le Roux – 17 November, Peet Pelser – 6 Desember, Gerhard Claassen – 5 Desember, Sakkie Nortje - 25 Desember.

Geliefdes verloor vanaf Januarie 2026

Vissie van der Walt – 14 Januarie, Jared Colin Sadie – 15 Januarie, Piet Zondo – 1 Februarie, Wim Oosthuizen - 4 April, Rina van der Spuy – 6 April, André Wessels – 23 April, Danie de Villiers - 4 Mei, Stella van Niekerk – 9 Mei, Thareen de Wet – 10 Mei,Eugene Cussons – 23 Mei, Nico Swartz – 2 Junie, Sue Roux – 11 Junie, Yvonne Meter – 23 Junie, Eben Scheffler – 2 Julie, Gerrit Lombard – 12 Julie, Ansie Dunstan – 25 Augustus, Marie Van Dalsen – 17 September, Rina Boshoff – 5 Oktober, Arra Thomas – 30 Oktober, Johann du Toit – 3 November.

IN ONS KOLLIG - KOM ONS MAAK ’n VERSKIL

JAN NIEMANDPARK

'n Bietjie meel, 'n groot verskil

Ons het die geleentheid om vanjaar by NG Kerk Jan Niemandpark se Kersprojek betrokke te raak. Groenkloof-gemeente is al vir baie jare verbind aan Jan Niemandpark en nou het Waterkloofkerk die voorreg om hierdie verhouding te verdiep.

BESTANDDELE 290

Jan Niemandpark gemeente bedien in 'n behoeftige omgewing met ernstige sosiale en maatskaplike uitdagings. Die gemeente bak elke jaar tydens die Jakaranda Kinderhuis se Liggiefees pannekoek om hulle gemeenskap volhoubaar te bly bedien.

Daar is tans 'n groot behoefte aan die volgende bestanddele – meel, olie en suiker. Enige donasies kan gerus by die kerkkantoor afgelaai word of indien jy liewer 'n finansiële bydrae wil maak, kan dit in die kerk se bankrekening inbetaal word. Merk duidelik verwysing: Jan Niemandpark liggiefees. Ons sal seker maak dat die donasies die korrekte bestemming bereik.

Gemeente Geleenthede

Gemeentegeleenthede

SPESIALE DANKOFFER-MAANDE

Jakarandas bloei, Pretoria is pers en ons as gemeente kyk met dankbaarheid terug na die jaar wat byna verby is.

Jakarandas400

Klik die skakel vir ons jaarlikse Dankmaandskrywe. (Klik hier)

KERSLIEDERE BY KERSLIG - VAN WOUWSTRAAT, GROENKLOOF

carols500

ONS JAARLIKSE WYNVEILING

Ons spoggeleentheid, die jaarlikse wynveiling in samewerking met die Agter-Paarl-gemeente, vind vanjaar op ’n SATERDAGAAND by die Pretoria Buiteklub plaas. Sit solank 28 November ‘OP YS’ en skud die vere reg vir ’n genotvolle aand saam met vriende – heerlike kos, goeie wyn en hope pret!

Wynveiling 400

BESPREEK NOU REEDS JOU PLEK

Die kaartjieprys sluit in:
Verwelkomingsdrankie
Driegangmaaltyd
Tafelwyne & kelnerfooie

SAAM MAAK ONS ’N VERSKIL

Die opbrengs van hierdie jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid word aangewend ter ondersteuning van die bedieninge van die onderskeie gemeentes.

Ons Gee Om

Ons gee om

Ons stel áltyd belang in al ons gemeente-vriende se wel en wee. Laat weet asseblief die kerkkantoor of enige van die leraars van gebeure / ervarings / nuus wat julle graag met ons as gemeente-vriende sal wil deel, sodat ons kan meeleef – die vreugde en die hartseer kan deel!

gee om 500

Ons Dink Aan

Zahndrie en Vernon Harms wie se seuntjie Michael, prematuur gebore is en steeds in ICU is. Ons dink aan en bid vir julle almal.

FC, Cecile, Johann en Alto du Toit met die afsterwe van FC se pa, Johann du Toit. Ons dink aan julle in die hartseertyd en bid vir vertroosting.

die familie van Arra Thomas (Tannie Jeanne Theron - ma, Lindi Thomas - eggenoot, Franco en Jean - seuns) wat op 30 Oktober aan ’n hartaanval oorlede is. Sy gedenkdiens is Vrydag, 6 November in NG Kerk Waterkloof, van Wouwstraat, gehou. Ons hou die familie in ons gebede.

Sebastina Redelinghuijs wat 'n rugoperasie ondergaan het en tans tuis aansterk.

Riana Stals wat gordelroos onder lede het.

BELANGRIK: In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die leraars.

Gemeentevriende verjaar. Veels Geluk!

VERJAARSDAGKOEK 250

Verjaarsdae op Sondag, 8 November: Basjan Rothmann, Theo Senekal, Elrien van Zyl en Anika Zeeman.

Verjaarsdae vir die res van die week: 7 November: Jenny de Villiers, Linda Krause en Samantha Marais. 9 November: Denzil Coetzee, Ilse de Swardt, Callie Marais, Kyra Smit en Gerhard Swart.10 November: Roland Steenkamp. 12 November: Corné van Eck, Cara Kellermann en Zabeth Wessels.

Seënwense ook aan:

Johann, Carlien en ouboet Markus van Wyk met die geboorte van kleine Andries Johann. Geluk ook aan Ouma Renée van Wyk, asook Oupa Jan Andries en Ouma Henrick Kruger. Mag hy vir julle almal groot vreugde bring.

Andries Johann van Wyk 250

Ek is Nuut

EK IS NUUT

Nuwe intrekkers in ons gemeente – julle is so welkom! Dit is vir ons ’n voorreg om julle in ons midde te hê. Een van die leraars of ‘n kerkraadslid sal julle graag direk na die erediens by die Nagmaaltafel ontmoet. Kontak asseblief die kerkkantoor om julle inligting deur te gee.

welkom500

BELANGRIK: Ons sal dit ook baie waardeer, indien gemeentelede die kantoor sal kontak om inligting aan te pas aan te vul of by te werk. (Landlyn: 012 460 3913 / WhatsApp: 083 442 9557)

Voed Jou Gemoed

Voed jou gEMOED

Bybelstudie: Van Wouwstraat (Groenkloof), Dinsdag, 10 November om 09:00 in die kerksaal.

Bybelstudie: Deystraat (Waterkloof), Woensdag, 11 November om 09:00 in die kinderkamer.

Bybelstudie: Prestige Park, Dinsdag,10 November om 10:30

Erediens: Princess Christian, Dinsdag, 10 November om 10:30 en by Huis Piek. Woensdag, 11 November om 10:30.

Biduur: Duitse Ouetehuis, Donderdag, 12 November om 11:00.

Sit in Mekaar se Stilte 229 - Die Kuns van Teenwoordig wees 2: Laat Die Woord Jou Lees. Dankie, François. (Klik hier)

Weeklikse oordenking: Meer as net goeie wense. (Numeri 5:24-26) Dankie, Pieter. (Klik hier)

Huisgeloof: Maleagi 1:6-8 en 13-14. (Klik hier)

Gemeente en Gemeenskapsnuus

GEMEENTE EN GEMEENSKAP

ONS ORREL SE GORREL IS OP DIE HERSTELPAD

Die uitgebreide herstelwerk aan die orrel is besig om einde se kant toe te staan.

Houtwerk voor orrelpylpe400
Wat skuil agter die pragtige houtwerk ...?

Die ongeveer 1038 pype, pypies, houtjies ens. wat in netjiese hopies gepak was, is gedurende die week hopie vir hopie teruggedra die kerk in – die aanmekaarsit-proses is amper voltooi – en so het die kundige werkers die monsteragtige taak byna na kinderspeletjies laat lyk!

Agter die skerkm 400
Agter die skerms ...

in die maag ..400
diep in die orrel-'maag' werk die kundiges...

Vroeg volgende week begin die toetsing van elke klank en binnekort sal ons die suiwer klanke van ons “nuwe” orrel weer kan beleef! Ons sien reikhalsend daarna uit!

Intussen luister ons steeds graag na die vars klavierklanke.

UNIVERSITEITSOORD

Inskrywings vir NG Universiteitsoord se Eerstejaarskamp 2027 maak op 1 Oktober oop.

Universiteitsoord deel graag hulle opgewondenheid met gemeentes regoor die land oor die eerstejaarskamp, omdat hulle glo elke eerstejaar wat Pretoria toe kom, hierdie kamp moet ervaar!

Die Eerstejaarskamp is nie net ’n plek waar nuwe vriendskappe gevorm word nie, maar waar jy ook onvergeetlike herinneringe gaan maak en mede-eerstejaars ontmoet wat saam met jou hierdie nuwe hoofstuk van jou lewe gaan aanpak. (Klik hier)

Ons Voetspore In Die Gemeenskap

Voetspore

DAYBREAK

Liewe Waterkloof gemeente

Op Donderdagaand 29 Oktober het ons in julle kerksaal bymekaargekom vir die Daybreak House Wynveiling, aangebied deur die Grové Schoombee Foundation. Ons wil graag met julle deel hoe die aand verloop het, en vir julle dankie sê.

Ons wou met die aand geld insamel vir die daaglikse sorg van die babas by Daybreak House. Daybreak House is ’n geregistreerde plek van veiligheid hier in Pretoria vir babas wat verlaat, verwaarloos of kwesbaar is. Hier kry hulle ’n veilige plek om te slaap, voeding en liefdevolle sorg totdat daar ’n plan vir hul toekoms is.

DAYBREAK VEILING

Daar was uitstekende wyne, goeie geselskap, en dit het ons baie bemoedig om te sien hoe die gaste op die lotte bie met die babas in gedagte. Ons mikpunt was om R700 000 in te samel en ons is dankbaar om te kan sê dat ons dit bereik het, met ekstra as bederf! Hierdie geld help ons om elke dag in die babas se behoeftes te voorsien: melk, doeke, mediese sorg en die salarisse van die mense wat dag en nag met liefde na hulle omsien.

Aan die gemeente en kerkraad: baie dankie dat ons julle kerksaal kon gebruik en ook vir julle ondersteuning. ’n Spesiale dankie ook aan ds. Dewald, Jabu en Maryke. Julle hulp en ondersteuning het vir ons baie beteken; veral Jabu wat tot laataand moes skoonmaak om alles reg te kry vir Sondag se kerkdiens. Dit is vir ons kosbaar om deel te wees van ’n gemeenskap wat omgee vir die weerloses onder ons. Ons dank die Here vir elkeen wat daar was en vir elke bod.

DAYBREAK ORGANISERS400

As julle graag meer oor Daybreak House wil weet, of wil help, besoek gerus ons webwerf by www.daybreakhouse.co.za of kontak ons by [email protected].

Met dank en groete, Die Grové Schoombee Foundation en almal by Daybreak House.

Dankie, Yolanè Bezuidenhout vir die breedvoerige terugvoer.

Sinodenuus

SINODE

NOORDELIKE SINODE KOMMUNIKASIE

Ons deel graag die nuusbrief van die Noordelike Sinode die Verskil (Klik hier), asook ’n Pastorale Skrywe ná die negende vergadering van die algemene sinode se moderamen. (Klik hier).

Gemeente Besonderhede

Gemeentebesonderhede

KONTAKBESONDERHEDE

Leraars

Ds. Bernice Serfontein * E-pos: [email protected] / Sel: 083 417 5133

Ds. Francois Smit *E-pos: [email protected] / Sel: 060 991 6946

Ds. Dewald Roux * E-pos: [email protected] / Sel: 072 755 7817

Ds. Harm Kelderman (Tentmaker) *E-pos: [email protected]

Kantoorpersoneel

Maryke Meter * E-pos: [email protected]

Hannatjie Venter * E-pos: [email protected]

Jabu Mtau * Koster- Deystraat. Sel: 064 700 7004

Ds. Harm Kelderman * Koster - Van Wouwstraat.

E-pos: [email protected] / Sel: 084 584 5298

Kontak Ons

Selfoon & WhatsApp: 083 442 9557

BELANGRIK: Stoor dié nommer op u selfoon om boodskappe te ontvang.

Landlyn: 012 460 3913

Adres: Deystraat 353, Nieuw Muckleneuk.

(Oorkant Anton van Wouw Laerskool)

Posadres: Posbus 2492, Brooklyn Square, 0075

Bankbesonderhede: NG Kerk Waterkloof

ABSA

Rekeningnommer: 1500580077

Verwysing: Voorletter, Van, Geleentheid

GPS – KOöRDINATE:

Breedtegraad (Lat.) -25º 46 31.95

Breedtegraad in desimale formaat: -25.775542211330446

Lengtegraad. 28º 13 55.45

Lengtegraad in desimale formaat: 28.232068419456482

kaart 800

Kerk skets500

Back to Blog